Pik Botha oorlede

Pik Botha

Oudmin. Pik Botha is Vrydagoggend in die ouderdom van 86 oorlede.

Botha se gesin het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Botha is einde verlede maand in die Unitas-hospitaal in Centurion vir toetse opgeneem. Hy en sy vrou, Ina, het in die Wonderboom-omgewing van Pretoria gewoon.

Botha was met ʼn dienstyd van 17 jaar tussen 1977 en sy 62ste verjaardag op 27 April 1994 een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake. Daarna het hy twee jaar lank in die regering van nasionale eenheid as minister van minerale- en energiesake gedien.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

adriana ·

Ai jammer om te hoor.
Sterkte aan die gesin, familie en vriende.

Vleisman ·

Rus sag ou grootte. Jy was ‘n legende. Maak nie saak wat nie.

HENNIE ·

So sad toe ek die nuus lees oor Oom Pik,waarlik iemand wat getrou en volhard het in sy werk as Minister,om bande te smee en konflik te vermy vir die stukke aarde wat nou n ashoop is,rus sag Oom Pik,sterkte aan Tannie Ina en gesin.

Anoniem ·

Sterkte aan die familie !!! Hoop hy kry ook n staatsbegrafnis was tot n minister .

BB ·

Dankie vir wat jy vir ons gedoen het.
Sterkte aan die familie maar ook aan die land waarvoor hy so lief was.

Breytenbach ·

‘n Reus het gekom en gegaan. Die geskiedenis sal hom nie vergeet nie. Gaan rustig,

van der Merwe ·

‘n Merkwaardige persoonlikheid. My man het die vooreg gehad om saam hom te werk – vlymskerp brein.

RG ·

Het nog altyd die grootste respek vir die MAN gehad. Rus in vrede, jy het voorwaar jou deel gedoen. Baie dankie.

Cherokee ·

Karools, as dit wat jy hier sê, onthou word, sal jy daaraan herinner word elk van die volgende kere wanneer jy die huidige bestel, die totale gemors waarin hierdie land verkeer, weer kritiseer. Jy moet van hier af slegs die ANC regering komplimenteer, lof toeswaai, anders sal jy herinner word aan wat jy hier gesê het.

Daleen Becker ·

Rus in vrede..Hy was een uit n miljoen..en was in sy leeftyd net goed vir ons land en sy mense…sterkte aan sy familie…

waarheid ·

Groot respek vir Pik gehad – en so sal dit bly.
Baie hard gewerk – ons het dit waardeer.
Rus lekker Pik Botha .

Oom Doug ·

Pik Botha, een van die beste ministers wat die land gehad het. Alle respek. Jy sal gemis word.

Patat ·

Rus in vrede Oom Pik, jy was ‘n wonderlike mens.
Sterkte aan sy gesin.

Jerry ·

My innige meegevoel en simpatie aan die familie. Minister Pik se staatsmanskap en onbaatsugtige diens aan die mense van SA sal my altyd bybly. Die leiers na wie ek kon opkyk was maar dun gesaai, Minister Pik was een van daardie min leiers van wie se uitnemendheid en menswees ek kon put en ook my lewe daarvolgens kon rig. Aan hom behoort dan nou ook die koningkryk van die hemele!

Des ·

Oom Pik, rus in vrede. Jy het ‘n wonderlike werk vir ons land gedoen. Ek het baie respek gehad vir jou. Sterkte aan die gesin

John ·

Die ANC se grootste kampvegter onder Afrikanerleiers is oorlede. Hy het op twee stoele in die VVO gesit en dit moes nogal gedoen gewees het. Miskien gee die regering vir hom ‘n staatsbegrafnis en laat die nuwe landsvlag halfstok hang uit erkentlikheid vir sy bydrae tot die nuwe bedeling.

Cherokee ·

John, jy moes in diplomatieke diens gewees het want hier dra jy ‘n waarheid oor op so ‘n netjiese diplomatiese manier.

Markus Senekal ·

Jy het jou deel gedoen Min. Pik, met waardigheid in n moeilike tyd in ons geskiedenis en dit altyd gedoen met jy ken ophoog. Op my eie ou dag sal ek dalk terug dink aan politici wat n blywende indruk op my gemaak het. Jy is beslis een van hulle. (Ek kan skielik nie aan ander dink nie). Vaarwel.
Ps. Het ons tog maar meer van sy intellek en integriteit in die 70’s en 80’s gehad.

Eugene ·

Stil! Daar gaan ‘n man verby. Staatsman. Aardsman. Hy kon baie maklik Staatspresident gewees het. Baie meer rugraat as al sy tydgenote.

trol ·

soveel ruggraat eugene dat hy by die anc wou aansluit of aangesluit het. maar nou ja, ripus sag ntate.

Christo Grobler ·

Rus ou groote. Daar het n eiende aan n era gekom. Hy was n groot rol speeler in di bewerksteling van die nuwe bedeeling.
Vol staats begraafnis is di minste wat die Rigeering hom kan gee.

Johannes ·

Die Pik wie se lof nou hier besing word… wie was hy????

Paul ·

Ek sal ook graag wil weet wanneer hy so wonderlik was. Op die ou end selfs ANC gestem. Nee wat, gaan verby.

B ·

Neem baie geheime saam met hom graf toe. Sal maar daarmee volstaan.

E.K. die eerste ·

As mens nie uit respek iets ordentliks kan sê nie, weerhou jouself van kommentaar lewer. As jy nie van die persoon gehou het is dit jou keuse, maar hou dan verby. Sterkte aan sy familie, mag hy in vrede rus.

Nel ·

‘n Tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan… gemengde gevoelens. Gemeet aan die diesulkes wat vandag die parlement vol sit was hy beslis ‘n staatsman.

Siestog de Jager ·

My innigste simpatie aan die Botha familie. Hy was ‘n staatsman en het gedoen wat hy geglo het was reg vir daai tyd.

Cherokee ·

Ramaphosa glo ook wat hy doen is reg vir hierdie tyd. Hou dan op om hom te kritiseer.

Waardeer ·

Vir die wat so vinger wys:

Wat het julle vir S A gedoen en beteken? Wat doen julle nou vir S A behalwe om te skel en vinger te wys?

Vertel ons gerus.

Pik Botha was vir my ‘n legende en ek sal hom altyd respekteer.

Cherokee ·

Ek weet nie wat jy waardeer nie en na aanleiding van jou aanhef sal jy sien dat jy nie met my praat nie, maar ek praat wel met jou. Ooglopend het jy ‘n probleem met die kind wat gesê het wanneer hy grafskrifte lees word net goeie mense begrawe. Gewoonlik is hierdie forums oorlaai met kritiek vanaf lesers wat hulself as konserwatief voorgee (en in die geheim DA stem), maar nou wil dieselfde ‘konserwatiste’ net komplimente uitdeel en geen kritici op die verhoog toelaat nie. As jy niks weet nie, moet nie jouself bewys nie.

Wortel ·

Ek skel en wys vinger want ek is ontneem van my stem en vermoe om iets te doen nog voor ek eers behoorlik kon loop of praat.

Cherokee ·

Stil stil, sonder om ‘n ophef daarvan te maak, in 2000 lid geword van die ANC wat winkel- en stasie-bomme geplant het in hierdie land en vir hulle gestem. Daar is meer maar jy vra nie asof jy werklik belangstel nie.

Pensioenaris ·

Behalwe dat hy n goeie staatsman was, was hy ook n mens mens. Het nie gedink hy was beter as ons gewone mense nie. Lekker met n potjie kos kompeties saam met ons gekuier jare terug. RIV Pik.

Manie ·

Ek sou nooit kon dink ek sal nou sê wat ek gaan sê. Maar ek’s nie een oomblik spyt hy’s nie meer hier. Hy en sy party het die wit Afrikaner baie skade aangedoen. Hulle was verantwoordelik dat jong seuns hulle lewens verloor op die grens terwyl hulle agteraf met die terroris onderhandel het. Hy en sy party het vir die mense van die land blatant gelieg net soos die klomp wat hulle nou aan die bewind het

Brandt ·

100% reg Manie, en die wat dit nie kan insien nie is blind.

Linda ·

Ek sou dink dat hy n staatsbegrafnis verdien. Hy was okay. Rus in Vrede.

Frans C ·

Die grootste probleem vir alle hervormers is dat die volgelinge/opvolgers van diegene met wie hul onderhandel,nie van dieselfde karakter en inbors is nie en dan die party wat hul ondersteun,vir eie gewin deur korrupte optrede gebruik.

‘n Mens sou graag wou glo dat die onderhandelaars meer insig as die gewone mens sou openbaar,maar dat die destydse onderhandelaars hul terdeë misgis het is duidelik uit die
haglike toestand warin Suid Afrika tans verkeer.

Daar is tans meer misdaad,veral moorde neem skerp toe soos blyk uit die volgende:
:South Africa has seen a 1 320 increase in murders, from 19 016 in 2016/2017 to 20 336 in 2017/2018. An average of 57 people are killed a day in the country, 46 of which are men, eight women and two children. This shows an increase from the average of 52 murder deaths a day in 206/2017.
The murder rate is up by 6.9% in 2017/2018.”(SA Police)
Voorheen gemiddeld 7000 per jaar.
Dit sê vir my een man-een stem stelsel,misluk.Onderhandeling tussen bevolkinggroepe
eerder as politieke partye sou mi ‘n beter oplossing gewees het.Elke volk kry % verteenwoordiging in parlement (400) volgens getal en behou vetoreg oor taal en onderwys wat uniek aan elkeen is. Daar is dus gemengde en eie inrigtings.
Alles tans net wensdenkery.

Waarheid2 ·

Gelukkig is ek nie skaam om te se ek stem nie DA nie.
Dankie @waardeer – dat jy weet waarvan jy praat en ook nie D A stem nie – het al vorige kommentare van jou gelees.
Dankie ook dal jy nie mede lesers uitkryt nie.
Rus in Vrede Pik Botha.
Sterkte aan die familie en vriende.

Oud Weermag Lid ·

Rus in Vrede ou Pik – jy verdien die rus. Jy het jou alles gegee.
Ons was en is nog steeds trots op jou.

Tessa Bruwer ·

Rus sag Oom Pik. Sterkte aan Tannie Ina en die familie. Hy sal verseker onthou word as ‘n groot sagte reus.

Nettie ·

“Laat die een wat sonder sonde is, die eerste wees om ‘n klip te gooi” – aan al diegene wat R. Botha, beteken bekend as “Pik Botha”, veroordeel en verwyt nou ná sy dood (terloops, waarom het niemand van julle vir hom dinge soos “verraaier” en “ANC-bondgenoot in die geheim” in sy gesig gaan sê nie?).

Al wat ek sê is: “Dankie Oom Pik, vir wat u ook al vir die land gedoen het toe party van u kritici hier nog nie eens gebore was nie. Rus sag en in vrede. Respek vir u en simpatie aan die familie”.

Cherokee ·

Gelukkig (en vir die eerste keer is ek trots daarop) het jy elders erken dat jy en ek nie nie altyd saamstem nie.

P Heigers ·

Kan ek help. Hy was die argitek vir oorgawe na die anti-chris. Die 3 stooges het net by Codessa dit finaal aan die ANC oorhandig

Hannah ·

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:
Ek hou van ‘n arm wat’ n slag kan slaan:
‘n oog wat nie wyk.
wat ‘n bars kan kyk:
en ‘n wil wat so vas soos’ n klipsteen staan-
Jan FE Cilliers

Rus in vrede Oudminister. Saluté!

anton ·

Wel as ek so na 99% van die kommentaar hier kyk, kan ek duidelik sien waarom ons land in die gemors is en ook altyd so sal bly!!!
Ek sê nog altyd en sê dit weer………….Ons is ons eie grootste vyand en ons is die rede waarom die land geval het!!!
Eintelik moet die meerderheid nie kla oor die situasie waarin ons volk hom bevind nie want die meerderheid was nog altyd blind en onkundig en het hulle die verkeerde mense ondersteun!!!

Erick ·

@Anton. Ek stem. As ek sê ons mense se Achilles heal is naïwiteit, dan raak mense kwaad vir my, maar dis die waarheid. Plaas dat dit reggestel word deur selfstudie en navorsing oor aktuele en dringende sake…maar nou ja.

Hein ·

Jip Anton kyk vir wie het die libs gestem en waar sit ons nou?
Kyk ook na die res van die wereld .Hulle is almal libs en hulle is besig om te val .So party lande is besig om regs te draai.Na vastigheid.

penny ·

Stem saam HNP ,baie bloed gevloei op grense en hul onderhandel met vandag se Heersers ???

Frans C ·

Dit maak nie saak vir wie jy ondersteun het nie of vir watter party jy gestem het nie,solank dit ‘n behoorlik oorwoë besluit was warmee jy kan saamleef het dit niks met ander uit te waai nie.
Moet net nie soos ‘n familielid nou sê;dit land is in sy moer en ek het nie geweet nie’,dan verloor ek my respek vir jou,want dan het jy nie jou huiswek gedoen nie en jou aan die neus deur slim politici laat ly.

Riaan ·

Anton, jy slaan die spyker op die kop – kan nie die totale onkunde begryp nie. Ek sien geen, maar geen hoop, met ‘n ‘volk’ wat siende blind en horende doof is nie.

Pot Sop ·

“Rus sag. Rus in vrede. Rus lekker.’

Alles niksseggende woorde.

Legende ·

Neem asseblief kennis dat dit nie veel van ‘n kompliment is wanneer jy ná iemand se afsterwe belei dat hy/sy “was ‘n legende” nie. As jou “legende status” eindig met jou afsterwe, dan was jy eintlik maar net ‘n gewone ou siel hier op aarde. Legendariese mense se legende leef voort na hul tyd op aarde tot ‘n einde kom.
Sê maar net.

Johanna Botha ·

As hy dan so wonderlik was hoekom is SA dan in so n groot gemors ?

Cherokee ·

Raak vraag, Johanna.
Ondersteuners van hom sal sê dat hy nie sy kollegas se samewerking gehad het nie. Teenstanders sal daarop wys dat hy nie net ANC gestem het maar ook ‘n lid geword het daarvan en hulle gehelp met oorname.
Bewyse neig om te dui op laasgenoemde. Een van die faktore was Pik was ‘n spreker soos min en het ‘n groot massa van die ja-stem se hoop op homself gevestig.

LHS ·

Pik se lewe kan in fases verdeel word. Aan die een kant baie beteken vir S.A. veral wat buitelandse sake aanbetref , goeie diplomaat, strateeg, goeie menseverhoudinge, mens vir mense, kuiermens, maar dit is myns insiens ook een van die grootste redes wat hom laat verander het. Jare lank was sy vrou baie siek, dit moes ook maar baie van hom gevat het. Saamgevat, as jong politikus, briljant. Maar dan word hy al hoe dieper in die broedersbond en ander organisasies ingetrek en stelselmatig verander in n puppet soos al sy ander nasionale party kollegas. Niemand so blind as die wat nie wil sien nie, iemand verwys hierbo na baie geheime saam met hom graf toe, verseker is dit so. Pik was in n posisie waar hy nie net vertrou is maar ook gewild was by die meeste mense en dit het ongelukkig gehelp om Frikkie de Klerk se verraad stukrag te gee. Vind maar self uit hoe het hulle in Limpopo op lodges met die ANC oor uiters belangrike sake onderhandel. Snaaks hoe vinnig probleme langs n rivier na n paar glasies Coke opgelos kon word. Pik se lewe, hoogs begaafde breinkrag, eie denke ens. was mettertyd so vasgevang in n liberale, kommunistiese siening dat hy ook maar net saam met al die ander N.P. verraaiers moes aangaan. EINTLIK ONGELOOFLIK TRAGIES, van briljant tot ANC lid.

JAN ·

Wat is die begrafnisreëlings?
Mag ons weet?
Dink aan Genl Louis Botha staatshoof wat nie staatsbegrafnis gehad het nie. Oor die groot griep ramp.

Emiel ·

Wie sou nooit kon raai dat een van die argitekte van ons ondergang met soveel deernis deur sy slagoffers onthou sou word? Klink soos Stockholm sindroom.

Rudi Kretschmeier ·

Pik Botha, Ruhe in Frieden, der Herr sei mit Dir!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.