Pieter Mulder tree uit

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die Vryheidsfront Plus.

Dr. Pieter Mulder (66), voormalige leier van die VF Plus, het Donderdag sy laaste parlementsitting bygewoon.

Mulder, een van die langsdienende parlementslede, het ʼn staande applous voor én ná sy toespraak deur die lede van al die politieke partye in die parlement gekry.

“Dit was vandag die beste getuigskrif wat dr. Mulder kon kry ná byna 30 jaar diens as parlementslid van Suid-Afrika,” het die party in ʼn persverklaring gesê.

“Dr. Mulder het sy mede-parlementslede in ʼn emosionele sitting gegroet wat spesiaal geskeduleer is om van hom afskeid te neem.”

Mulder gaan Vrydag tydens ʼn perskonferensie in Kaapstad sy bedanking as parlementslid amptelik aankondig en sy opvolger voorstel.

Hy gaan ook ʼn oorsig lewer oor sy indrukke en sy beoordeling van positiewe en negatiewe veranderinge in die parlement oor drie dekades, en die ses presidente wat gekom en gegaan het in die 29 jaar wat hy in die parlement was, beoordeel. Die presidente sluit in:

  • PW Botha: “Partypolitieke apparatchik”
  • FW de Klerk: “Goeie debatteerder en politieke dobbelaar”
  • Nelson Mandela: “Victoriaanse gentleman – wat net betyds bedank het”
  • Thabo Mbeki: “Britse intellektueel met ingewikkelde hang-ups”
  • Kgalema Motlanthe: “Wyse leier en vakbondman – wie se nederigheid na ʼn gebrek aan selfgelding lyk
  • Jacob Zuma: “Vriendelike en charismatiese tradisionele hoofman – wat nie president van ʼn land met ʼn ingewikkelde moderne ekonomie moes geword het nie”

Mulder gaan ook sy politieke “rooiligte” vir die toekoms aandui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Doring ·

Dr. Pieter, ons wens jou alles voorspoed toe. Wens daar was meer van jou soort in ons land.
Jy gaan baie gemis word. STERKTE

CG ·

Dr. Mulder. Baie dankie vir u bydra oor soveel jare. Hoop u bly steeds betrokke – u insig, oordeel, koel kop en eerbaarheid is nou nodiger as ooit. Ons het tans baie Afrikanerleiers wat my beindruk – geeneen laat my egter so veilig voel soos u nie. Mens weet maar net dat as u aan die woord is, word daar sinvol gekommunikeer. Ek het baie respek vir u!

Genieve ·

Kan die Dr ook nie Zuma so iets aanbeveel om OOK uit te TREE nie.

Herman Goosen ·

‘n Jammerlike gebeurtenis dat die bietjie leierskap in Afrika wat bestuurs kwaliteite ook het gaan. ‘n Merkwaardige man wat nie skaam was om op te staan vir ware geregtigheid asook vir sy mense nie.

SP ·

Ek groet jou as ‘n ware lewende Boereleier, een wie ek in my leeftyd geken het. ‘n Boereleier van wie ek die hoogste agting het. Dankie,

Welverdiend ·

Welverdiend Dr Mulder, ek gun jou die rus, ek is positief dat jou opvolger net so sterk sal staan vir ons!!!!! Steur jou nie aan negatief, jy het ‘n verskil gemaak – sowaar as dit nie vir mense soos jy was, sou Suid-Afrika sedert 1994 rommel status gehad het. Dit het sekere mense en leiers intussen kans gegee om te groei en ek dink tog daar gaan ‘n groot ommeswaai kom.

Hentie Smit ·

Dankie Dr. vir wat jy vir die Afrikaner gedoen het en ek glo nog sal doen. Jy ‘s ‘n Yster.

JdV ·

Dr. Mulder, ons gun u aftrede, maar bly asb steeds betrokke. U was nog altyd vir menige van ons ‘n rasionele stem tussen al die leë rasende blikke daarbuite. As daar net één parlementslid was waarna mens sonder wantroue kon luister, dan was dit u.

CG ·

Ek is oortuig daarvan dat indien Dr Connie Mulder destyds Eerste Minister geword het en nie PW Botha nie, was ons nou nog ‘n vrye volk.

Christi Rautenbach Rossouw ·

Dr./Prof.
U verdien die rus. Ek was van 1975-79 ‘n student van u. (BA Kommunikasiekunde, NWU)
Ek sal nooit u uitstekende klasse in Skakelkunde vergeet nie en hoe baie ons u geniet het nie!
U pad na die politiek was onvermydelik. U het u daar ook uitstekend van u taak gekwyt!
Geniet die rus.
Groete!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.