Piet Verster-moord: Polisie soek dié man

Piet en sy vrou, Adéle (Foto: Facebook)

Die polisie in die Wes-Kaap het Woensdag ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat gesoek word in verband met verlede week se moord op Piet Verster in Stellenbosch.

Maroela Media het vroeër berig Verster is deur twee mans oorval terwyl hy en sy vrou geslaap het. Nadat ʼn stoeiery tussen hom en die aanvallers ontstaan het, het Verster se seun, JP, met gholfstokke op die mans afgestorm. JP is verskeie kere met ʼn mes gesteek en is in die hospitaal opgeneem. Verster is op die toneel dood.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs en Piet se oom, het vroeër gesê JP se heldedaad tydens dié voorval het sy “jonger broer en ma se lewe gered”.

Die verdagte waarna die polisie op soek is (Foto: Verskaf)

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het Woensdag die publiek om hulp gevra om dié vermeende verdagte vas te trek.

“Enigeen met meer inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die persoon wat in die skets geïdentifiseer word, word versoek om die polisie te kontak,” sê Rwexana.

Lede van die publiek wat meer inligting oor die saak het, word versoek om sers. Steven Adams, die ondersoekbeampte, by 021 809 9140 of 072 074 6275 te skakel.

Harold was nie Woensdagmiddag onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vra maar net ·

Is die bygaande ‘(Foto: verskaf)’ die identikit van die verdagte. Indien so is dit dan nie ‘n foto nie?

Theresa ·

BAIE duidelike beeld om te help soek na die moordenaar!
Hoop hy word spoedig vasgetrek en gevonnis. Ook vir aanranding en huisbraak saam met die moord.

Kanjynoumeer ·

Vra maar net – aarde dit is ‘n moord ondersoek, tipies ons kan maar net nie saamstaan nie, moet kla en kerm en kleinlik wees oor als, wat maak dit saak of dit nou ‘n identikit of ‘n foto is – staan saam, soek die man dat hy kan boet vir sy dade.

Hester ·

Ek stem volkome saam met jou, ons kan net nie saam staan nie. As mense hulle besig hou met sulke kleinighede, dan wonder n mens soms oor die intelllegensie van die skrywer.

Justice ·

Save die verdagte se foto in pictures en klik op die “edit pictures” funksie – verlig die foto sodat die profiel duideliker uitstaan en hy meer herkenbaar op straat sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.