Piet Botha geopereer ná val

Piet Botha. Foto: Facebook

Die gewilde blues-en-rockmusikant Piet Botha sal moontlik volgende week geopereer word nadat hy ernstige rugbeserings opgedoen het.

Botha het Saterdag twee rugwerwels gebreek toe hy van die verhoog afgeval het tydens sy blues-en-rockgroep Jack Hammer se vertoning op die Suidkus-motorfietsfees. Botha het vanuit sy hospitaalbed aan Maroela Media gesê hulle was besig met die laaste liedjie van die vertoning toe hy skielik duiselig gevoel het.

“Dit was soos ʼn floute. Dit was die snaaksste ding, want dit het nog nooit voorheen met my gebeur nie. Ek wou van die verhoog af klim omdat ek nie lekker gevoel het nie en toe val ek.” Botha het op sy rug geval en is met ʼn ambulans na die Netcare Margate-hospitaal geneem waar hy steeds behandel word.

Volgens Botha sal hy volgende week geopereer word. Hy het geen liggaamlike gebruik verloor weens sy beserings nie. “Ek gaan seker vir so twee weke nog moet lê en kan in elk geval nie regtig opstaan nie. Ek moet ook nie opstaan nie, want dit kan dit net erger maak.”

Daar is aanvanklik oorweeg om Botha na ʼn hospitaal in Kaapstad te neem waar hy woon, maar hy kan weens die aard van sy beserings nie vervoer word nie. “Ek is dankbaar, want dit kon baie erger gewees het.”

Botha sal ook rehabilitasie moet ondergaan ná die operasie. “Dit sal seker minstens twee maande wees voor ek weer up and running is,” het hy geskerts.

Botha is die seun van oudmin. Pik Botha (85).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Valerie ·

Ek het Jack Hammer gesien in 1990 op Margate op ‘n klein verhogie op die strand , en die manne het “Jumpin’ Jack Flash'” gespeel dat tot die branders nie gehoor kon word nie.
Word gou beter, Piet. “Rock on!”

Sonja ·

Asof die lewe ni genug bittrbekkies het nie?
Sterkte Piet en vinnige beterskap.

Bornfree ·

Jammer Mevrou ek het nie geweet nie, ek is lank na Pik Botha se dae gebore, los maar jou snedige opmerkings vir jouself. Maroela Media doen goeie werk.

Cherokee ·

Dit is die eerste keer wat ek van Piet Botha hoor. Het dus nie eens geweet van hom nie.

Marianne ·

Ek het dit nie geweet nie…..sterkte met die herstelproses…..

My tweesent bydrae ·

Jack Hammer se Sarajevo die beste Afrikaanse rockliedjie ooit . Sterkte Piet .

marianna ·

Het net gisteraand van sy liedjies gesit en luister,
sterkte Piet!

marous ·

86/87 in Kerkstraat in PTA baie nagte deurgekuier saam met hulle. ZZ Top se afsluit het nooit afgesaag geraak nie. Meisie met die groen Volla sou Stevie Nix ore aangesit het…..sterkte Piet

Cherokee ·

Piet, ek maak ‘n voorstel – verander van (ANC) pa, en jy mag dalk meer behind en selfs benoemd wees.

Cherokee ·

Maar as Pik Botha my pa sou wees, sou ek tjoepstil gebly het daaroor. Jy spog nie met ‘n familielid wat ANC gestem het nie. Finnish & Klaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.