Piet Byleveld ernstig siek in hospitaal

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrig. Piet Byleveld word in ʼn hospitaal in Roodepoort behandel nadat kanker Vrydag by hom gediagnoseer is.

Roodepoort Record berig Byleveld is glo in ʼn ernstige toestand en die kanker is in ʼn gevorderde stadium. Volgens Roodepoort Record het Byleveld se familie vir dr. Janie Kriel, die internis wat Byleveld behandel, toestemming gegee om met die media te praat.

Kriel se ontvangsdame het egter by navraag gesê geen toestemming is gegee om met Maroela Media te praat nie.

Dit is nie die eerste keer dat navrae in verband met Byleveld onbeantwoord bly nie. Maroela Media het in Oktober verlede jaar die nuus gebreek dat talle geliefdes van moordslagoffers beweer Byleveld het hulle met duisende rande ingeloop.

Verskeie mense het beweer hulle het Piet Byleveld Crime and Commercial Investigations (PBCCI) groot bedrae geld betaal om moordsake te ondersoek, maar daar het glo dadels van die ondersoeke gekom.

Die sentrum waar die kantoor van Piet Byleveld Crime And Commercial Investigations glo sonder enige kennisgewing ontruim is.

Die sentrum waar die kantoor van Piet Byleveld Crime And Commercial Investigations glo sonder enige kennisgewing ontruim is.

Byleveld het destyds by monde van sy regsverteenwoordigers, Scholtz Prokureurs, gesê hulle sal die bewerings “op die gepaste tyd en forum hanteer”. Byleveld het egter nooit op die bewerings gereageer nie. Ná nog navrae van Maroela Media het Scholtz Prokureurs Maroela Media in Januarie in kennis gestel die maatskappy se mandaat met Byleveld is beëindig.

Verdere pogings om Byleveld direk te kontak was weer onsuksesvol.

Byleveld het al op talle groot en opspraakwekkende sake gewerk, waaronder die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews. Nadat hy in 2010 afgetree het, het hy begin om misdaadsake in sy persoonlike hoedanigheid te ondersoek. PBCCI se kantore is verlede jaar glo sonder enige kennisgewing ontruim en die onderneming het vermoedelik finaal sy deure gesluit.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Christien ·

Nou moet Maroela weer die ou koeie uitgrawe soos suur druiwe. Vertel ons eerder iets nuut ivm Brig Piet se gesondheid.

Johann Barnard ·

Oom Piet en de klerk wil niks hoor nie,hulle vat net

Elsie ·

Ek stem. Die man het baie goed gedoen al…..sterkte Brigadier

rina ·

Mnr Byleveld, ou John het ongelukkig nie fb of internet en sulke fancy goed nie, Maar hy sé hy wet nie of jy hom kan omthou, hy het jou in 2011 amper R9000.00 betaal om sy vermiste kind op te spoor, Maar hy se jy moet nie meer moeite doen nie, hy is nou besig om hom dood te laat verklaar, Hy wou dit self vir jou gesé het, maar hy weet nie waar om jou op te spoor, aangesien jou kantooe waar hy julle die geld gegee het,gesluit het. Sterkte mnr Byleveld en mag alles goed gaan, en ons bedoel dit werklik.

Mellie ·

Rina dit is baie groothartig en opreg van julle – sterkte met wat julle verder moet deurgaan. Brigadier Piet, ons bid vir jou.

Riki ·

Ai tog!!! Rook!!!! Dis net verbasend hoe mens jou geliefdes soebat om op te hou rook en drs hulle waarsku om op te hou weens hulle gesondheid en hulle net weerbarstig is daaroor tot die noodlot toeslaan. Ek weet waarvan ek praat!!! My man is 2 jaar gelede dood nadat hy met emfiseem en kanker gediagnoseer is en uiteindelik aan ‘n hartaanval oorlede is.

Janine ·

Ag tog….! Meer mense wat NOG NOOIT gerook het, kry kanker. Jinne, doen tog bietjie naslaanwerk. Emfiseem is NIE net van rook nie. Ek bekommer my meer oor die vuil, vrot lug as ‘n sigaret. Verder is daar nerens genoem die kanker is van rook nie. Bekommer jou eerder oor die vleis ens wat jy eet wat vol steroide gepomp is.

Vic ·

Ai tog Janine, nee, meeste longkankers is wel rook gekoppel. Daar is wel n klein persentasie wat nie deur rook veroorsaak word nie

uhm ·

wys asseblief vir my waar sê die artikel dat die ou LONGKANKER het. Daar is baie kanker behalwe longkanker, wat ou ooms aantas bv prostaat kanke, pankreas ens. en alles maak mens dood

Ano ·

Riki – waar kom jy aan die twak? (sic) NERENS in die berig se dit hy het iets met sy longe verkeerd nie. Is jy dalk ‘n “insider” wat gaan inligting verkoop sodra die man sy kom neerle?

Lourens Erasmus ·

Dis jammer oor die kanker. Dis ook jammer vir al die mense wat hom geld gegee het en niks daarvoor gekry het nie. Dis ook jammer dat hy nou as ‘n skelm onhou gaan word. Wou nog iets oor daai ander meisie – Karma – ook gese het. Hou bietjie terug.

Nettie ·

My ouma groot is oorlede aan longkanker nog voor ek gebore was en sy het nog nooit n sigaret naby haar lippe gehad nie. As iets gebeur dan kry rook altyd die skuld.

Johann Barnard ·

Mense,julle moenie meer worry oor die geld wat die oom julle skuld nie.Die oom kan dit nie saamvat nie!!

My bydra ·

Ja alles word op rook mos blameer maar as ons nie rook nie gaan ons mos nie siek word nie en dan kan die drs ook nie geld maak nie ek se maar net!! Sterkte mnr Byleveld

Johann Barnard ·

Julle moet die oom vergewe,hy het maar so deur die jare by die prokureure en advokate geleer om te skep,m.a.w hy was maar net onder verkeerde invloed.

Theresa ·

Laat hom met rus. Kyk na net ‘n paar van sy wonderlike oplossings wat gekry was. Mens betaal maar vir so iemand se dienste sonder om te weet of die antwoorde gaan kom.

Johann Barnard ·

Geagte mev,as n dokter,dominee,regsgeleerde,werktuigkundige geld by jou vat om n probleem op te los en hy kan nie,moet hy of sy die regte ding doen en ten minste die helfde van die geld terug betaal.

Chris ·

Wonderlike oplossings? Jammer dat die mense wat eintlik die werk gedoen het vir nagte aaneen nooit erkenning gekry het nie. Ai die mense wat glo die ou was n “One man Army”

Lizl Scheepers ·

Ten minste is hy nou nie meer Piet Skoonveld nie, ons weet nou waar hy is. Net die geld is skoonveld….

weesWys ·

Daar is die antwoord. Hy wou seker soos altyd graag help om misdaad te bekamp, maar hy was waarskynlik reeds siek…

lorayne ·

Jammer dat die roeskolle van geldgierigheid op hierdie yster uitgeslaan het! he could have died a hero . . .

Jannie ·

Dis jammer dat Piet binne ‘n kwessie van vyf jaar dit reggekry het om sy fantastiese reputasie tot op die grond af te breek. Dis eintlik hartseer. Ons wens hom sterkte toe met die gesondheid.

E ·

Heng die man het KANKER en nogsteeds sal almal aanhou klippe gooi!,maar nou ja geld is mos meer werd vandag as ń mens se lewe of sal ek dit waag om te sê ewige lewe?

Daan Erasmus ·

E: Die man is ‘n skelm. Uit en klaar. Hy was nooit regtig hierdie Baas Speurder nie. Het net altyd baie hulp bronne gekry met sake.

Alida ·

Los die man nou tog uit. Hy is baie siek. Niemand is perfek nie of jy nou skelm of eerlik was daardie paadjie graf toe wag vir ons almal. Die nie rokers is n pyn. Die vuil lug wat julle daagliks inasem en die kos wat julle eet is meer skadelik. Die Drs is net so pyn want al gaan jy met n ingroei toonnael na hom toe is die eerste vraag “rook jy?” Mense maak hul eie keuses.

ella ·

E, die feit dat hy kanker het maak nie reg dat hy mense se geld gebruik het sonder om verslag daarvan te doen nie. Is dit weer ‘n geval dat jy wonder op wie se begrafnis jy was? Want jy het nie die oorledene waarvan die roubeklaers praat, geken nie?

DUIWELLOS ·

SNAAKS MENSE KAN SO SLEG SE…
DIS IEMAND SE PA OUPA EN SAL JULLE DAARVAN HOU AS JULLE IN DAAI SKOENE WAS…
Nes ons wit nasie is se sleg en oordeel….
nee wat my Bybel se los die oordeel vir GOD want hy sien als hoor als…
Behalwe as julle met die groot monde julself hoer ag as hy…
sterkte ou grote mag jy vreude in jou hart kry voor daai laaste asem..

Gert ·

Hy het laasjaar vir ongeveer ‘n maand-en-half (ongeveer einde Mei tot middel Julie) met nuwe woonwa en 4X4 te Ilanga Woonwapark aan Natalse Suidkus, gestaan. Hy het met feitlik met niemand gemeng nie en was daagliks hoofsaaklik in sy woonwa. Hy het ook oornag verdwyn en niemand weet waarnatoe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.