Pieter van der Westhuizen ʼn ‘held’ – prokureur

Pieter van der Westhuizen tydens ‘n rooftog by ‘n kerk. (Foto: Twitter)

“Pieter van der Westhuizen het opgetree soos ʼn held.” Só het die prokureur Ulrich Roux Maandag aan Martin Bester tydens Jacaranda FM se ontbytprogram gesê.

Van der Westhuizen, broer van die oud-Bok Joost van der Westhuizen, het Sondagoggend twee rowers tydens ’n gewapende rooftog by ’n kerk in Rooihuiskraal-Noord in Centurion doodgeskiet. Roux tree op as sy regsverteenwoordiger.

“My kliënt is baie getraumatiseerd, maar ons is bly dat geen onskuldige mense seergekry het nie,” het Roux gesê.

Van der Westhuizen het ʼn polisie-agtergrond en het ook omvattende opleiding in die hantering van ʼn vuurwapen ondergaan. “Sy opleiding het Sondag baie handig te pas gekom,” het Roux gesê.

Hy het ook benadruk dat die wapen wat Van der Westhuizen gebruik het, ten volle gelisensieerd is en dat hy sy volle samewerking aan die polisie gee.

“Ek dink baie mense sou bevraagteken waarom dit nodig is om ʼn vuurwapen saam te vat kerk toe. Nou kan ons terugkyk en dankbaar wees dat hy dit wel gedoen het. Hierdie is desperate tye en mense doen desperate dinge,” het Roux gesê.

Maroela Media het vroeër berig drie verdagtes het tydens ’n erediens by die Querencia Bedieninge-gemeente in Estcourtlaan ingestorm terwyl een verdagte in ʼn wegkommotor buite die kerk gewag het.

Twee van die verdagtes het deur gemeentelede se persoonlike besittings gekrap terwyl een van die verdagtes ʼn vuurwapen teen die pastoor, Kobus Erasmus, se kop gehou het. Erasmus is ook herhaaldelik met die vuurwapen oor die kop geslaan. Hy is nie ernstig in die voorval beseer nie.

Roux sê omdat die polisieondersoek nog aan die gang is, kan hy nie te veel sê oor Van der Westhuizen se weergawe van die gebeure nie, maar sê sodra die ondersoek voltooi is, sal sy kliënt bereid wees om oor die gebeure te gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Hy is n held!!! Minder tronkvoels en onskuldiges wat seerkry.

Magda

Yip – defnitief n HELD

Robert

Uitstekende werk.

Jaco

Held – ja
Reg opgelei om ‘n vuurwapen te hanteer – ja
100 ander posetiewe credentials – ja
Regte velkleur – NEE
Slegs omdat sy velkleur teen hom tel, sal ALLES wat in sy guns tel in die water gegooi word.

Adeline

Dankie onse Hemelse Vader – Skepper van die Heelal dat hierdie man daar was MET SY WETTIGE VUURWAPEN en ook kon WETTIG in GEREGTIGHEID optree. Hy is ‘n held met man moed.
Dankie Hemelse Vader – Skepper van die Heelal, vir antwoord op my gebede dat diegene wat misdaad pleeg U sal ontmoet in hul uitvoering van hul misdade.. In Jesus se Naam Amein.