Piet Retief: Uitspraak oor borgtog dán gelewer

Die hof het Vrydag borgtog aan die vyf beskuldigdes toegestaan. (Foto: Tania Heyns)

Die vyf mans wat van die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka se moord op die plaas Pampoenkraal in Mpumalanga aangekla word, sal na verwagting voor die naweek hoor of hul aansoek om borgtog toegestaan word al dan nie.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het aan Maroela Media bevestig dat die landdros Vrydag uitspraak sal lewer in die borgtogaansoek van Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48).

Die mans het vandag weer in die hof verskyn waartydens die verdediging se kruisondervraging van die hoofondersoekbeampte, ao. David Nhlapho, voortgesit is. Die staat het sy saak daarna gesluit.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga, het gesê geen eiendom is vandag deur betogers buite die hof beskadig nie. ’n Swaar polisieteenwoordigheid het buite die hof geheers en die situasie was deurgaans rustig.

Maroela Media het vroeër berig Klingenberg het vroeër in sy eedsverklaring aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het toe hy een van die broers uit noodweer doodgeskiet het nadat dié broer verskeie skote op die toneel afgevuur het.

Dít nadat ’n groep betogers die noodlottige dag plaaswerkers geïntimideer en aangerand het om te verhoed dat hulle hul werk doen. Die betogers het na bewering aggressief voorgekom en het boere wat op die toneel gereageer het met onder meer stokke aangeval.

Volgens Klingenberg is die een broer moontlik deur die ander broer doodgeskiet. Klingenberg se medebeskuldigdes het op hul beurt enige betrokkenheid by die moorde ontken. Die staat het egter die mans se weergawes van gebeure bevraagteken en aangevoer dat hulle met ʼn gemeenskaplike doel opgetree het.

Lees al Maroela Media se berigte oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

gpsa ·

Waneer word die eintlike kriminele in hegtenis geneem? Die klomp wat die moeilikheid begin het en die klomp wat eiendom beskadig het tydens die hof verrigting. Weer sal dit slegs die wit boere wees wat gestraf word. Het ons regs stelsel bang geraak vir swart mense?

Persheks Adri ·

Regtig eers Vrydag? Die boere sit al klaar te lank na my smaak! Hulle moet uit kom ASAP en die klomp wat so gelieg moet toe gesluit word punt en die klomp betogers ook pffft! O ja ek leef in ‘n droom wêreld eish…

Pieter ·

Ons moet ons boere gaan by staan ons almal weet mos die ANC se regstelsel is n grap.

ES ·

Gelukkig is daar nou beeldmateriaal wat wys dat die boere vreedsaam was en die die Coka-broers met mekaar stry gekry het. Hierdie mans het uit selfverdediging opgetree. Die staat se saak word al hoe swakker.

Merov ·

Die oorlog teen Wittes sal eers in die howe en parlement as wettig bewys word voor dit sonder keer sal losbrand

Ben ·

Dis ‘n fout om te val vir die Blanke-haat opsweep propaganda van “die moorde”. Woorde het betekenis.
GEEN “moord” is bewys nie. Noodweer-manslag is nie eers strafbare manslag nie.

Misky ·

Hulle rek hierdie borgtog aansoek onnodig lank uit. Daai mans sit nou al van 9 April af en ek hoop hulle dagvaar die rook uit die staat en daai polisie wat gelieg het.

Blikkies ·

Absoluut skokkend. Hierdie mans hoort nie eers agter tralies nie. Ons regstelsels het ineengestort al is daar beeld materiaal wat die werklike omvang van die situasie uiteensit. Bleik die howe wend hulle nou slega na politieke uitsprake.

Genis ·

So gaan dit in SA, alles verval, en hulle beskerm hulle kaders, daar is nie meer reg en geregtigheid nie….

Madz ·

Waar is daai video wat die klomp “verontregtes” se weergawe betwis met die teendeel….??

Karina ·

Het die regter nie gesê die beeldmateriaal mag nie in die hof gewys word nie? Ek wil weet wat is sy rede, wil nie toelaat dat die wit boere hul onskuld bewys nie? Ek dink so

Anton J ·

Afriforum gaan nou weer ingryp om hierdie boere te red. Onnodige tyd en kostes a.g.v rassisme teen die blankes. Waar is Phakisi, daardie bevooroordeelde regter Hendricks wat rassisties op getree het in die sonne blom saak nadat die enigste oog getuie gejok het onder eed. Geen strafregtelike klagte is in gedien nie. Nadat die teendeel bewys was is geen vervolging teen Pakisie in gestel of dissiplinêre stappe teen die regter nie. Pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.