Piet Byleveld oorlede

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrig. Piet Byleveld is Woensdag in die ouderdom van 67 oorlede.

Zelda la Grange, ʼn vriendin van die familie, het Byleveld se afsterwe bevestig. “Die familie is in rou gedompel, maar is almal tans bymekaar om mekaar te ondersteun. Hulle sal mettertyd besonderhede rondom sy afsterwe en begrafnis met die media en die publiek bespreek. Intussen vra hulle kans om te rou,” het La Grange gesê.

Byleveld was sedert verlede week in ʼn ernstige toestand in die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort nadat kanker in Maart vanjaar by hom gediagnoseer is. Alle kankerbehandelings is Maandag gestop, en hy was onder verdowing.

Byleveld het al op talle groot en opspraakwekkende sake gewerk, waaronder die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews.

Byleveld het hoofopskrifte gehaal nadat hy Sheldean se moordenaar vasgetrek het. Sheldean het op 18 Februarie 2007 verdwyn nadat sy en ʼn maatjie saam met die moordenaar, Andrew Jordaan, van ʼn park in die omgewing teruggekeer het na ʼn kommune in Pretoria Tuine.

Byleveld het in 2010, na ʼn loopbaan van bykans 40 jaar diens, afgetree en begin om misdaadsake in sy persoonlike hoedanigheid te ondersoek. Byleveld is in 2011 met Elize Smit getroud.

Piet Byleveld Crime and Commercial Investigations (PBCCI) se kantore is verlede jaar glo sonder enige kennisgewing ontruim en die onderneming het finaal sy deure gesluit.

Maroela Media het in Oktober verlede jaar berig dat talle geliefdes van moordslagoffers beweer Byleveld het hulle met duisende rande ingeloop. Maroela Media het verskeie pogings aangewend om met Byleveld kontak te maak om sy kant van die bewerings te stel, maar sonder sukses.

Byleveld het Sondag in ‘n onderhoud met Rapport se Hanlie Retief gesê hy is op ‘n troontjie geplaas en toe hy afval wou hy niemand sien nie. “My werk was altyd my alles, dis hoekom ek so hartseer was toe dinge laasjaar met my kliënte so skeefgeloop het. Ek kan dit steeds nie verwerk dat 40 jaar se loopbaan moes eindig nie. Ek het almal probeer help, maar die verwagtinge was soms buitensporig: ek moes eenvoudig elke saak oplos. En ek kon nie,” het hy aan Retief gesê.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Ander Annie ·

Rus sag Brigadier. Jy het die reis voltooi. Meeste van ons gaan jou onthou vir die wonderlike knap mens wat jy was. Jy het met trots en eer gedien. Ek salueer jou Brigadier.

Se Maar Net ·

Rus in Vrede, en mag jou gesin ook vrede vind, in die tyd .

Adriaan ·

SA baie armer sonder hierdié man se kundigheid en passie vir sy werk. Ek is seker daar is ‘n klomp aardskelms/moordenaars wat nou verlig voel. Vaarwel Piet…daar was min soos jy.

Leonie ·

Ai dis nie lekker. Rus in Vrede Piet Byleveld. Sterkte aan die familie in die moeilike tyd!

Hannelie ·

‘n Groot boom in die woud het geval. Kom ons wees stil vir ‘n groot man wat vir baie mense soveel beteken het. Rus in Vrede Piet Byleveld. Sterkte aan sy vrou en familie met jul groot verlies.

Johan Pretorius ·

Rus in vrede my OOM. Ek het oom se lewe en al die misdade wat oom opgelos het gevolg vandat ek 5 jaar oud was. In my oe was oom n held. Stil mense n groot boom het geval. Alle sterkte daar waar oom Piet u self nou gaan bevind, sonder pyn van kanker wat u opvreet. Tot weer siens my OOM. Sterkte aan tannie Elize en familie.

Daan Erasmus ·

Die enigste ding wat seker is van die lewe. Is die dood. Laat dit vir ons almal ‘n les wees en dat ons reg lewe. Geen beter tyd as NOU om te begin nie.

Eddie ·

Brigadier Piet Byleveld watter voorbeeld was jy nie en die kundigheid wat jy gehad het n die goeie werk wat jy gedoen het, sê ons baie dankie voor rus in nou in vrede. On verloor ń groot persoon. Sterkte aan die familie in die moeilike tyd.

ANNE MARIE VAN WYK ·

Jy was n uitstekende polisieman. Sterkte aan die familie en vriende. Rus in vrede.

Sies maroela ·

Net soos met Joost, het jul in sy doodsberig gemeld van sy foute. Nou weer in dieselfde doodsberig noem jul Piet se foute. Sensasie soekers. Wens iemand kan n brief in volksblad plaas

Trixie se spene ·

Wel, mens moet maar net so lewe dat daar nie negatiewe goed gese kan word van jou na jou dood nie. Piet het baie mense se swaar verdiende geld gesluk. Moet dit nou ge ignoreer word? Vra maar vir daai mense hoe hulle daaroor voel, as jy nog nie gelees het nie. It is what it is.

Johann ·

Ag asseblief “sies maroela”? Mens noem dit feitelike en deeglike, waar berig gewing. Of is als skielik vergete vir die wat sonder geld en sonder n oplossing staan na Bylevelt hulle ingedoen het en eenvoudig alle kontak met hulle verbreek het? Gooi maar die klippe…lyk my onvoorwaardelike rang navolging tel meet as die waarheid?

G ·

Trixie en Johann, niemand het gesê MM moenie oor sy foute berig nie. Dis net disrespekvol om dit in die doodsberig te doen. Niemand is sonder foute nie, tog wil ons elkeen met respek behandel word. Ten minste het die man sy foute erken, dis meer as wat ek van die meeste mense kan sê.

zis ·

Sterkte aan die familie. Kanker is `n wrede siekte,maar geen pyn en lyding meer vir hom.

elize human ·

R.I.V Brigadier Piet Byleveld jy verdien om nou te rus. Sterkte aan familie en vriende.
van Sheldean Human se ma

arizona ·

Ek het die voorreg gehad om Piet Byleveld in te roep en help met n ondersoek. Hy was voorwaar n engel duisend. Hy was van dag een af eerlik met my. Rus in vrede Mnr Byleveld. SA het n ikoon verloor.

Cacophony ·

Of jy nou van die man gehou het of nie of hy jou ingeloop het en of jy dit maar net in die koerante gelees het. Dis rerig nie nou die tyd om nare opmerkings te maak nie. Die dood is niemand se speelmaat nie onthou hy kom uiteindelik vir almal. Wil jy rerig hê mense moet jou eendag in die dood slegsê? Sê net rus in vrede en stap weg. Môre kan jy weer slegpraat maar net vir nou toon respek vir die oorledene

Johann ·

Gaan seker tog oor die keuses wat mens self maak rondom hoe mense jou onthou? Veral as jy meer as genoeg kans gehad het om of te probeer reg maak of ten minste jammer te sê? En dis hoe die wereld werk van media dekking: veral as jy so in die kollig beweeg…daar word oor ALS berrig.

Oompie ·

Johann. Piet het mense wat ek ken met ‘n tagtig duisend in gedoen. Maar wees nie bevrees nie. Donald Trump sal skaars by die Pous weg wees dan verklaar die Pous vir Piet tot heilige. Lewe jou lewe so dat daar niks sleg oor jou gesê kan word nie.

Jos ·

Rus in Vrede Brigadier.
Jy het jou land en sy mense gedien.
Stuur groete aan al die manne wat ons ook gedien het.
Dankie Elize vir jou liefde en ondersteuning. Ons dra jou en die familie op aan die Vader.
SALUUT

Jakes ·

RIV oom Piet. Baie sterkte ook aan die wat agterbly.
Ons dink en weet ook van die SAPD lede wat nooit die nodige erkenning gegee is wat hulle toekom nie….

BB ·

Wat ‘n Idol en die rede vir my om in die veld van werk in te gaan..wens ek kon net ‘n fraksie insig he wat die man gehad het. Of net een aand langs ‘n vuurtjie met hom gesels oor al sy sake en sukses…baie hartseer dag!!

Ada ·

Lekker rus ou grote. Jy was my held.Dit is skandelik dat Maroela die swart kolle in plaas van die groot wit canvas om dit uitlig. Alle joernaliste ly aan dieselfde kwaal nl. integriteitloosheid. Jammer om dit ook by Maroela waar te neem.

CAROL ·

Nou oom en tannie nou maak julle my kwaad! Hoekom was my opinie/storie/berig nie gepost nie.
Ai ek sal maar weer tik wat ek getik het ….
Wat word van mense se geld wat hulle hom al betaal het en hy het nie die werk gedoen nie??? Hoop hy het n groot polis!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê CAROL,
Dankie vir jou kommentaar. Ons het geen ander kommentaar van jou af ontvang nie, en ook niks afgevee nie. Maak asseblief seker jy aanvaar ons bepalings en voorwaardes deur die boksie te “tick” voor jy kommentaar lewer. Die kommentaar sal dan sukselsvol by ons uitkom.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Cherokee ·

Janie, as nagelaat word om daardie boksie te tick verskyn ‘n duidelike teregwysing dat voorwaardes aanvaar moet word. Hoe duidelik dit op ‘n mobiele foon is sal ek nie weet nie maar op my 24″ skerm kan dit nie misgelees word nie.

ELSA ·

RUS IN VREDE PIET – JY WAS N UITSTEKENDE POLIESIE MAN – STERKTE VIR JOU VROU,FAMILIE

Susan vam der Walt ·

Rus in Vrede Piet. Ek dink net dit is slegte styl van Maroela om op sy dood slegte goed te publiseer. Dis logies dat mense sou se hy het hul ingeloop as hy nie sake kon oplos nie. Hy het baie vir SA se mense gedoen.

Leonardo ·

Piet Byl het baie meer goed as sleg gedoen.Dankie Piet vir alles wat jy beteken het. Ek hoop die familie en vriende steur hulle nie aan die onvanpaste berig en onvanvaste negatiewe kommentare nie.Ditis so onnodig. Swak joernalistiek.

Elisabeth ·

Eertens vir Mr Byleveld se familie – My innige simpatie. Ek verstaan ten volle en dit is absolute nie maklik nie.

Net een opmerking ek wonder of daar besef word dat julle volgens die wet miskien hier oortree. Elke terminale siek pasiënt het regte wat hulle beskerm om te sterf met waardigheid.

Niemand leef ‘n perfekte lewe nie jy is mens en as mens maak jy foute in God se oë. Hy toets jou. Al glo jy nie in God nie dan moet jy jou self afvra “Het ek nie nou my reg verbeur om met waardigheid te sterf nie?” Ek kon my self nie beheer nie – waar laat dit my?

Oortree WAT? ·

Van wanneer af word terminale mense sekere regte toege-eien wat hulle nie voor die tyd gehad het nie? Ek is jammer maar verduidelik, dalk verstaan ek die reg net nie mooi nie? Oortree mense die wet waarmee? Neewat jou preek is onnodig, almal weet hulle leef nie perfek nie maar mense voel ingedoen en wil graag weet wat het met hulle geld gebeur of het hulle nie die reg om te vra nie?

VanAfrika ·

Hy hoor nou haar moordsaak regstreeks van Leigh Matthews af? Die volle waarheid, en as daar ander moordernaars betrokke was by haar moord, gaan hy dit nou weet en soos hy geglo het, mag die waarheid nou seevier

Chris G ·

Rus in Vrede, Piet. Jy het in jou lewe vermag wat min kon. Jou werk was uitstaande. Enige in jou klas. Sterkte aan Al die Familie.

CAROL ·

More Moroela, ek vra dan nederig omverskoning. Ek sal seker maak dat ek die blokkie merk.

Willie ·

RIP- Brigadier Byleveld, jy het jou land mer eer gedien! Ware oud polisieman met integriteit..

jean ·

Was dit nou nodig om daardie negatiewe kommentaar te plaas oor iemand wat pas gesterf het?. ….dan wonder ek hoekom mense dink ons,as gebore sondaars, so kan lewe dat niemand iets sleg te sê het na ons dood. Ons is mens.

MAR ·

R.I.P oom Piet jy het meer vir Suid Afrika se mense gedoen. Wonder of

Vierkleur ·

‘n Top polisie man uit ‘n ander era. Mag hulle ‘n standbeeld vir jou bou oom Piet.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om Maroela te kritiseer omdat hul in hul berigte oor Piet Byleveld ook sekere ongelukkige berigte teen hom gepubliseer het is jammer MAAR Maroela lewer NUUS aan ons. Dit is maar soos joernaliste hul werk verrig. Toe hy weggekruip het vir die pers en dit so aan ons lesers uitgewys is was hy nie op die Doodsdrumpel nie. Mense doen dit daagliks om wanneer iemand dood is skielik al sy foute te vergeet.

G ·

Ek sê nou glad nie mens moet net goed praat van die dooies nie, maar een ding wat my geweldig frustreer van Maroela Media is dat jul in ‘n berig, wat oor die afsterwe van ‘n persoon behoort te gaan, nou weer geraamtes gaan uitkrap. Dieselfde is gedoen toe Joost gesterf het. Sit ‘n skakel onderaan vir die wat weer oor al die geraamtes wil gaan lees, as dit nou regtig moet, en hou die doodsberig respekvol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.