Piet ‘Skiet’ Rudolph oorlede

Piet ‘Skiet’ Rudolph. (Foto: Facebook)

Piet ‘Skiet’ Rudolph is Dinsdag net voor 17:00 in die ouderdom van 82 oorlede.

Rudolph was ’n prominente lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en onder meer ere‑president van die Orde-Boervolk, ʼn geheime organisasie wat in 1990 oorlog teen die regering verklaar het. Hy was ook sameroeper van die organisasie Boere‑Republikeine, ʼn organisasie wat die herstel van die voormalige Boererepublieke bepleit en bevorder.

Volgens Marius Harding, ʼn lid van die Boere‑Republikeine, was Rudolph laat Desember 2019 gehospitaliseer weens ʼn voet wat nie genees het nie as gevolg van diabetes. “Die voet is verlede week geamputeer. Oom Piet het stadig herstel, maar die laaste twee dae het sy toestand versleg.”

Rudolph het hom die laaste paar jaar daaraan gewy om kos en klere aan “boerekinders” te verskaf en “boeregevangenes” in die tronk bygestaan.

“Ons as Boere en spesifiek Republikeine het met die afsterwe van oom Piet ʼn ware volksheld verloor,” sê Harding. “Oom Piet was ʼn diep gelowige mens en het sy lewe aan sy eie naaste en Hemelse Vader gewy. Oom Piet sal onthou word vir sy besonderse gebede wat altyd die aanhoorders tot die besef gebring het dat oom Piet naby aan sy Skepper was.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

My innige meegevoel met die afsterwe van oom Piet. Mag elke boere hart in sy voetspore volg en sorg vir sy eie. Rus in vrede my oom.

Ria Maritz ·

Rus In Vrede my vriend.
Daar gaan ‘n man verby.
Saluut !

ZET ·

DIT was nou iemand wat GOD se werk gedoen het! Hy het na sy eie mense gekyk.

jaco ·

Toe piet skiet gepraat het van volkstaat en afskei vanaf die res van SA, het almal vir hom gelag:
Die regerende Nasionale Party het gesê dis rassisme en “dit kan nie werk nie”
Die regse Konserwatiewe Party en Herstigte Nasionale Party het ook gesê “dit kan nie werk nie” en gehoop hulle, wat nooit eens kon saamwerk nie, sal ‘n algemene verkiesing wen en dan apartheid terugbring
Wel wel, vandag 25 jaar later is ons mense ‘n onderdrukte minderheidsgroep en dit gaan net al slegter. Nou betaal oms die prys vir gebrek aan samewerking met mekaar, gebrek aam deelname aan verkiesings en simpel ondeurdagte verskonings soos “dit kan nie werk nie” en “daar is nie geld nie”

Cherokee ·

Op ‘n manier is dit dalk van pas om kommentaar mbt die berig oor Piet Skiet ‘n politieke kleur te gee.

Freek ·

Hy het die benaming “Boer” gestand gedoen. Niemand het ooit getwyfel waar jy met hom staan nie.
Só jammer

Andre ·

@Jaco – Die KP en HNP destyds het nie illusies daaroor gehad dat hul nie die verkiesing kon wen nie. Die rede waarom jou volk ‘n onderdrukte minderheidsgroep geword het, is nie weens die redes wat jy aanvoer nie. Die rede is eenvoudig: 67% van die volk het ja gestem vir hierdie bedeling. Oom Piet was ‘n yster.

Werner ·

Dit was nou n ware man van God wat vir sy naaste omgegee het

RR ·

Dankie Oom Piet vir jou alles wat jy gegee het vir jou EIE NAASTE dit is die pilààr van oorlewing vir minderheid.
Sterkte aan sy geliefdes.

Celia Tjaden ·

As ek mag vra MAROELA waarom plaas julle “boerekinders” en “boeregevangenisse” in aanhalings tekens?? Probeer julle polities korrek wees.
As ek kon, sou ek hom opgevolg het in sy onbaatsugtige liefdesdiens aan my verstote Boerevolk wat bitter swaarkry en waarvan selfs mede volksgenote mos wegkyk. Jesus het gese”Wie dit aan die geringste doen het dit aan My gedoen”
Saluut.

Cherokee ·

Celia, jy laat nou die vraag oop of ‘gevangenis’ die regte woord is. Is gevangenis nie bloot ‘n tronk nie? Miskien sou prisoniers die regte woord daarvoor wees.
In elk geval, enige lojale kenner van die boeregeskiedenis, sal weet die heengaan van Piet Skiet is ‘n verlies. Die man het ‘n merk gemaak in die onlangse geskiedenis.

Jeremia ·

Net vinnig ‘n aanskouingsles in die verskil tussen Boer en boer. Iemand wat boer (werkwoord) is ‘n boer (let wel – kleinletter; selfstandige naamwoord) op ‘n plaas. Oom Piet was ‘n Boer (let wel – hoofletter; ‘n selfstandige naamwoord wat verwys na ‘n lid van die Boerevolk). Dit is ‘n titel wat verdien is en nie enige-iemand toekom nie. En die polities korrektes sal seker hierdie kommentaar summier verwyder. Wees net bedag op die gekraai van die haan oor die miskenning van die bestaan van die Boer.

Vicki ·

Orde boerevolk, geheime organisasie, genade nee, maar ek is mal oor hul sin vir humor.

jaco ·

As minder mense vir hulle gelag het toe hulle in die 1980’s vir ‘n Boerestaat geaggiteer het en as meer mense net toe saam met Piet Skiet se mense gestaan het, was dinge dalk vandag ook anders/beter vir ons mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.