Piet Byleveld neem regstappe

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrig. Piet Byleveld gaan regstappe neem teen voormalige kliënte wat beweer dat hy hulle met derduisende rande ingedoen het.

Scholtz Prokureurs, Byleveld se regsverteenwoordigers, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Byleveld is bewus van “verskeie lasterlike bewerings” wat onder meer op Maroela Media en in Rapport gepubliseer is.

Maroela Media het vroeër berig dat verskeie kliënte van Byleveld wat Piet Byleveld Crime and Commercial Investigations (PBCCI) genader het om die moord van hul geliefdes te ondersoek, beweer dat hulle duisende rande aan PBCCI betaal het, maar geen resultate uit die ondersoeke gekry het nie. Hierdie kliënte beweer ook dat hulle min of geen reaksie van PBCCI op hul e-posse, telefoonoproepe en SMS’e gekry het nie.

Maroela Media het vroeër vandeesmaand, ná verskeie pogings om kommentaar van Byleveld rakende die bewerings te kry, ʼn verrassingsbesoek aan PBCCI se kantoor in Ruimsig, Roodepoort, gebring, maar is meegedeel dat Byleveld se kantoor maande gelede blykbaar sonder enige kennisgewing ontruim is. Maroela Media het daarna vir Byleveld by sy huis besoek en weer om kommentaar gevra, maar hy het geweier om kommentaar te lewer en gesê hy sal eers sy prokureur oor die saak spreek.

Scholtz Prokureurs was egter ook nie bereid om op die bewerings te reageer nie. “In lig [van die lasteraksies wat ingestel sal word], is ons kliënt nie van voorneme om homself in die pers te regverdig of enige sensasie aan die beweringe te verleen nie. Mnr. Byleveld is van opinie dat hy van blaam gesuiwer sal word sodra die beweringe in die regte forum geventileer word, (sic)” lui die verklaring.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Wat?? ·

Dit is n heel ander “forum” as jy nie meer agter sap kan skuil of hulle misbruik nie

valie ·

Pure ontwykingstaktiek. Dit was te verwagte. Hy gaan nou in die hof moet verduidelik waarom die aantygings nie waar is nie.

Henry ·

Ge-oordeel aan die uittreksel van die prokureurs se skrywe aan MM, dink ek regtig nie dat Maroela of die ouens wat oor Oom Byl se ‘werksaamhede’ kla, enige slapelose nagte tegemoet hoef te gaan nie.
Dankie aan Marine Lourens en wie ookal vir hierdie stukkie ondersoekende joernalistiek verantwoordelik is.

M A ·

Ja, né. Die skelms het deesdae baie meer regte as die slagoffers.

Lance ·

Ag asb hoe gaan dit werk daar is dan so baie wat kla en verseker maak hulle dit nie almal op nie …sal sien hoe ver die skelm met dit kom

Still de not ·

Wie is stil? Nie die forum nie. Klink asof die enigste een wat still was hierdie man was toe mense navrae doen.

Adolph Oosthuizen ·

Nou ja kan jou nou meer! Klein Piet laat nie met hom speel nie, en wil die poppe nou laat dans.

Natuurlik sal daar dadels van Piet se dreigemente kom. Daar is net te veel mense wat sal getuig van Piet se avonture, en almal kan tog nie verkeerd wees nie.

Sal nie verbaas wees om een van die dae weer in ʼn Sondag koerant te lees van ʼn man wat nie lank genoeg sal kan lewe om alles wat hy verkeerd gedoen het te kan reg maak nie.

Al logiese toekoms wat nou vir ou Piet voorlê is om tot die politiek toe te tree, daar kan hy “Wheel and Deal” en nog steeds van ʼn groot aantal ondersteuners verseker kan wees.

Loslip ·

Antie lol, mense het reeds genoeg van skelms en leuenaars gehad.

Asjas ·

As hy so seker van sy saak is dan is daar seker oorgenoeg bewyse? E-posse, sms’ e, afskrifte van verslae waarvoor die families natuurlik geteken het by ontvangs ens.? Ooggetuies in die vorm van personeel by sy kantoor …
Ag hoe belaglik maak die man homself nou. Sy Prokureur moet ook eintlik skaam kry.

Alida ·

Ek se weer dit is prokureurstaktiek om vir tyd te speel. Nou gaan dit weer maande en selfs jare neem voordat daar uitsluitsel is. Siek spul.

Positive ·

Mr byleveld , ‘maar ek is seker hy zal dit nie lees nie’ as jy nie skuldig is aan hier die lasterpraat nie, hoekom dan nie vir ons verduidelik nie. Jy sal makkelik kan verduidelik in 1 epos en dit aan ons stuur,. Stil bly maak net meer speculasies. Kan die regsverteenwoordiger ons nie op hoogte bring nie .hoekom mr byleveld ? Hoekom ????

Lola ·

Hy is ‘n nar. En sy prokureur slimmer as die duiwel self. Speel vir tyd taktiek.

Jean ·

Shame boet, almal kan nie VERKEERD wees en net jy reg nie. Die storie het erens vandaan gekom en daar is nie net een persoon wat beweer jyt hulle geld gevat nie, daar is ‘n paar, so sterkte met jou regsgeding. Betaal die mense se geld terug, dan kry jy darem bietjie van jou geloofwaardigheid terug, anders verloor jy alle mense se vertroue in jou en doen ook skade aan die goeie werke wat jy reeds afgehandel het.

Gerrie ·

Oppas vir die kombinasie,vinkel en koljander.arme piet gaan nou al sy geld by sy prokureur moet betaal.enigiemand nog sake vir piet?

Alida ·

Hy was dan so “beroemd” en was gereeld op TV. Kom soos ‘n man na vore en maak ‘n persverklaring. Sy skeidingspakket behoort genoeg te wees om die mense terug te betaal en dan moet hy maar aansoek doen vir staatspensioen want werk sal hy nie weer kry nie. Bitter teleurgesteld in iemand vir wie jy op ‘n stadium op ‘n troontjie gesit het. Sies man.

Cherokee ·

Hy lees wel die berigte en kommentare en dit is ‘n poging om die kommentators stil te kry.
Piet, dit werk nie so nie. Jy weet mos! Jy sal aan die mense moet bewys dat die bewerings eintlik verdigsels is en dit gaan moeilik wees want dit klink asof dit uit die perd(e) se bek(ke) is.

C ·

Nee kyk, my plek is geboek, die popcorn is klaar gespring en my coke is yskoud. Ek gaan hierdie sepie sommer baie geniet. Kan nou glad nie meer wag vir die volgende episode nie!!! ‘n Ware spannings en speur verhaal. LOL!!!!

JT ·

Ek het altyd gedink hy ploeg met ander se kallers! Nou is dit bewys. Sonder ‘n goeie span is jy niks

jaco ·

of hy nou R1000 of R1miljoen vir sy dienste vra is eintlik irrelevant: meeste van sy ingeloopte customers wat nou so kla, het gedink hy kan tipiese moor m te steel moored oplos. daar is duisende van daardie tipe moordenaars in SA. Hoe vang jy hulle? Hulle kruip in die townships en talle ander wegsteekplekke weg. Ek sal nie my geld op so iets mors nie, selfs al was die man ook eerlik.

Keelvole ·

Dis reg, laat die eposse, bewyse van betalings en dokumentasie van werk afgehandel die werk in die hof doen. Ek is n jarrelange holruggeryde konsultant, en glo my, dit is noodsaaklik om kliente op hoogte te hou van jou werk, om op hulle eposse te reageer, hulle mag nie in die donker gelaat word nie.

Columbiana ·

Maar Pietie het dan tog te lekker gebaljaar in die limelight to hy kamstig eiehandig die misdaad aangespreek het. Snaaks nou is hy nie bereid om in daardie einste limelight die klagtes teen hom te verweer nie. Dis bietjie skeinheilig ne!

Mike de Beer ·

Ek is meer bekommerd oor sy regsverteenwoordiger wat dinge wil “ventileer” . Die oumense het gese: “Gee die hond wind”

WILLIE ·

Ha ha Piet, nou gaan daai geldjies wat jy so bymekaargemaak het regtig na jou prokureur se sak toe. En voorts gaan hulle ons seker dagvaar om jou weer as ‘n held te erken.

Louwboepens ·

Gaan Kyknet `n opvolg van Die Byl maak en verskoning maak dat die eerste reeks net `n klomp BOLLIE was.

James-Henry van der Merwe ·

Om al hierdie opinies te lees, is bekotsenswaardig. Nie een van julle het die feite nie…ek ook nie. Wie is julle om hoegenaamd enige laster-kommentaar ens te lewer voor dat daar enige bewyse en/of beskuldigings gelewer is? Hel, ek skaam my vir die Afrikaner…g’n wonder ons is waar ons is nie…

Pippie ·

Ag asb gaan sit in die hoek James Henry vd Merwe aka ou stofsuiertjie. So as die Afrikaner aanjaag moet ons maar net anderpad kyk want Afrikaners moet saamstaan. Moet tog net nie ons foute uitwys nie en hemel moet dit tog net nie kritiseer nie. Bog man. Ons is waar ons is omdat mense soos jy met blinders deur die lewe wil gaan omdat dit die Afrikaner ding is om te doen en nie die sogenaamde helde wil aanspreeklik hou vir hul dade nie. Hou op om ons Afrikaners slegte naam te gee. As Pietie droog gemaak het moet hy pa staan daarvoor Afrikaner kf te not of sê jy ook: ho siestog arme zuma hou op om hom te veroordeel. Nee jy doen nie.

Johannes Meintjes ·

Nou van wanneer af is klagtes oor patetiese diens nou be-antwoord met “regstappe teen die kliente”? Is dit deel van die Nuwe SA besigheidsetiek of nog slegte maniere vanuit die ou kerk en politieke begogeling van ons mense? Ek hou vol dat wat die Afrikaner weet van goeie besigheid is ongelukkig tot ons volgehoue nadeel, bitter gevaarlik en totaal onvoldoende, indien nie totaal onaanvaarbaar!

Pippie ·

Wat het Afrikaner wees te doen met besigheidsvermoë? Piet se onvermoë om besigheid te doen kan nie toegeskryf word aan sy Afrikanerdom nie. Die nie sy Afrikanerdom wat hom oneerlik gemaak het nie is dit? Dis reg ons sal elke Afrikaner besigheidsmens tog dan net moet laat weet om onmiddelik op te hou beigheid doen want hey die feit dat jy Afrikaner is maar jou outomaties slegte besigheidsmens. Dis mos nou twak daai en jy weet dit. In my beskeie opinie wil dit voorkom of jy boggerall van niks weet

Ahooy ·

Scholtz prokureurs is die volgende wat in die tou gaan staan om hul belaglike hoë prokureursfooie van hom te verhaal. Ek wag om te lag!!! :-)

E.K. - ek sê net! ·

Ja, die waarheid sal wel uitkom ne! Hy sal moet bewys dat al hierdie mense lieg, dat hy wel hul eposse en oproepe (asook Maroela s’n) beantwoord het en ja, hy sal nie kan want dit het nie gebeur nie. Verder sal hy moet kan bewys hy het gevorder met die sake. Mens kan nie met ‘n ander se hartseer en vrae speel en verwag om daarmee weg te kom nie.

Sandra ·

Mooi so mnr Byleveld verduidelik tog ook aan jou oud kollegas waarom hulle briewe vir bevordering in jou lessenaar se laai agter gebly het na jou uittrede – of gaan jou prokureur ook jou oud kollegas ook dagvaar.

tw ·

Asseblief mense, die televisie program “Die Byl” was NIE bebasseer op Piet Byleveld nie. Maak asseblief seker van julle feite.

Columbiana ·

“Hoewel die storielyn fiktief is, is die hoofkarakter, ene kol. Piet van der Bijl, ook bekend as Die Byl, losweg geskoei op die bekende speurder Piet Byleveld”

Soos berig deur Maroela Media self vroeer in die jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.