Piet Croucamp en UJ se paaie skei

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die politieke wetenskaplike dr. Piet Croucamp se paaie gaan skei.

Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê Croucamp sal op 30 Junie by die universiteit klaarmaak. Dit is egter nie duidelik of Croucamp afgedank is of self besluit het om te gaan nie.

Die besluit hou glo verband met die ‘godslasterlike uitlatings’ wat hy gemaak het tydens ʼn debat met prof. Richard Howe van die Southern Evangelical Seminary oor die bestaan van God. Die debat het in Augustus 2013 plaasgevind en sedertdien het klankopnames van die debat al verskeie kere die ronde op sosiale media gedoen.

Esterhuizen het dit egter ontken. “Dr. Croucamp se vertrek hou nie verband met die kwessie van die omstrede YouTube-opname wat ‘n paar maande gelede weer die ronde begin doen het nie. UJ sal in die verband nie langer die kwessie van daardie opname najaag nie.”

Dr. Croucamp kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het vroeër die maand berig Croucamp sal nie die nuwe reeks van MegaBoere aanbied nie. Wynand Dreyer, regisseur van MegaBoere, het aan Maroela Media gesê Croucamp het reeds, voor daar besluit is om ʼn derde reeks van MegaBoere te verfilm, aangedui dat hy nie beskikbaar sal wees nie.

Maroela Media het egter verneem dat kykNET oorval is met klagtes van die publiek oor Croucamp se ‘godslasterlike uitsprake’. Dit is egter nie duidelik of Croucamp om dié rede besluit het om nie deel te wees van die nuwe reeks nie.

Tydens die debat sê Croucamp onder andere “daar is geen f****n bewyse dat daar ʼn God is nie. Jy kan dit probeer afdwing of inpas op die manier wat jy wil – dit bestaan nie, bloot omdat jy wil hê dit moet bestaan nie. Hy bestaan nie. Hy bestaan in jou gedagtes, hy is deel van jou primitiewe DNS. Dit is deel van jou primitiewe instink, jou primitiewe reaksie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Hennie ·

As Croukamp op die lug kom, skakel ek my radio summier af! RSG se praatsaamprogram moet asseblief sonder hom klaarkom.!

wilna boshoff strauss ·

RSG kan ook sommer van die lug verwyder word.

Cobus ·

UJ het geleentheid gesek om van ‘n verleentheid ontslae te raak. Verwys maar die opmerkings oor godsdiens – so draai die wiel vir die slimjanne.

Caja ·

Dankie tog. Wens hy wil sommer uit die land ook trap. Hier is nie plek vir sy vieslike aanmerkings oor n ALMAGTIGE LEWENDE GOD nie.

Kobus ·

Ek stem. Geen wonder dit gaan so sleg met die land nie want so baie het hulle rug op die Here gedraai.

Elizabeth ·

Soos die gesegde lui – “Ons arms is te kort om met God te wil boks”

Tascha ·

Ooooh ja daar het jy ‘n punt beet Indigogirl! As daai grapg@t tog ook net sy pie wil vat en waai sal Jacaranda dalk weer ‘n radio stasie word waarna ek graag WIL luister en nie MOET nie. Oor en oor word daar bewys die Here laat nie met Hom spot nie bevraagteken Sy bestaan en spot my maar oor my geloof die Woord sê juis dat Hy diegene sal verhef wat in Sy naam vervolg word en daaronder ly.

maggie ·

Jy slaan die spyker so op die kop,,,,,die volgende wat die pad moet vat is Rian, hy is nog erger as Piet/

indigogirl ·

magrette louw, ek haal aan Maroela se berig gedateer 13 Mei 2016 waar Rian sê “Enige god, en ek gee nie om of hy agt arms het of ‘n boom is nie, ek gee nie om wie jy aanbid nie, enige god wat mense veroordeel vir wie hulle is en hoe hulle gebore is, is nie die moeite werd om te aanbid nie”.

Dirk Breytenbach ·

So val die “helde” daar is nog ‘n paar wat ook op die ashoop hoort!!

Koos ·

Dit is so makliker vir ons om te oordeel, die Bybel spreek dit aan op verskeie geleenthede. Hier is n president war dink hy is verhewe bo God, so die man het miskien die pad byster geraak. Probeer hom eerder tot ander insigte bring, haal eers die balk uit ons eie oë uit voor ons veroordeel

piet ·

Arme kleine mensies met beperkte denke-hoe kan enigeen die grote gedugte God en Skepper binne die raamwerk van menslike DNS plaas-daar kom ‘n dag dat die lewendes en dooies Hom sal sien soos Hy is; dan verklaar Sy Woord sal die aarde wegrol soos ‘n boek. Vir jul “vreesloses” wil ek net se: bekeer jou en kom betyds aan God se kant. Vra my hoe weet ek Hy leef? Hy leef hier in my hart! Ek ervaar Sy krag en het onlangs nog met Hom gepraat!

Dirk Breytenbach ·

Die wiel het gedraai en die blinde sambok het geklap!!!!!!!!!!!

Stoney ·

Ek is bly hy gly. Hou jou aaklige kommentaar vir jouself. Doen jouself die moeite en sien hoe jou lewe verander met Jesus aan jou sy!

Tiger ·

Croukamp se verdwyning van alle media af sal net ‘n aanwins vir ons volk wees!

dries ·

As jy God nie respekteur, gaan jy tweede kom meneer. Swaarkry wag vir jou en ek voel jammer vir jou.

thea ·

beste nuus van die dag, nou net Rian van Heerden, dit is ook n man wat dink hy is slim en ontasbaar, en kan se net wat hy wil,

Speedguard ·

HOOR-HOOR die beste nuus ooit, nou moet Lynette Francis ook van hom ontslae raak , soos die eerste woordvoerder so jong meisiekiekie van die Eff(ie) vir hom gevra het “Piet are you really a dr.?maybe for bush muti but not in debating politics and religion” !! Ciao Pietman!

Jan Els ·

Ek stem saam met UJ om vir Piet te skors. Jy kan nie mense van enige godsdies of enige volk beledig en agter die term “politieke wetenskaplike” skuil nie. Presies dieselfde met joernalistiek – Max du Preez, Adriaan Basson en Pieter du Toit van Naspers het vrye teuls om te beledig en valslik te beskuldig onder die vaandel van “politieke kommentaar”. Dink maar aan die duisende lewens wat Naspers verwoes het met hul valslike beskuldiging dat Pukke ‘n klomp Nazi’s is. UJ het reg opgetree in hierdie geval, maar Naspers gaan voort met beledigings.

Rocky Bell ·

UJ het nie Piet Croucamp geskors nie – lees die berig.

Jan Els ·

Rocky, sy laaste dag is 30 Junie en nie 31 Julie soos ‘n normale bedanking van 1 maand nie. UJ het hom dus gevra om te loop. Goeie wetenskaplikes word nie so vinnig gevra om te loop nie ……

Yster ·

Daar is nou ‘n vakante plek vir ‘n verlinkse kommentator in die Afrikaanse wereld. Die persoon moet kan irriteer, blatant jok, ‘n swart-en-wit benadering tot die politieke en sosiale situasie in die land handhaaf en gerieflike strooipoppe opstel as hy in ‘n hoek gedruk word. Kansvatters welkom. Aansoeke sluit 30 Junie 2016 :-)

Louis ·

Soos hulle se. DIE WIEL DRAAI AL IS DIT PARTYKEER STADIG. Hy sal maar moet staat maak op sy vriende maar ek weet nie of hy veel oor het nie.

Kosie ·

Ek het nou die dag Ps 94 op Maroela gelees van iemand wat net so kwaad is soos die meeste van ons oor die nonsens wat in ons land aangaan. Lees gerus Ps 94 dis nogal insiggewend.

HEVW ·

Hy sit op die trap en wonder waar nou heen. Ek het verneem hy het grond in Namibie gekoop. Hou hom daar ons soek hom nie hier nie.

Boela ·

Ek het altyd gewonder waarom Dr Croucamp nooit tot Prof Croucamp bevorder is nie. Was seker te besig gewees om sy linkse sentimente op al wat forum is te verkondig, en het nie genoeg tyd aan navorsing en publikasie bestee nie. Die ou RAU sou dit nooit geduld het nie, maar dit lyk nou of selfs die ver-Engelsde en ver-swarte UJ dit onaanvaarbaar vind.

Cherokee ·

Boela, daar is ‘n gesegde wat sê dat jy liewer moet stilbly en die mense so laat dink as wat jy praat en hulle kry bevestiging. Doktor is ‘n hoër status as professor, wat bloot ‘n onderwyser op universiteit is.

Kosie ·

I ander leser het nou die dag op n soortgelyke geval waar ons eiewaardige president bespreek word, gevra dat ons Ps. 94 moet lees. Ek het, doen gerus dieselfde en vind berusting.

Kosie ·

I ander leser het nou die dag op n soortgelyke geval waar ons eiewaardige president bespreek word, gevra dat ons Ps. 94 moet lees. Ek het, doen gerus dieselfde en vind berusting.

Ruby ·

Piet is afgedank omrede hy blykbaar ‘n poets op ‘n kollega gebak het.

Of dit die werklike rede is sal ons seker nooit hoor nie.

Gertjie ·

Kyk ‘n bietjie om jou rond, kyk na die natuur die diere en voëls, kyk na die kringloop, na die hemelruim, kyk na die uitspansel.
Wie dink jy sit agter dit en hou alles instand. Die Skepper daarvan natuurlik.

Ansie ·

As ons maar net so uitgesproke was teen ander bekendes wat hulle gades verneuk, gesuip raak na elke “gig’ en ‘n swak voorbeeld vir ander stel…. Baie “Christene’ leef in elk geval asof daar nie ‘n God is nie. Hy bestaan mos net Sondae in die Kerk waar hulle kan sing en “worship” op die maat van elektriese kitare en dromme met ‘n lekker “beat”? Wat is dan die verskil? Die een wat dit hardop uitspreek of die een wat vroom voorkom maar agter die deur goddeloos optree?

Piet Pompies ·

Wat is jou punt Ansie? Watter relevansie het egbreek, drankmisbruik en ‘n swak voorbeeld stel met Piet Croukamp se Godslasterlike uitsprake in gemeen? Of ondersteun jy sy lastering teen God en sy kwetsende aanmerkings teenoor diegene wat in God glo? Dit klink of jy eerder ‘n appeltjie te skil het met die valse Christene in jou kerk en dis reg so, maar hierdie forum is nie die plek dáárvoor nie. As jy egter die man(Croukamp) steun, wees minstens openlik en eerlik daaroor.

Rian en Jakaranda fm volgende ·

Jakaranda wat so vir Rian spreekbuis gee om God te verkleineer en Afrikaners te bespot moet volgende gaan!

elize ·

Piet Croucamp groot gaan jou ontnugtering wees. Wonder wie is die Skepper van alles wat op hierdie aarde is. Sekerlik nie jy en jou maaitjies wat dieselfde verwronge uitlatings maak nie. Sterkte vir wat vir jou voorle.

Ekke ·

Die wat so kla oor Rian, hoekom luister julle dan nog na hom?! Genade! Julle maak nou weer ‘n berg van ‘n molshoop. Jakaranda weet van beter, indien hulle Rian afdank, kan hulle maar weet hulle gaan baie luisteraars verloor, my inkluis. Weereens, elke mens is geregtig op sy eie opinie, reg of verkeerd volgens jou, wie is jy o “gelowige” om te oordeel, ek is nou self nie ‘n bybel geleerde nie, maar staan daar nie oordeel kom jou nie toe nie? Vra net…

Tommy van Zyl ·

Dr Piet ek het jou respekteer as n slim man. Wat van die bybelse ark van Noag die stede Sodom en Gemora kyk op You Tube is dit ook leuns. Jy is mos geleerd jy het seker nog nooit God ervaar soos ons dom mense nie. Daar is so baie bewyse. Onthou net. Elke knie sal buig en elke tong sal bely. Dokter Piet ook joue. Voor dit te laat raak maak jou saak eg

Atas ·

Ek is ‘n kind van die Here, en ek is geweldig dankbaar die Here het my met liefde omhels en syne gemaak terwyl ek nog vêr van Hom was. As die Here die sentimente van sommige van hierdie komentare gehad het, was dit neusie verby met my.

Piet mag jy altyd weet dat: God jou liefhet en in jou glo maak nie saak wat jou standpunte oor Hom mag wees nie. Jy is altyd welkom by Hom, Hy is nie ‘n mens wat jou SAL faal nie.

Ek is jammer om van jou vertrek te hoor. Weet dat die Here nie mense se lewens verwoes nie, maar dat daar altyd aanvaarding en uitkoms in die arms van Jesus is. Ek bid vir jou in hierdie moeilike tyd.

Piet Pompies ·

Atas, ek is ietwat oorbluf deur jou stelling dat God in Piet Croukamp glo ongeag dié se standpunt oor Hom. Ek haal jou aan: “Piet mag jy altyd weet dat: God jou liefhet en in jou glo maak nie saak wat jou standpunte oor Hom mag wees nie.”

Het jy Bybelse gronde vir die stelling dat God in ‘n mens (Piet) glo? Of is dit iets wat Atas namens God besluit het?

Christo ·

Tommy daai sg dokter is nie daai titel werd nie, ou Piet is al n kompliment!

DewaldS ·

Kort nadat Solidariteit Radio Pretoria oorgeneem het, was Piet Croucamp mos hulle voorkeur politieke kommentator. Die wiel draai en draai en daar is van ons wat boek hou….

Brenda Nel ·

Die moordenaar aan die kruis het ook nie geglo nie en kyk hoe wys Jesus sy liefde vir hom.
Hy LEWE – of ons dit nou glo of nie.
Innig en baie dankbaar vir my eie verhouding met Hom.
Piet jy kan dit ook he. “Our God is a giver and wants us to take and take from Him”.
Ons gun jou dit. Hy nog meer.

Piet Pompies ·

Brenda, met alle respek, jy skilder ‘n verkeerde prentjie. Die moordenaar (een van die twee wat daar saam met Jesus gehang het) het wel genade van Jesus ontvang, maar eers nadat hy op die kruis tot inkeer gekom het. Christus bewys eindelose genade, maar nie sonder bekering van die sondaar tot Hom nie. Dis ‘n belangrike feit wat ons moet besef, andersins kan die indruk geskep word dat God vergifnis na willekeur uitdeel en sonde eintlik goedkeur daardeur terwyl Sy Woord ons anders leer.

Ella Smith ·

Nadat ek geluister het na onderhoud, was ek so woedend vir die man. Maar nou glo ek ons moet vir hom bid. Kyk maar wat het met Paulus gebeur op die pad na Damascus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.