ʼn Agtste kind is dood nadat ʼn bakkie wat skoolkinders vervoer het onlangs teen ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gebots het.
Willies Mchunu, van die provinsie se LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Woensdag in ʼn verklaring die afsterwe van Nonzuzo Zuma (11) aangekondig.
Zuma was een van die skoolkinders wat op 28 Januarie beseer is toe die bakkie omgeslaan en teen ʼn huis in Edendaleweg in Imbali gebots het. Maroela Media het vroeër berig ses kinders onder die ouderdom van 13 jaar is in die botsing dood en 18 is beseer. ʼn Sewende slagoffer is kort daarna dood.
Mchunu het gesê hy is baie hartseer oor Zuma se afsterwe, en het sy meegevoel met die meisie se familie betuig.
“Die regering sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om veiligheid op ons paaie te verseker,” het hy gesê. “Dit sluit die vervoer van leerlinge na skole in.”
Dis omdat hulle soos maniake ry en hul eie padreëls maak. Hier ry hulle oor rooiligte en stop by die groenes. Die arme kind het dit nou nie verdien nie.
Was van hulle voetgangers, of almal op die bakkie? Op daai stadium 6 dood en 18 beseer ! !
Die regering kan vir die kinders gepantserde voertuie ook gee, maar tot hulle nie van die maniak agter die stuur ontslae raak nie gaan die probleem nie weg gaan nie!
En onderhoud op voertuie is mos ‘n groot NEE NEE in somige kulture.