Pieter Mulder glo deur EFF-LP uitgejou

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

ʼn LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het glo Vrydag vir dr. Pieter Mulder, die leier van die Vryheidsfront Plus (VF+), as ʼn “f****n boer” uitgejou en Mulder gevra om hom te “bl**sem”.

Wouter Wessels, ʼn woordvoerder van die VF+, het Dinsdag die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die LP, wie se naam in die stadium nog nie bekend is nie, het Mulder Vrydag “uitgelok” ná pres. Jacob Zuma se toespraak vroeër die oggend.

“Die man het op Mulder afgestorm en reg teen hom gaan staan en die aanmerkings gemaak,” het Wessels gesê. “Mulder het kalm gebly en weggestap.”

Julius Malema, leier van die EFF, het vroeër tydens die debat oor die president se Staatsrede Mulder in die parlement onderbreek en geskree: “Bring terug ons grond. Jy het ons grond gesteel. Ons soek die plaas.” Dr. Pieter Groenewald, VF+-LP, deur Andile Mngxitama, EFF-LP, was glo ook in ʼn woordewisseling betrokke waar Mngxitama weer die grondkwessie opgehaal het en Groenewald glo gevloek het.

“Ons dink die EFF maak ʼn punt daarvan om meer radikaal as die ANC te wees, en hulle teiken nou die VF+ om hul kiesers te wys hulle probeer iets regkry ná die verkiesing,” het Wessels bygevoeg. “Ons sal egter nie terugstaan nie. Die EFF se optrede gaan nie ʼn einde aan die land se probleme bring nie.”

Die speaker het ʼn vergadering vir Woensdag om 10:00 byeengeroep om die reëls en regulasies van die Nasionale Vergadering te bespreek. Albei partye se hoofswepe, dr. Corné Mulder van die VF+ en Floyd Shivambu van die EFF, gaan die vergadering bywoon. Mulder gaan die voorvalle tydens die vergadering bespreek, en het glo reeds onderneem om ʼn amptelike klag by die speaker se kantoor in te dien as daar nie opgetree word nie.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het aan die media gesê die party is nie bewus van die voorvalle nie en dat hulle sal die bewerings met die VF+ bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Trippie ·

Wel, ek is trots, baie trots om vir ‘n BOER “uitgeskel” te word – praat nou nie van die Russies wat dit voorafgegaan het nie.

Ek dink dit het baie wilskrag gekos om doodeenvoudig om te draai en te loop. Goed gedoen. Dan weer, ons is net anders opgevoed. Lê daardie klag Mnr Mulder.

Van wanneer af staan ‘n boer net terug – basta daarmee !

Henrietta Klaasing ·

Tipiese laer skool boelie gedrag, het dit baie as onderwyseres gesien. Die EFF-ers is te agterlik om te besef wat hierdie gedrag oor hulself sê. Die Bybel sê dat mens aan jou “vrugte” geken sal word. Woorde en dade is “vrugte” – net so wys Dr Mulder se “vrugte” van watter stoffasie HY gemaak is.

Elizabeth ·

Maar hoe word barbarsime en geskree toegelaat – wat het die Speaker gedoen?? Die spul moet ‘n finale waarskuwing kry dat sulke snert nie geduld sal word en dat hulle toegang geweier sal word as hul so sal optree! Alhoewel ek vir ‘n ander party stem druis dit in teen mens se opvoeding en doodgewone ordentlikehid dat sulke gedrag toegelaat word. Ek sê weer, soos ek voorheen al gesê het ek het die grootste respek vir dr Mulder. Ek bewonder sy optrede, maar ek hoop hy dring aan op optrede teen die onopgevoedes!

AmY ·

Wys jou net. Geen respek vir niemand nie. En hulle wil die land ‘bemagtig?’

Ja kyk. Ek sê niks verder nie.

Elize ·

Ja wat kan n mens beter van hulle verwag.Die 2 de Megabi.Mooi Dr. Mulder.Maar moet dit nie daar los nie asb.Hulle moet sommer uit die Parlement verban word.

Christo ·

n Miskruier weet waar na toe hy sy misbal rol .
Die EFF weet nie en rol dit deur die parlement .

Theresa ·

En wat gaan nou hieromtrent gedoen word? Dit wil ek bitter graag sien. Want as die bordjies verhang was, was die hel nou los. Amazing dat hulle net kan doen wat hulle wil……….Niemand het die &^^%$# om hulle op hulle plek te sit nie.

Francois Vermeulen ·

Ek het altyd gewonder hoekom sommige mense so gou beledig voel, terwyl ander net omdraai en wegloop, totdat ek Spreuke 12 vers 16 gelees het. Ek wonder nou nie meer nie.

Marlene Oosthuizen ·

As dit nou andersom was en dr Mulder het die EFF LP name genoem dan was hy vandag hoofnuus en die grootste rassis wat daar is. Wat gebeur nou? Net mooi niks. HUlle kan maar dreig met afneem van plase ens en jou enige iets noem – niks gaan mos met hulle gebeur. Jy kan jou ook soos ‘n nar in die parlement [wat in elk geval ‘n sirkus is] gedra en nog steeds word jy net uitgejaag om maar net weer terug te kom. Sien swarigheid vir ons.

Johann ·

Dr Mulder, u tree op as die sterker persoon want u laat u nie intimideer nie.

Elsabe ·

Ek bid regtig vir dr Mulder (Vryheidsfront plus) en al die mense wat my en elke persoon wat aan ‘n mindere regte groep behoort, se belange op die hart dra.Vir wysheid van ons Vader en vir kalmte as hy teen ‘n oormag te staan kom. Dankie Dr Mulder dat u bereid is om op te staan ten spyte van vernederings, aantuigings, uitlokking. Dankie dat u en die Vryheidsfront plus nog ‘n tuiste kan bied vir my&my gesin.

Conrad ·

Weet julle wat is die hartseer van sulke optrede deur die EFF en wie ook nogal. Die jeug en ander sien en hoor dit en dit word nou aanvaarbaar om so op te tree en goed te sê, want die voorbeeld word gestel. Mense gaan in die toekoms nie meer skroom om ander allerhande goed toe te spreek nie. Ek sien nog swaarigheid vorentoe en die EFF dra groot by daarna. Almal het mos nou se dae regte en kan sê en doen net wat hulle wil, want daar is ‘Human Rights’.

Shannon ·

hoe kan iemand na Doktor verwys as `n Boer ?!! Hy verwys dan nie eers na hom self as een nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.