Piet Byleveld: Bewerings kring verder uit

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Maroela Media het vroeër die maand eerste berig oor bewerings teen oudbrig. Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, wat glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen het.

Ander publikasies, waaronder Huisgenoot en Rapport, het intussen ook oor nog bewerings teen Byleveld berig. Maroela Media het Byleveld intussen vroeër die week met die bewerings teen hom gekonfronteer:

Piet Byleveld: Nog talle praat hart uit; ‘Baasspeurder’ reageer

Só het Maroela eerste oor die bewerings berig vroeër die maand:

Baasspeurder Piet Byleveld ‘skoonveld’ met geld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Phillip ·

Dagsê

Na aanleiding van die berig in vandag se Rapport waarin verwysing gemaak is na Maroela Media se berigte, het verskeie lesers dit op Maroela Media kom soek.

Dié artikel bevestig dat verskeie ander persone dieselfde bewerings gemaak het, en bied maklike toegang tot die oorspronklike artikels op Maroela Media.

Bly gerus ingeskakel vir verdere verwikkelinge in die saak.

Groetnis
Phillip Bruwer
nms Maroela Media

Cherokee ·

Ag jimmel Sue, hoeveel keer het jy al, wanneer iets wyer bekend word, aan jou vriende gesê “het jou mos gesê..!!’ As jy dit kan doen, kan Maroela ook.

Lance ·

Hy soek en ondersoek skelms en intussen is hy lyk my ook n groot skelm …mens koop nie jou reputasie terug met geld nie .. so dalk moet hy ver wegtrek en sy naam verander want die hele SA weet nou van hom

Buitestander ·

Dit is soos die gesegde lui net ‘n kelm kan ander skelms vang.
Hierdie is nou ‘n tiepise voorbeeld daarvan.

Columbiana ·

Dis mos no ‘n onnosele vergelyking. Impliseer jy dan nou dat elke polisieman (wat skelms vang) self ook skelm is. Dis verspotte stelling to say the least.

Waarheid! ·

Soos die engelse sal sê” you can run but you can not hide” hy sal wel gevang word die arm van die gereg is baie lank hy moet boet vir wat hy gedoen het en so ook al die ander mense wat mense indoen met geld ek is self n groot slagoffer daarvan. Baie sterkte aan al die slagoffers daar buite wat ook ingedoen is met geld.

Dries ·

Mens ploeg nie met ander man se kalwers nie, dan gaan die blinde sambok jou slaan

E ·

So siek dat mense altyd die media gebruik om ander mense down te doen. Vir die arme tannie in die hospitaal wil ek net sê sterkte en mag die Here tannie versterk. Ek en my man het self ń besigheid gehad wat gevou het. Ons het alles maar alles verloor en so ook ons menswaardigheid. ń Storie het altyd 2 kante onthou, en vir die wat so klippe gooi wees dankbaar dat jy nie in hierdie mense se skoenne staan nie. Baie besighede groei te vinnig te gou en dan kan ń mens dit nie meer hanteer nie. Die enigste opsie is om jou deure te sluit en te hol, te bid dat die Here jou sal help want als het in ń oogwink verander. Ek keur nie die vat van geld sonder dienste goed nie, maar asb mense dink voor julle klippe gooi.

Sampie ·

As jy die Here vra om te help as jy weghol nadat jy drooggemaak het, is jy mos van die pad af. As jy ‘n vinniggroeiende besigheid op die been gebring het en jy weet nie hoe om die groei te hanteer nie, moes jy nooit in besigheid gewees het nie. Jy klink vir my soos een van daai “do gooders” vir wie ek helbang is! Ongelukkig kan ek jou kommentaar nie as iets anders as tjol beskryf nie…..

foxi ·

Miskien is mnr Piet blye skoonveld is baie siek man. Vreeslik gerook………….

Hoffman ·

Dit was uitstekende werk deur Maroela Media. Julle verdien regtig ‘n kloppie op die skouer. Wel gedaan.

Ina ·

Weet jy, dis hartseer. Hy is veronderstel om ‘n ikoon te wees, nou ruk hy sy naam so! Ek wonder net wat hy met al die geld doen wat hy kry… Hyt mos ‘n goeie pensioen by die Polisie gehad, dus hoort hy nie finansieel swaar te kry nie?? Is daar nie van sy ex-kollegas wat meer lig op die ware Piet Byleveldt kan werp nie? Dalk het hy nog altyd ‘n “skelm streep” gehad? Mens word mos nie oornag skelm nie?! …Sê maar net…

Columbiana ·

O griet dink nie jy wil hê sy kollegas moet lig werp nie. Gaan lees gerus hulle kommentare in dis vorige berigte. Jamsteler, loafer, goafer ens is maar net paar van die name wat hulle hom geneom het in die kommentaar

Nico ·

Mense, stadig asseblief. Piet Byl kuier tans by Nico Nel naby Ceres. Hulle planne het nog nie opgeraak nie !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.