Pieter en Marco wen vyfde Epic-skof!

Die Kaapse natuurskoon is een van die Epic se groot trekpleisters. Foto: Twitter.

Die Suid-Afrikaanse vlag het vandag trots in die Kaap gewapper toe Pieter du Toit en Marco Joubert die vyfde skof van die Absa Cape Epic gewen het.

Die Imbuko-spanryers het die 115 km (wat die kwaai klim by Rusty Gate insluit) in 04:04:45 voltooi.  Andreas Seewald en Martin Stosek van Canyon Northwave MTB was in die tweede plek; amper drie minute stadiger as die Suid-Afrikaanse bergfietsryers.

Du Toit het verlede jaar saam met Phillip Buys die rooi trui as die beste span uit Afrika gedra en hy is goed op koers om dieselfde prestasie saam met Joubert te vermag.

Ruan Lochner (spanbestuurder) het ná verlede jaar se sukses gesê dat dit baie vir ’n jong ryer soos Du Toit se loopbaan beteken om met van die wêreld se voorste bergfietsryers skouers te stuur.

Vandag het hy nie net skouers geskuur nie, maar sommer saam met Joubert ook stof in die ander deelnemers se oë geskop.

In die vroue-afdeling het NinetyOne Songo Specialized die septer geswaai, maar twee plaaslike spanne het tweede en derde geëindig.

  • Uitslae van Skof V:

Mans:

  1. Imbuko: Pieter du Toit (Suid-Afrika) en Marco Joubert (Suid-Afrika).
  2. Canyon Northwave MTB: Andreas Seewald (Duitsland) en Martin Stosek (Tsjeggiese Republiek).
  3. Toyota NinetyOne Specialized: Matthew Beers (Suid-Afrika) en Christopher Blevins (VSA).
  4. Bulls: Urs Huber (Switserland) en Simon Schneller (Duitsland).
  5. Speed Company Racing: Georg Egger (Duitsland) en Lukas Baum (Duitsland).

Vroue:

  1. NinetyOne Songo Specialized: Haley Batten (VSA) en Sofia Villafane (Argentinië).
  2. Faces Rolla: Candice Lill (Suid-Afrika) en Mariske Strauss (Suid-Afrika).
  3. Private Client Holdings: Mari Rabie (Suid-Afrika) en Hayley Preen (Suid-Afrika).
  4. BMC MTB Racing: Pauline Ferrand-Prévot (Frankryk) en Robyn de Groot (Suid-Afrika).
  5. Symbtech ZA: Ariane Luthi (Switserland) en Amy Wakefield (Suid-Afrika).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.