Piet Retief-skietery: Nóg ʼn man vas; betogings buite hof

Betogers buite die Piet Retief-landdroshof (Foto: Maroela Media)

Nóg ʼn man het Vrydag in die landdroshof in Piet Retief, Mpumalanga, verskyn in verband met die voorval net meer as ‘n week gelede op ’n plaas in die omgewing waartydens twee mans dood is.

Vier mans het reeds in verband met dié voorval in die hof verskyn en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het bevestig dat nog ʼn verdagte Vrydag vlugtig in die landdroshof verskyn het. Hy sal vandag saam met die ander vier beskuldigdes, Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53) en Ignatius Michael Steynberg (31), sy verskyning in die hof maak. Daar is volgens berigte moontlik ook ʼn sesde verdagte, maar dit is nie duidelik of die verdagte ook vandag in die hof gaan verskyn nie.

Die betogers sing en dans terwyl die polisie toekyk en wag hou (Foto: Maroela Media)

Volgens die klagstaat word elkeen van die beskuldigdes van twee aanklagte van moord aangekla. Malan word ook aangekla van dwarsboming van die gereg nadat hy glo geweier het om sy vuurwapen te oorhandig.

ʼn Groot groep betogers van die EFF en ANC drom sedert vroegoggend buite die hof saam. Die betogers sing en dans terwyl die polisie toekyk en wag hou.

Die betogers sing en dans terwyl die polisie toekyk en wag hou (Foto: Maroela Media)

Maroela Media het vroeër berig ’n groep van tussen 20 en 25 mans het op 9 April na die plaas Pampoenkraal in die Dirkiesdorp-omgewing in Mpumalanga opgeruk en glo gedreig om die bestaande werkers te verjaag omdat dié werksgeleenthede soek.

Hulle was glo met knopkieries, pangas en pype gewapen. Boere op die toneel is glo deur die betogers aangerand waarna daar glo uit noodweer begin skiet is om hulself teen die moeilikheidmakers te beskerm, terwyl hulle vergeefs op die polisie gewag het.

Twee broers, Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka, is doodgeskiet. Een van die bewerings wat nou gemaak word, is dat een Coka-broer die ander tydens dié wilde skietery doodgeskiet het. Die ander broer is daarna glo uit noodweer doodgeskiet.

Malan, Greyling, Klingenberg en Steynberg is ná die skietery vir die Coka-broers se moord in hegtenis geneem. Hulle het reeds verlede Maandag in die plaaslike landdroshof hul eerste verskyning gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Die mans is nou al klaar skuldig bevind aan moord, maar uit self verdediging opgetree. Hoe kom soek jy werk en julle is n klomp wat gewapen is met vuurwapens, knopkieries en wat nog. Ek hoop regtig die mans kry n regverdige verhoor en daar word na hulle kan van die saak ook geluister

Persheks Adri

Moet die EFF’ers altyd daar wees? Volgens almal daar is die boere klaar skuldig gggmmmfff. Ja nee ek sien die maskers en social distance en weereens doen die polisie nie hulle werk nie pffft! Die boere moes doen wat hulle moes doen juis uit selfverdediging uit magtag man

Werner

Die polisie se weergawe en wat werklik daar gebeur het verskil hemels breed.Daar kan nie reg en geregtigheid geskiet as jy met n rasistiese polisiediens en regering sit nie.

Johan

Die boere word met knopkierries en pangas aangeval en ingevolge Art 49 mag hulleself verdedig. Maar tog word Hulle gearresteer vir moord. Hoe werk dit?

Erika

Hoe Gerieflik Die Boere is ” Bad Guys” En die Ander Party is mos die ” poor victims”….
Die Boer mag nie hulle self verdedig nie.. Terwyl die Ander party Knopkieries en Pangas gebruik en maak soos hulle lus kry….. (met Polisie wat hulle Natuurlik sal ondersteun en hule kant sal kies.. Ipv Objektief neutraal te wees.) Snaaks daar word n Glad nie ophef so gemaak oor plaas aanvalle nie.-dit word nie eers Erken nie Ne