Pieter de Villiers vrygestel van SA Rugby-kontrak

SA Rugby het Woensdag bevestig dat Pieter de Villiers vrygestel is van sy kontrak met die rugbyunie om ʼn geleentheid in Frankryk te aanvaar.

De Villiers het hom in 2012 as konsultant by SA Rugby aangesluit en tot die einde van die Wêreldbeker-toernooi in 2015 in die Springbok-spanbestuur gedien.

Hy is vroeër vanjaar as assistentafrigter aangestel, maar het SA Rugby versoek om hom van sy kontrak vry te stel weens “gesinsverpligtinge”.

De Villiers is ʼn voormalige toetsstut vir Frankryk. Hy het tussen 1999 en 2007 in 69 rugbywedstryde vir Frankryk gespeel.

Volgens SA Rugby Magazine sal Matt Proudfoot die rol van Bok-voorspeler-afrigter oorneem.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cheers ·

JANEE tot hulle hol nou weg na ander lande … die skrif is aan die muur . springbokrugby is in sy dinges in.

Paul ·

So betaal hulle hom ook nou nie meer nie? Anders gestel, het hulle hom nog tot op hede betaal????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.