Piet ‘Skiet’ Rudolph oorlede

Piet ‘Skiet’ Rudolph. (Foto: Facebook)

Piet ‘Skiet’ Rudolph is Dinsdag net voor 17:00 in die ouderdom van 82 oorlede.

Rudolph was ’n prominente lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en onder meer ere‑president van die Orde-Boervolk, ʼn geheime organisasie wat in 1990 oorlog teen die regering verklaar het. Hy was ook sameroeper van die organisasie Boere‑Republikeine, ʼn organisasie wat die herstel van die voormalige Boererepublieke bepleit en bevorder.

Volgens Marius Harding, ʼn lid van die Boere‑Republikeine, was Rudolph laat Desember 2019 gehospitaliseer weens ʼn voet wat nie genees het nie as gevolg van diabetes. “Die voet is verlede week geamputeer. Oom Piet het stadig herstel, maar die laaste twee dae het sy toestand versleg.”

Rudolph het hom die laaste paar jaar daaraan gewy om kos en klere aan “boerekinders” te verskaf en “boeregevangenes” in die tronk bygestaan.

“Ons as Boere en spesifiek Republikeine het met die afsterwe van oom Piet ʼn ware volksheld verloor,” sê Harding. “Oom Piet was ʼn diep gelowige mens en het sy lewe aan sy eie naaste en Hemelse Vader gewy. Oom Piet sal onthou word vir sy besonderse gebede wat altyd die aanhoorders tot die besef gebring het dat oom Piet naby aan sy Skepper was.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danien

My innige meegevoel met die afsterwe van oom Piet. Mag elke boere hart in sy voetspore volg en sorg vir sy eie. Rus in vrede my oom.

Sobymykoolkop

Stil, broers, daar gaan ń man verby.

Me

Rus in vrede ‘n beter plek as op aarde en in SA

ZET

DIT was nou iemand wat GOD se werk gedoen het! Hy het na sy eie mense gekyk.

jaco

Toe piet skiet gepraat het van volkstaat en afskei vanaf die res van SA, het almal vir hom gelag: Die regerende Nasionale Party het gesê dis rassisme en “dit kan nie werk nie” Die regse Konserwatiewe Party en Herstigte Nasionale Party het ook gesê “dit kan nie werk nie” en gehoop hulle, wat nooit eens kon saamwerk nie, sal ‘n algemene verkiesing wen en dan apartheid terugbring Wel wel, vandag 25 jaar later is ons mense ‘n onderdrukte minderheidsgroep en dit gaan net al slegter. Nou betaal oms die prys vir gebrek aan samewerking met mekaar, gebrek aam deelname aan… Lees meer »