Piet Byleveld op sterfbed: Familie vra privaatheid

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrig. Piet Byleveld is steeds in ʼn ernstige toestand in die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort nadat kanker in Maart vanjaar by hom gediagnoseer is.

ʼn Familielid van Byleveld, wat anoniem wil bly, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die baasspeurder het fasevierlongkanker wat na sy byniere, rugstring en lewer versprei het.

Alle kankerbehandelings is Maandag gestop, en hy is tans onder verdowing. Volgens berigte is Byleveld se kanker terminaal, en het dokters hom aangeraai om liewer tyd saam met sy familie deur te bring.

Die familielid het versoek dat mense die familie privaatheid moet gun en Byleveld moet respekteer.

Byleveld het al op talle groot en opspraakwekkende sake gewerk, waaronder die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews. Nadat hy in 2010 afgetree het, het hy begin om misdaadsake in sy persoonlike hoedanigheid te ondersoek.

Piet Byleveld Crime and Commercial Investigations (PBCCI) se kantore is verlede jaar glo sonder enige kennisgewing ontruim en die onderneming het finaal sy deure gesluit.

Lees alle vorige berigte oor Piet Byleveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Salueer ·

Dis regtig ongelooflik hartseer ek hoop die publiek neem hierdie familie se gevoelens in ag en respekteer dit!
Hy was n goeie polisie man en het eerbaar uit die beroep getree!
Dankie Piet Beyleveldt jy het jou posisie in die polisie goed beklee!
Sterkte aan sy familie!

Johann ·

Is dit nie interessant hoe die wel en weë, of die minder wel.en weë van iemand soos Bylevelt skielik privaatheid regverdig wanneer dit by so iemand se siekte of afsterwe kom nie? Veral in ag genome.dat toe hy die regverdige kans gehad het om te reageer op vele.aantuigings teen hom, hy gekies het om.stil.te bly?

MissDemeanor ·

Ek dink as mens besig is om met kanker te worstel dan skuif jou prioriteite. Jy fokus dan op die mense direk by jou. Wat sou jy doen Johan.As jy vandag uitvind jy het min tyd oor, en as jy siek voel en nie meer jou werkslas kan dra nie. Plaas jouself in iemand anders se skoene voor jy oordeel. Daar is defnitief foute gemaak. Maar mens kan sekerlik verstaan waarom

Fluffy ·

Christa, mense het honderde duisende verloor die afgelope paar jaar waar Piet se besigheid hulle sou help met die oplos van sake – was groot nuus laasjaar- het dit ongelukkig eerstehands ervaar …….

Daan Erasmus ·

Joe. Dit gaan hier oor Byleveld se doen en late. Veral dit wat hy nagelaat het. Baie mense uit baie geld verneuk. Feite.

Magda ·

En dit is nou die regte tyd daarvaar volgens jou? Plat op die aarde man hierdie.

Nettie ·

@Johan, kan jy nie eens in baie hartseer oomblikke, soos hierdie – vir hierdie familie, jou Afrikanerdom van kritiseer, aanval en afbreek laat staan nie? Piet Byleveld was ‘n ou-skoolse, opregte polisieman wat talle sake – belangrike sake – help oplos het. Al het hy mense “ingeloop en verneuk”, soos baie dit hier noem, daar kom ‘n tyd wat mens moet ootmoedig staan. Oom Piet het netsoveel goed gedoen ook en hy het nie alleen sy speurdersbesigheid bedryf en al die ondersoeke self gedoen nie. Dié wat ingeloop en verneuk voel, moet maar eise teen sy boedel instel. Maar gun hom en sy gesin tyd om alleen bymekaar te wees tot hy sy oë finaal sluit. Hê RESPEK!!!

Tanya ·

MissD, as ek vandag moet uitvind dat ek nie meer langer as ‘n week sou leef nie, sou ek probeer regmaak waar ek verbrou het. As ek onskuldige mense se geld gevat het, sonder enige werk in ruil daarvoor, sou ek minstens probeer verskoning maak het by hulle almal (met alle respek gese). Die Here se windpomp draai, al draai hy stadig, hy draai verseker.

Magda ·

Sterkte aan sy Familie – en hoop regtig dat hulle privaatheid gerespekteer sal word. Dankie Piet vir jou bydrae in die Polisie.

Jos ·

Sterkte Brigadier. Mag onse Vader alleen oor jou besluit.
Baie dankie vir jou bydrae wat jy gemaak het om SA ‘n beter plek te maak.
Sterkte ook aan die familie.

Mariska Freitag ·

Dit is baie jammer om te hoor! Ek wens hom verligting toe en vrede aan sy familie. As ek die kans kon hê om n geliefde te groet sou ek ook die meeste daarvan maak.

rita ·

Ons is jammer en wens Elize en familie sterkte toe in hierdie swaar tyd. Sy herinnering sal altyd by ons wees. Karl

Ander Annie ·

Dankie Brigadier vir jou onbaatsugtige en goeie werk. Baie sterkte aan die familie.

Wessie ·

Sterkte ou maat die polisie het ons almal maar sleg behandel met al die geweld.

Wessie ·

Sterkte Brigadier. Niemand sal weet wat die polisie ons geleer het. Al daai nagte wakker en nooit by jou huis. Ons salueer jou in blou.

Ai ·

Shame, sterkte aan sy familie en aan hom ook, kanker is darem n lelike ding. Nie lekker om te sien hoe iemand voor jou oe soos n blom verwelk nie.

Hartverskeurend.

Elisabeth ·

Oom Piet, Die Here se liefde is groot. Ons almal wat in geloof loop wens Oom die grootste vrede toe. Die Engele hou wag.

Vleisman ·

Sterkte Brigadier, daar wag ‘n erewag vir jou wat reg is om jou te salueer op jou laaste arendsvlug. Jy het voorwaar ‘n groot en eerbiedige naam vir dit wat jy vir die RSA beteken het.

Johann ·

So wat van al die mense wie hy skaamteloos ingedoen het deur verwagtings by hulle te skep dat hy hulle gaan help om gereg te laat geskied, teen betaling, en hulle eenvoudig in n verdere wantroue in die stelsel gelos het? FEITE…nie hartelose aantuigings nie! Lees gerus AL die berigte oor die keuses wat hy uitge oefen het oor sy eie “legacy”. Wat van jammer se aan hulle? Omverskoning vra? Of tel “rangorde” en blinde lojaliteit meer as die waarheid? Hyt MEER as kans om in beginsel.ten minste te kin reageer op wat hy wetend aan mense gedoen het?

Jan ·

Johann los dit nou! Dit is soos sy mense sê. Baie nagte se werk. Baie baie goed gedoen. SA is beter a.g.v Piet Byleveld. Lees sy boek dan kyk jy met watter tipe mense hy en sy span gewerk het. Gelukkig het ons vir jou wat beter weet en oordeel.

Daan Erasmus ·

Margaret Thatcher het gesê: crime is crime. En Piet het mense uit hul geld verneuk. Niks kan skelmgeid verskoon nie. Niks. Natuurlik het hy goeie goed gedoen. Hy het die bal voor die doellyn verloor. Die laaste drie is nie gedruk nie.

Nettie ·

Ja, Johan, en jy het natuurlik nog nooit iemand in jou lewe te na gekom of tekort gedoen nie – jou lewensblad is leliewit van onskuld … Almal weet Brig, Byleveld se speurdiens het geld geïn vir sake wat hulle nie kon oplos nie. Jy mis die punt hier. ‘n GROOT MAN lê terminaal siek en is sterwend. Maar jy haper op die onopgeloste sake van vermoorde/verdwene mense waarvoor hy sy fooie gekry het en toe ongelukkig nie die sake kon oplos of deurvoer nie. Wat verwag jy: moet Brig. Piet Byl vanuit sy sterftebed klim en voor ieder en elk van wie hy geld ontvang het, maar nie die saak kon oplos nie, gaan kruip en om vergifnis vra? Laat jy – wat sondeloos is – die eerste klip gooi, maar pasop net vir jou glashuis waarin jy bly …..

Theresa ·

Jou kommentaar is ongevoelig hier waar baie pyn en lyding ter sprake is. Hy het meer sake opgelos en vrede vir mense gebring as wat nie opgelos is nie. Menslik is dit moontlik dat sommige sake nie opgelos word nie. Waarom hom so uitsonder?

Tanya ·

Ek stem met jou saam Johann. Omdat hy siek is maak dit hom ongelukkig nie minder skuldig nie. As mens iets aan ander doen wat jy weet verkeerd is, verwag maar om die wind van voor te kry een of ander tyd. Ek het alle respek vir hierdie oom, hy het goeie goed ook gedoen, maar verkeerd is verkeerd. Dis ongelukkig hoe dit is. Of ‘n ding is reg, of hy is verkeerd en hier was hy verkeerd.

Elzabe van der Westhuizen ·

Hy het voorwaar ons LAND GEDIEN met PUIK SPEURWERK. In ons kind se matriekjaar moes sy mondeling praat en sy het gekies om oor hom te praat. Met hulp kon ons hom skakel. Hy was in ‘n konfooi. Het gestop en al ons kind se vrae rustig beantwoord sodat sy volledige inligting by hom kon kry. So behulpsaam gewees en TYD afgestaan !!! Jammer dat hy juis nou waar hy moes LEEF EN sy aftrede moes geniet het, so ernstig siek is !!! Sterkte aan hom, Elize en sy naasbestaandes.

Amanda Roos ·

Dis die week van LEGENDES wat dood gaan … Gister Roger Moore … en nou amper Piet Byleveld. Rus sag .. Groot Manne. Julle was ons Heroes

Ada ·

Dit is jammer dat daar altyd mense is wat net die swart in iemand se lewe sien en nie die goeie dade nie. Almal wat vir Piet so afbreek het seker in hulle lewe nog nie iets verkeerd gedoen nie. Ek sal graag julle handtekeninge wil kry omdat julle so smetteloos is. Nog nie sulke mense ontmoet nie.
Dankie Piet Byleveld vir alles wat jy vir ons land beteken het. Daar was maar net een soos jy en ek het soveel respek vir jou en vir die insig wat jy aan die dag gele het met jou top speurwerk.

Ai ·

Deloris, ek het daai saak nie rerig gevolg nie maar ek kan vir jou se dat ongelukkig is daar soms sake wat net nie opgelos word nie. Daar is baie faktore wat n rol speel, nie net een speurder se doen en late nie. Mens weet nooit of iemand anders eendag die antwoorde vind nie.

Dellaq ·

Stem saam Johann. Nou eweskielik word hy opgehemel omdat hy voor dooiemansdeur staan. Laat my dink aan al die mooi goed wat in kerkdienste oor oorledenes gese word, waar hulle heeltemal teenoorgestelde was. Hy was/is geen “baas” speurder nie. Hy het op ander se “tailcoat” gery wat die werk gedoen het.

Leonie ·

Ai dis nie lekker nie. Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd en ook sterkte aan Piet Byleveld. Ons bid vir hom en vir die familie.

Siestog de Jager ·

Dankie Piet Byleveldt, jy het uit ‘n era gekom toe mens nog kon staatmaak op die polisie en dit ‘n eerbare beroep was. Vandag leer ons ons kinders dat ‘n polisieman die laaste persoon is wat jy nader om hulp. Baie sterkte aan sy familie, kanker is die haatlikste en goorste siekte wat bestaan!

Hannelie ·

Baie baie sterkte aan Piet Byleveld en sy familie. Ons sal nooit weer in Suid-Afrika so ‘n fenomenale speurder kry nie. Hy was en is enige in sy soort, wat gelewe het vir sy werk. En niks het sy oë ontgaan nie. Wens ons kan nog sulke speurders kry soos kry. Ons bid vir hom en sy families.

Theresa ·

Sterkte aan die lyende man. Sterkte aan sy familie wat hom moet bystaan. Maklik kan dit beslis nie wees nie. Johann en Daan – jul ongepaste kommentaar moes nie eers verskyn het nie. Lewer daardie snydende, veroordelende kommentaar op die korrekte berigblad (as jul dit so nodig vind). O ja, onthou tog om in die spieël te kyk en te vra: “doen ek net reg? Mag ek iemand anders so karnuffel met my oordeel?” . Dankie vir elke opgelosde saak. Dit was ‘n man van vlees en bloed wat meer sake opgelos het en vrede vir mense gebring het, as ‘n paar wat hy as mens dalk net eenvoudig nie kon oplos nie.

Swannie ·

Dit gaan nie oor of Piet Byleveld die privaat persone se sake opgelos het al dan nie.
Dit gaan daaroor dat hulle geld VOORUIT moes betaal het, en dan het hulle absoluut geen terugvoering ontvang nie – inteendeel hulle kon hom glad nie in die hande kry nie !!

Lyk my hy gaan ook nou “Saint”status kry soos Mandela ??

wonder maar net ·

wonder maar net…. as hulle privaatheid wil hê, hoekom blaker hulle dit uit in die media? Hulle kan dit mos stil hou, dan het hulle privaatheid….. Sterkte aan die familie

Annie ·

Oom Piet, dit voel so onwerklik, verlede jaar het ek vir oom Thys Byleveldt gaan kuier in die hospitaal, waar hy dieselfde dag oorlede is na ñ lang siekbed Ek was so so hartseer toe ek daar weg is…. En nou oom? Maak nie saak wat ons in ons lewe aangevang het nie, die Here vergewe keer op keer… En al is daar kwaai mense vandag hier, onthou die Here sal ook vir julle weer voorsien. Hou net moed. Oom Piet wees rustig die Here hou u vas en oom kan nou ontspan. Dankie vir al die harde werk wat u vir ons as land gedoen het. Groete en baie liefde aan al die Familie. Annie

Johan ·

Ek het op FB gesien dat hy reeds oorlede is, Maroela kan jul update gee ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.