Pietermaritzburg-munisipaliteit glo diep in finansiële sop

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Die Msunduzi-munisipaliteit, waaronder Pietermaritzburg val, het slegs genoeg geld oor om nog een maand ten volle in werking te bly.

Nelly Ngcobo, die munisipaliteit se hoof- finansiële beampte, het Woensdag erken dat die munisipaliteit in die finansiële sop is en net genoeg geld oorhet vir een maand.

Dié uitlating is gemaak tydens ʼn vurige vergadering van die finansiële komitee waar senior beamptes geroskam is omdat hulle glo raadslede om die bos gelei en die munisipaliteit in chaos gedompel het.

Dié uitlating het talle vermoedens dat die munisipaliteit sukkel om kop bo water te hou bevestig nadat waarskuwingsligte al in die finansiële jaar 2016-’17 begin flikker het.

Die verslag wat tydens die vergadering ter tafel gelê is, dui aan dat die munisipaliteit se reserwe van sowat ʼn miljard na slegs R280 miljoen in die bank gedaal het.

Volgens Ngcobo is dit ʼn moeilike situasie aangesien organisasies genoeg geld moet hê om vir drie maande ten volle in bedryfswerking te kan wees. “Ons is in ʼn krisis gedompel, ons situasie lyk nie goed nie, die alarmklokkies lui,” het sy sigbaar ontsteld vir die raadslede gesê.

Sy hoop dat ʼn omkeerstrategie wat koste besnoei en geldinvordering verbeter die finansiële stand van die munisipaliteit sal red.

Mehmood Oumar, ANC-komiteelid, het geëis dat die betrokke beamptes na vore moet kom. “Wie is verantwoordelik vir die situasie? Hulle moet verantwoordbaar gehou word.”

Sandile Dlamini, ook ʼn ANC-komiteelid, het gesê die beamptes van die munisipaliteit het altyd ʼn antwoord op elke vraag, maar dinge verbeter nooit.

Raadslede van die DA en Inkatha Freedom Party (IFP) in die komitee het gesê drastiese stappe is nodig om die probleem op te los.

Volgens raadslede moet dié uitlatings ʼn verleentheid wees vir almal wat daarby betrokke is omdat dít die grootste munisipaliteit naas eThekwini in dié provinsie is.

ANC-raadslede het toegegee dat die probleme bestaan, maar ʼn beroep verwerp om die munisipaliteit onder administrasie te plaas. Hulle wou eers die omkeerplan van die bestuur sien voor hulle op ʼn volgende stap besluit.

Siswe Hadebe, stadsbestuurder, het egter die praatjies van ʼn krisis afgekam, maar bly hoopvol dat bystand van die provinsiale en nasionale tesourie asook die omkeerstrategie die munisipaliteit sal laat oorleef.

Dié verwikkeling kom te midde van ʼn betoging oor dienslewering waarin inwoners van Dambuza die bedanking van onder andere burgemeester Themba Njilo eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

honourable member ·

So lyk al die munisipaliteite maar. Wanbestuur.

Cherokee ·

Ek weet nie of wanbestuur noodwendig die regte woord is. Miskien dui dit meer op onbevoegde bestuur. Waarskynlik ‘n kombinasie van albei.

zoom zoom ·

Ek kan nie versraan dat die inwoners se hande afgekap is as dit kom by geldroof binne in stafsrade. Die burgermeester moet sekerlik gedagvaar kan word want hy moet toesien dat dinge regloop. Of is ek DOM

Annie ·

Hoe interessant… ANC raadslede verwerp die besluit dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word? Hoekom want dan raak dit aan hul sakke. Die beste vir die munisipaliteit sal wees om onder kuratorskap geplaas te word sodat die raad dan ontbind en al die raadslede dan ook dan afbetaal word en dan nuwe bestuurslede gekies word eers as die munisipaliteit dit weer kan bekostig… weet nie hoekom al hierdie munisipaliteite moet raadslede he nie.. die salarisse wat vir hierdie raadslede betaal word regverdig dit glad nie vir die bietjie werk wat hul doen nie.. ons kan gerus terug gaan na die bedeling waar raadslede glad nie vergoeding gekry het nie .. waar hul vrywillig sonder enige vergoeding hul dienste vir die gemeenskap aangebied het… maar nee almal wil vandag die “soustrein” ry.

Koos1 ·

Die een ANC lid wil weet wie verantwoordelik is daarvoor. Daai antwoord is maklik. Almal wat in die raad sit. Kos en drank by vergaderinge en konverensies kos geld!
Volgens wet moet die boeke geoudit word en deur die raad afgeteken word. Is dit gedoen?
Maar haai nee, daar is mos geen probleem nie, BTW en belasting is mos nou op, so Nasional Tesorie sal ons mos uit die gemors kom red, soos met SAL en ESKOM!

Denise ·

So lyk dit as jy alles net wil he en geen benul het van hoe dit nou regtig werk nie daar is net mooi niks wat staande gebly het nie dit is SKOKKEND on te sien hoe net mooi ALLES in die DREIN af is en wie moet ons bedank ???????

Elsa ·

Klop aan by ANC,,,Prioriteite moet reggeskuif word om eers die korruptes uit te kry en terugbetalings gedoen word vanuit die hoogste gesag…nie belastings opstoot om ‘n verkeerd reg te stel nie….nie annerjaar nie NOU !

EJ ·

Hulle moet minder na hulle agter sakke kyk. Nou moet onskuldige mense daar onder ly.

Callie ·

Almal wat so anti wit en politiek korrek is. Wys my wat in die land werk nog. As jou kultuur van so aard is en jou integriteit van so n swak standaard is dat jy nie eers skaam kry oor jou mense met alles misluk nie, dan wat maak dit van jou. Dis hoekom die Trumps van die wereld ons name noem. Die aan bewind bewys hoe reg hy is

SjN ·

Wil of kan hul nie besef hul is nie in staat om in beheer te wil wees nie, nog n bewys soos by alle organisasies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.