Piet Retief: ‘Ek het geen skote afgevuur’

Van agter links: Daniel Cornelis Malan, Cornelius Lourens Greyling, Zenzele Mzikayise Patric Yende, Othard Johann Klingenberg en Ignatius Michael Steynberg in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Een van die ses mans wat van die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moord op die plaas Pampoenkraal in die omgewing van Piet Retief in Mpumalanga aangekla word, het in ’n verklaring aangedui dat hy in hegtenis geneem is sonder dat hy enige skote die betrokke dag op Pampoenkraal afgevuur het.

Nóg ’n boer voer aan dat hy dié dag slegs twee waarskuwingskote in die grond afgevuur het.

Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn waar hulle aansoek om borgtog gedoen het.

Volgens die klagstaat is ’n sesde verdagte nog in die hospitaal en kon hy nie in die hof verskyn nie.

Die mans staan elk op twee aanklagte van moord tereg. Aanklagte van ontvoering en poging tot moord is intussen op die klagstaat bygevoeg. Dié aanklagte hou verband met Nhlanhla William Hlatshwayo wat op die toneel in burgerlike arres geplaas is.

Luidens die voorlopige klagstaat wat Maroela Media onder oë gehad het, is Hlatshwayo op die dag onder ’n boom aangehou. Sy hande is glo met kabelbinders vasgebind en hy is met ’n piksteel geslaan. Hy is ook na bewering geskop en daar is glo pepersproei in sy oë gespuit.

Malan word ook aangekla van dwarsboming van die gereg nadat hy glo op die toneel geweier het om sy vuurwapen te oorhandig.

Verklarings deur Malan en Greyling is vanoggend in die hof voorgelees voordat die mans se aansoek om borgtog tot Dinsdagoggend uitgestel is. Albei ontken in hul verklarings enige betrokkenheid by die Coka-broers se dood.

Malan het in sy verklaring aangevoer dat hy op 9 April omstreeks 11:00 ’n boodskap op ’n WhatsApp-groep ontvang het waarop verskeie boere in die omgewing is. Sake van belang waaronder sekuriteit en veiligheid word op dié groep bespreek. Die boere is in die betrokke boodskap van probleme op Pampoenkraal ingelig.

Die mans het koponderstebo in die hof gesit. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Luidens die verklaring het ’n groep betogers plaaswerkers geïntimideer en aangerand om te verhoed dat hulle hul werk doen.

Malan is toe na Pampoenkraal waar die plaaseienaar, Werner Potgieter, met sy aankoms ernstig beseer was. Potgieter is glo met ’n voorwerp oor die kop geslaan en Hlatshwayo is in dié stadium reeds aangehou nadat hy glo vir Potgieter aangerand het.

Die plaaslike polisie is toe reeds ontbied hoewel daar geen polisiebeamptes met Malan se aankoms teenwoordig was nie.

Volgens Malan is hy na die stoor waarna daar twee voertuie op die plaas aangekom het. Twee insittendes het uit die voertuie geklim en hulle het baie aggressief voorgekom. Een van die mans het sy hemp uitgetrek.

Malan is toe terug na Potgieter waarna daar later nog betogers te voet aangekom het. Sommige van dié betogers het staalpype by hulle gehad en Malan is met ’n staalpyp aangerand. Malan sê in sy verklaring hy het sy bewussyn gedeeltelik verloor waarna hy skote gehoor het toe hy weer bygekom het. Hy het toe agter sy bakkie op die toneel geskuil. Volgens Malan het die oproerige sonder sy hemp moontlik skote afgevuur. Hy erken egter dat hy nie met duidelikheid kan sê wie skote afgevuur het nie aangesien sy oë vol bloed was weens die besering aan sy kop.

Luidens die verklaring het die polisie daarna op die toneel gekom en Malan is in hegtenis geneem. Hy voer in die verklaring aan dat hy in dié stadium gedisoriënteerd was weens sy beserings en hy het nie verstaan waarom hy in hegtenis geneem word nie aangesien hy geen skote afgevuur het nie.

Volgens Malan was hy weens sy disoriëntasie huiwerig om sy vuurwapen aan die polisie te oorhandig. Hy het ook nie die versoek verstaan nie aangesien hy nie sy vuurwapen afgevuur het nie. Hy voer aan daar was geen logiese rede waarom hy sy vuurwapen moes oorhandig nie en dat die polisie boonop nie die geriewe gehad het om die vuurwapen te seël vir ondersoekdoeleindes nie.

Dié vuurwapen is intussen aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Volgens Malan het die polisie ook geweier dat hy ’n saak van aanranding teen die persoon wat hom aangerand het, aanhangig maak. Hy het ook eers later in die aanhoudingselle mediese aandag ontvang nadat vriende en familie daarop aangedring het.

Greyling se verklaring is ook vandag in die hof voorgelees. Sy weergawe stem ooreen met dié van Malan. Hy voer aan dat hy slegs twee waarskuwingskote die dag in die grond geskiet het.

Betogers was teen Maandagmiddag steeds buite die hof in Piet Retief. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Luidens die verklaring het Greyling die betrokke dag ’n boodskap op die boere se WhatsApp-groep geplaas waarin hy aangedui het dat daar moeilikheid op Pampoenkraal is. Hy is toe self na die plaas waar hy die plaaswerkers in ’n hoek op die plaaswerf aangetref het.

“Die plaaswerkers het aangedui dat ’n groep mense hulle met stokke en pype uit die stoor of stoorkamers gejaag het. Die plaaswerkers het toe in ’n rigting na ’n groep mense wat hulle gedreig en geïntimideer het, gewys. Ek het toe in die rigting van die groep mense en ander boere, onder wie my pa ook was, gestap.”

Luidens die verklaring was die groep mense en boere in ’n argument betrokke. “Ek het gesien hoe die groep mense in verskillende rigtings hardloop en hoe een van die groep aangekeer word. Een van die mense in die groep het in my rigting gehardloop. Hy het ’n pyp in sy hand gehad. Ek het my pistool uitgehaal en ’n waarskuwingskoot in die grond afgevuur.”

Die persoon met die pyp in sy hand het omgedraai en in ’n ander rigting gehardloop. Volgens Greyling was daar ook ’n voorval aan sy regterkant en hy het skote vanuit sy regterkant naby aan ’n hek gehoor.

“Ek het toe nog ’n waarskuwingskoot in die grond afgevuur. Daardie is die enigste twee skote wat ek gedurende die hele voorval afgevuur het.”

Greyling voer in sy verklaring aan dat Hlatshwayo in sy rigting aangehardloop gekom het en dat hy hom toe aangekeer het. Hlatshwayo het glo Greyling se pa voor dit met ’n stok oor sy kop geslaan en hom ernstig beseer.

Hlatshwayo is glo toe na die skadu van ’n boom geneem waar sy pa by Hlatshwayo gebly het. “Ek is toe terug na die stoor. Ek ontken dat ek enigiemand ontvoer het.”

Volgens Greyling is dit toe dat die twee voertuie stilgehou het. Hy sê ook die insittendes was baie aggressief. “Ek kan onthou dat een van die mans, nogal ’n groot persoon, probeer het om ’n konfrontasie aan te hits.”

Daniel Cornelis Malan, Cornelius Lourens Greyling, Zenzele Mzikayise Patric Yende, Othard Johann Klingenberg en Ignatius Michael Steynberg in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die mans is volgens Greyling toe terug na hul motors en hy is terug na sy pa en Hlatshwayo. Malan was toe ook daar.

Die voertuie het toe in hulle rigting aangery gekom en die hek se ingang versper. Hy het toe gesien hoe Malan aangerand word. Nóg ’n skoot het geklap en Greyling en Malan het albei agter Malan se voertuig ingespring om weg te kruip.

“Ek het verskeie skote gehoor en toe het dit stil geword.”

Luidens die verklaring het hy opgemerk dat Malan en nóg ’n boer ernstig beseer is en dat die twee broers noodlottig gewond is. Hy kan nie sê wie die skote afgevuur het nie.

Die polisie het kort daarna op die toneel aangekom en hy is in hegtenis geneem nadat die groep oproeriges sy naam uitgeroep het.

Malan en Greyling voer albei aan dat hulle inhegtenisneming en aanhouding onwettig is. Hulle gaan onskuldig pleit op al die aanklagte teen hulle.

Die borgtogaansoek staan oor tot Dinsdag 08:00 wanneer die res van die beskuldigdes se verklarings na verwagting vir die rekord in die hof voorgelees sal word.

Talle betogers was teen laatmiddag steeds in Piet Retief se strate.

Nog ’n boer, Hans Moolman, is ernstig beseer en word ook in die hospitaal behandel. Hy moes glo reeds twee operasies ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

casper ·

Die optrede sal lei daartoe dat die polisie en regsdiens gesien word as pro krimineel en gaan lei tot algemene verset !!!

Zacahara ·

Dis waar, Casper. Dit blyk dat dit in orde is om aan te hits, maar as dit dan in ‘n konfrontasie ontaard, dat net sekere partye (die nie-aanhitsgroep) eweskielik aangesien word as booswigte. Ek vermoed hierdie gaan weer ‘n kettingreaksie ontlont, en intussen word die aandag gerieflikheidshalwe afgetrek van die ANC faksie-krisis. Kom ons kyk wat gebeur.

Pieter ·

Wel ek dink klaar so… Ek kan nie onthou wanneer ek laas iets positief uit hulle gekry het nie… It’s all bad!
Selfde met die Howe…

Tino ·

Dit het lankal daar toe gelei, hierdie is die ergste voorbeeld nog

Pieter ·

Maar die boere word gearresteer en van alle kwaad beskuldig, die ander is vry. Coligny 2.

Alet ·

ook daaraan gedink en op die ou einde was daai twee mense onskuldig

Excalibur ·

Wat het geword van betreding van privaat eiendom en die reg tot volle beskerming van lewe, huis en eiendom? Die verslapping van doelgestelde landswette wat vir ALMAL geld sien nie velkleur, geloof, geslag, kultuur, ens nie maar staan vir geregtigheid & behoud. Die politikuste aanvaar dat kolaterale skade hetsy dit eiendom of lewens is net aanvaarbaar is in die naam van sogenaamde Demokrasie want dit kan mos teen versekering en “Freedom for All” afgeskryf word. Dalk moet ons liefs introspeksie van hierdie bespotte demokrasie-chaos neem en teruggaan na “the bare basics” en gaan kers opsteek by lande soos Singapoer, Saoedi-Arabie, Rusland en Botswana waar daar nog lewenswaardes en streng wette heers om dit af te dwing. Ja, waar ‘n krimineel uitgelouter word en van omtrent al sy regte gestroop word as hy/sy kriminele aksies voorstaan en getroue wetsgehoorsame landsburgers hul reg tot orde, netheid, vryheid en trots kan uitoefen sonder vrees…STERKTE manne.

Blikke ·

Wat n hartseer storie! Wag maar tot al die verklarings afgelê is en dan sal die waarheid seevier. God slaap nie!!! Ek sê weer, Hier Kom ń Ding!!!

Persheks Adri ·

Gee hulle borg van R500 elk dis mos regverdig nes Senekal! Klomp betogers maak naar verby tsssk. Hoe moet ons boere hulleself beskerm teen die klomp?

Ali ·

Dis duidelik hulle wil nie he die boere moet hulself beskerm nie…

Outspoken ·

Ja nee hulle mag maak en smaak soos hulle wil maar sodra die boere hulle self verdedig is dit mos verkeerd

Dries ·

Dit is so duidelik wat daar gebeur het en daagliks gebeur in hierdie misdadige land as jy probeer beskerm wat aan jou behoort. Wat het daai betogers anders as moeilikheid op ander mense se eiendom gaan soek

Jojo ·

Wel hier is net weer die gruwelike bewys Dat slag offers wat bleek gelate het geen geregtigheid in die land het nie al weet jy voor jou Heilige siel jy het selfverdedigend opgetree. Ons bid vir julle boere

Ovelia ·

Die beste is dat hul boere, wt of swart maar mag martel en vermoor

Brandwag ·

Manne tel julle koppe op julle het niks verkeerd gedoen. Jy mag jou eiendom en ander se eiendom beskerm so ook jou werkers se lewens en mede boere se lewens. Die regering polisie en weermag gaan dit nie doen nie- hulle het hulle redes en verder is hulle nie bevoeg daarvoor nie.

Onthou net pas die nodige geweld.

As hulle wil betree , mense aanrand om ernstig te beseer en intemideer moet hulle die pakslae vat as daar uitgedeel word.

Andries ·

Weereens word wit ge-arresteer en swart word vrygelaat. Dit is tyd om te trek.

Snowball ·

Onwillekeurig kom beelde van anargie en doodslag by ‘n mens op wanneer jy hierdie nuus lees. Hoe lank voor terroriste en kriminele agter op bakkies deur strate jaag, bewapen tot die tande, met onskuldiges wat moet vlug vir hulle lewens? Wat is ons verweer as ons dieselfde pad hier loop, soos in soveel Afrika lande reeds gebeur het? Die wetstoepassers is bloot toeskouers en wil in elk geval nie ‘n wit vel beskerm nie. Ons sal net statistieke word soos in Rwanda. Jy is reg Andries – dis lankal tyd om te trek.

Anoniem ·

Dis nie net vir trek nie Snowball, weghardloop is in ieder geval nie in ons voorouers en die meeste van ons se DNA nie. Berei jouself eerder voor vir dit wat moontlik kan gebeur en maak seker jy en jou familie is veilig en kan na julself omsien.

Snowball ·

Manie, die Hugenote het gevlug ter wille van godsdiensvryheid, die Britse setlaars het gekom as deel van kolonisering tydens hulle bewind aan die Kaap en ook om armoede tuis vry te spring. Ander het gekom vir nuwe geleenthede in ‘n ongerepte land en ‘n toekoms vir hulle kinders. Die DNA in ons, spreek eerder van moed en wil om realiteite in die gesig te staar en sinvol om te gaan met ons opsies. My kind is 25, as hy elders ‘n bestaan wil maak, sonder dat hy moet vrees vir sy lewe gun ek hom dit. Dit kos soms meer hartverskeurende besluite en moed om te gaan as om te bly.

Alet ·

Ek stem saam. My kind is ‘n skrale 16 jaar oud en ek sal geen probleem hê as hy oorsee wil gaan nie. Hy moet my maar hier los. Dit sal hartseer wees maar ek sal in vrede wees want ek sal weet my kind het ‘n toekoms in ‘n ander land. Hier is geen toekoms vir jongmense nie.

LANA is ELANè ·

In hierdie land moet boere doodeenvoudig arms gevou staan terwyl boosaards kan maak, breek, plunder, roof, intimideer en moor, nes hulle wil.

Hier is geen geregtigheid nie, almal se lewe wat net hulself, hul werkers en hul eiendom wou beskerm is nou “on hold” geplaas, terwyl hierdie boewe breed glimlag oor al die mediadekking wat hulle kry en dat hul menseregte weereens ten koste van die boere se welstand seëvier. Belaglik verby, asof hulle enige iets positiefs tot ons land se ekonomie bydra behalwe om anargie aan te hits.

Sandra ·

Daar bestaan geen “regstelsel” meer in SA nie. As dié storie nie so tragies was nie, sou mens dink dat dit in ‘n skreeusnaakse, ongelooflike komedie plaasvind.

Nie Verbaas ·

Die staat sal die storie weer verdraai sodat dit hulle pas. Minderwaardigheid is n liederlike siekte.

Margaret ·

Dit is n skande dat so iets gebeur in SA – enigiemand kan logies sien wat gebeur het daar. SAPD, julle is tog op die ouend net n klomp kriminele, ek praat van díé spesifiekes – julle geloofwaardigheid is nul. Waar is die beskerming vanaf die polisie wanneer die boere hul help volgens die Landelikeveiligheids plan?

Jack ·

Nee wat.Dit is hierdie tipe goed wat die dubbel standaarde en die onbevoegdheid van ons regstelsel en polisie duidelik uitlig. Die chaos wat kom gaan ons kan terugtrek na hoe hierdie situasies gehanteer was. Kom ons hou dop wat hier gebeur en berei ons voor vir die toekoms.

Boer ·

Ek bid vir die onskuldige boere wat weer en weer geboor word. Wonder net of die wat die polisie kar afgebrand het ook toegesluit gaan word en R15000 byl betaal.

Andre ·

Jou handwapen beskerm jou teen aanvallers en CCTV kameras beskerm jou teen die staat. Seker maar tyd dat plase soos winkels bedek word met kameras. Ai.

Yvonne ·

Geen regverdiging nie….die kwessie…rasgedrewe…ek kry die boere jammer…Here my gebed is vir ons land vir boere wat onder moeilike en gevaarlike omstandighede vir ALMAL kos op die tafel moet sit…U ken die waarheid en dit sal seevier..Amen

Stefaan ·

As jy iemand met ‘n yster pyp slaan is dit poging tot moord en nie as jy jou self verdedig nie.

ES ·

Van wanneer af is brugerlike-arres ontvoering? Waarheen het hul hom ontvoer? Dit is die grootste snert wat ek nog in my lewe gehoor het.

John ·

Ja wel, hulle kan nie sake uitsorteer nie want hulle is beperk in hulle vermoë…..blameer almal…. en hoop vir die beste….

Pieter ·

Die boodskap is duidelik… Dis al vir lang tyd wat hierdie aan gaan…
Ek het altyd gedink as kind dat alles ok sal wees want die dom mense sal mos leer en soos ons lewens aan gaan sal ons saam begin werk… Ek sien nou dat soos tyd verloop verander nie veel nie… Die haat en arrogansie raak net erger… Laat my nogal wonder en dink dat ons voorvaders nogal heel slim was om mense te lees… Hulel het hierdie nygings van die begin af gesien….

Regverdigheid ·

Wys jou net hul mag boere aanval en vermoor… as boere hul self verdedig is dit verkeerd pfffffffffff

Genis ·

Enige iemand met vestand weet dat n pyp n moordwapen is… Jy slaan iemand dood met n staal pyp…. So vele met staal pype en wapens kom om tee te drink? Ons regstelsel is lagwekkend

agnes ·

Klink vir my na logiese selfverdediging. Mens moet jouself en jou familie beskerm en standpunt inneem. Wat gaan tog aan in hierdie siek ANC land

Tino ·

Waar is die internationale MRK? Hierdie is pateties, die wat aangerand is word gearresteer, wat ‘n belaglikke spul!

Die polisie se rassisme en onbevoegdheid maak my braak.

Die boere moet sake van rassime oopmaak, geen witmens het ‘n reg nie want jy mag nie ‘n saak oopmaak nie.

Die selfbeheersing van die boere is merkwaardig.

So nou dat die konstruksie bedryf plat geval het agv die staat se mislukking om in te gryp kom hulle met dieselfde strategie om die landbou bedryf plat te laat val. Al hoe hierdie dinge gaan stop is waneer daar hongersnood kom.

Waar is Cyril nou?

Ali ·

So enige een mag nou ongeregtelik net in jou huis en privaat eiendom inkom en moor en dood soos hulle wil en as jy jouself en familie beskerm teen hul gruwel dade dan word die onskuldige aangekla, die Bybel was toe al die tyd reg gewees, dit wat goed is sal sleg word en dit wat sleg is sal goed word in die oe van gereg… Baie hartseer om dit te sien gebeur.. Isaiah 5:20

Outspoken ·

Hierdie land se regstelsel is genoeg om van naar te word, hulle het die polisie om hulp gevra dis geïgnoreer, slegs na die boere begin hulle self verdedig het en die oortreders begin terug hou het op ‘n effektiewe manier het die polisie besluit om op te daag en die boere word nou gestraf omdat die polisie nie hulle werk gedoen het en op ‘n klagte gereageer het nie!!!

Jannie van Niekerk ·

Die kastige werksoekers wou defnitief ‘n plaasaanval doen. Van wanneer af kom soek mens werk met ‘n vuurwapen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.