Piet Retief-boere weer in hof

‘n Lugfoto van betogers Woensdagoggend buite die landdroshof in Piet Retief. (Foto: Love and I Photography)

Die borgtogaansoek van die vyf mans wat van die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moord op die plaas Pampoenkraal in Mpumalanga aangekla word, is Woensdagoggend voortgesit.

Dít nadat die verdediging Maandag bekend gemaak het dat daar beeldmateriaal is van die gebeure wat die noodlottige skietery op 9 April op Pampoenkraal voorafgegaan het.

Annelia van der Merwe, ʼn plaaslike fotograaf en videograaf, sê ’n groot polisieteenwoordigheid heers weer vandag buite die landdroshof in Piet Retief. ‘n Padblokkade is vanoggend op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief opgestel.

‘n Lugfoto van betogers Woensdagoggend buite die landdroshof in Piet Retief. (Foto: Love and I Photography)

Kruisondervraging van die hoofondersoekbeampte, ao. David Nhlapho, duur vandag voort.

Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) word van die moord op die Coka-broers op Pampoenkraal in die Dirkiesdorp-omgewing aangekla.

Maroela Media het vroeër berig ’n opname van die gebeure wat die skietery voorafgegaan het, is van statiese videokameras verkry wat op die plaas geïnstalleer is en is Maandag in camera in die hof vertoon.

‘n Lugfoto van die betogers Woensdagoggend buite die landdroshof in Piet Retief. (Foto: Love and I Photography)

Dié beeldmateriaal wys volgens die verdediging dat die staat se weergawe van die noodlottige dag twyfelagtig is.

Die beeldmateriaal wys glo dat boere nie aggressief opgetree het, soos die staat beweer nie. Die beeldmateriaal wys hoe betogers op die plaas aankom en plaaswerkers verjaag. Dit wys ook hoe die eerste oorledene in ʼn konfrontasie met sy broer, wat in dié stadium op die plaas gewerk het, betrokke raak.

Die video bied egter geen beeldmateriaal van die gebeure tydens die skietery nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fritz ·

Want wittes (nie ek nie) glo mos hulle moet die morele hoëgrond handhaaf. Wittes doen mos net vreedsame optogte, petisies en memorandums. En dan glo ons dit sal die gewenste uitwerking hê. Dankie tog die Voortrekkers en die mense tydens die Boereoorloë het nie in die tjol geglo nie.

Grassie ·

Sangoma – dit is iets wat my ook pla. Ek wonder wanneeer gaan ons ou volkie hul rug styf maak

Blikke ·

Ja, en seker meer as die helfte van die betogers het in elk geval nie n idee van die feite nie en ook nie seker hoekom hulle daar is nie.

Aai ·

KFC is weer vernuut om almal te lok.Hulle hoor weer halwe storie wat deur ‘n politieke party aan hulle oorgedra is.

Esme ·

Die Staat se getuienis is gewoontlik twyfelagtig. Ongelukkig word slagoffers voor verhoor veroordeel en selfs beeldmateriaal gaan onvoldoende wees om die slagoffers se onskuld te bewys Ons dink aan julle manne en dra julle en julle gesinne in liefde en gebed

Regverdigheid ·

Betoog sal hul al het hul geen idee orr wat dit gaan…. maar as ons dit doen word ons mense opgesluit…. waar trek hul die streep????

Mariana ·

Wil sê dat reg en geregtigheid geskied, maar dit sal nie ten gunste van daai boere wees nie, nee hulle sal skuldig wees in die oë van die kriminele, al is hulle onskuldig. Net nog iets om oor te betoog en te vernietig. Sterkte vir die boere en hul families.

Persheks Adri ·

Magtag wanneer kom hulle nou uit op borg? Hoop die klomp leuenaars word aan gekla oor hulle lieg stories van die gebeure

Althes ·

Diskrimineer die ANC en EFF en watter politieke groep net teen wittes?
Waar is bogenoemde politieke partye wanneer ñ 13 jarige meise verkrag word deur haar twee buurmanne in Alexandria?
Waar is hul wanneer daar geweld teen vroue en kinders is?
Waar is hulle wanneer swart op swart mekaar vermoor?
Hipokrate!

Clifford Salwyn ·

Waar was hulle toe die skoolhoof ñ kind in ñ pit latrine afstuur om sy selfoon te gan haal

Karina ·

Wie ookal die video bewys het die boere is onskuldig, deel of sosiale media sodat die wêreld die waarheid kan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.