Pikitup-hoof kry trekpas

Amanda Nair, Pikitup se besturende direkteur.

Amanda Nair, Pikitup se besturende direkteur.

Amanda Nair, die omstrede besturende direkteur van Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup, is Vrydag amptelik afgedank.

Haar afdanking volg ná die bevindinge van ʼn onafhanklike forensiese ondersoek na bewerings van wanbestuur.

Jackie Mashapu, Pikitup se woordvoerder, het gesê die maatskappy se direksie het besluit dit is in die beste belang van inwoners, werkers en die maatskappy self, om met onmiddellike inwerkingtreding Nair se kontrak te beëindig.

Nair is in April vanjaar op “spesiale verlof” geplaas te midde van die munisipale werkersvakbond Samwu se bewerings teen haar wat gepaardgegaan het met verskeie protesaksies.

Sy is verlede jaar in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van maatskappyselfone wat glo onregmatig aan haar en haar kinders uitgereik is. Sy is egter deur ʼn hof onskuldig bevind.

Samwu het daarna nuwe bewerings teen haar gemaak en geëis dat sy van haar pos onthef word. Bewerings teen haar het opgevlam toe Pikitup-wekers op 9 Maart op ʼn onbeskermde staking gegaan het en geëis het dat hul salarisse verhoog word en Nair afgedank word. Na aanleiding van Samwu se bewerings is ʼn 30 dae lange onafhanklike ondersoek van stapel gestuur om die bewerings rakende Nair te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jaco ·

Nadat die DA die beheer van n paar munisipaliteite oorgeneem het, het hulle belowe niemand gaan afgedank word nie. Maar hier word nou nog een afgedank. En het die DA wat nou so vol bravade mense afdank vergeet daars die CCMA wat deur die ANC-regering beheer word?

Oosie ·

Niks met DA te doen nie. Hierdie probleem broei al twee jaar indien nie langer nie. Die regte ding het gebeur en moontlik sal Jhb weer gediens word. (Om skoon te kom is egter ‘n perd van ‘n ander kleur, hierdie ouens het ongelooflike skade aangerig in die omgewing waar ek werk.)

Griki ·

Pickitup is ‘n private maatskappy wat deur Jhb gekontrakteer is om vullis te verwyder en het niks met die DA te doen nie.

Cherokee ·

Oosie en Griki, julle is reg. Dit is nie net die DA wat so is nie, die ANC is selfs erger.

Piet Pompies ·

Korreksie, die DA het gese hy gaan niemand afdank, maar as jy bedrog gepleeg het gaan ons dit ondersoek en indien jy skuldig is moet gereg geskied.

Veritas ·

Ek verstaan dat sy in die hof onskuldig bevind is op die aanklagtes. Indien dit so is, behoort die landdros/ regter ondersoek te word. Iets klink baie verdag hier.

Jan britz ·

Wil die direksie nie maar sommer ou Jakob ook ondersoek en afdank nie! Hulle sal meer as genoeg redes kry!

KarooKlong ·

Enige persoon in ‘n bestuurshoedanigheid wat anti vakbond is of selfs net voorkom asof jy nie die vakbonde se eise wil nakom nie se loopbaan is gedoem.

Piet Snot ·

Klong, ek het self die indruk gekry haar groot sonde is dat sy van arbeiders verwag om actually te arbei.

Lance ·

Sy moet net trap …sy het haar toets gedop …USELESS ! Kry asb iemand wat wil en wat kan werk en gewalifiseer is ASB !

Johanna Botha ·

Goeie jimmel mems kan tog nie verwag die DA moet die slems behou nie. Neewat sy moet net gaan sy het net skouers opgetrek met die staaking …en dis netnie goed genoeg nie …gaan huil maar op jou ashoop want dis waarmee jy die stad los

Maria ·

Ek is self ñ vrou en glo my daar is min wat ek nie net so goed soos ñ man kan doen nie. Ek dink net dat vrouens nie in beheer van sulke groot operasies kan staan nie. Kyk maar in watter verknorsing die SAA is olv ñ vrou. …

Cherokee ·

Dit is duidelik dat jy nie weet wat vroumense kan doen nie. Besef jy nie dat van die grootste wêreldleiers vrouens is nie? As jy werklik dink dat vrouens nie groot organisasies kan hanteer nie, kontak Hillary en vertel die blêddie vroumens sy moet eenkant toe staan want Donald sal beslis die Amerikaanse organisasie beter hanteer.

KarooKlong ·

My pa het my geleer jy trap nie op die pantoffelregering se pantoffels nie.
Rule no 1. She’s always right.
Rule no 2. If maybe she’s wrong, rather refer back to rule no 1.

Jdv ·

Maria, jy slaan darem daai bal ver mis. Die Hoof Uitvoerende Beampte van Santam is n vrou!!!! N maatskappy wat 20 keer die omset en personeel het as Pickit-up…….en Santam se aandele is baie gesogt……so jou stelling is bitterlik verkeerd.

Savethetigerplz ·

@Griki – Pikitup behoort aan die Johannesburg stadsraad ☺

snoefie ·

was daar nie al gestaak dat Jacob afgedank moet word nie????? as jy toegee aan een lit stakers, gee toe aan almal. BTW, samwu sit agter die staking. hulle is dus verantwoordelik vir die skade wat die “pikitup” stakers aangerig het. die da kan dus n ska defer go editing eis laat aflewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.