Pikitup-lede moet dadelik terugkeer werk toe, sê Samwu

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Die nasionale kantoor van die munisipalewerkersvakbond Samwu het Vrydag sy streeksleierskap versoek om lede by Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup, toe te laat om dadelik terug te keer werk toe.

Pikitup-werkers maak amok in die stad sedert die staking oor salariskwessies begin het, deur vullisdromme dwarsoor die stad om te keer.

Stakende Pikitup-werkers het egter glo Vrydag met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en beamptes van die Johannesburgse metropolisie in Rissikstraat gebots. Die stakende werkers is met skokgranate bestook in ʼn poging om hulle te verjaag.

Een besering is aanvanklik aangemeld, toe ʼn vrou glo deur ʼn rubberkoeël getref is. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Paul Tlhabang, streeksadjunksekretaris van Samwu, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Vrydag is die derde dag van die onwettige staking, ondanks ʼn ultimatum wat die maatskappy Donderdag uitgereik het dat die werkers moet terugkeer.

Volgens ʼn verklaring wat namens Samwu se nasionale kantoor uitgereik is, het die vakbond met streeksleierskap, wat tans die betogings lei, in gesprek getree. “Ons het stappe gedoen om seker te maak dat ons lede se wettige griewe aangespreek word en ons sal in dié verband met Pikitup-bestuur vergader. Ons doen ʼn beroep op lede by Pikitup om terug te keer werk toe, sodat die proses voortgesit kan word. Ons lede moet terugkeer werk toe sodra die volgende skof begin,” het Samwu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

simba ·

besef die stakers dat die strate wat hulle so besoedel met hulle belaglike eise skoongemaak moet word uit belasting geld wat die inwoners betaal. dis net weer teer op n ander se swaar verdiende geld. rommelstrooi is n kriminele oortreding en moet as sulks gestraf word.

Daleen ·

Ek is regtig al gatvol vir stakings. As dit nie by die myne is nie,dan is dit by die universiteite(wat hulle ook afbrand en verniel) Besef hulle dan nie dat hulle die land in choas dompel nie? Regtig mens het nie verstand nodig om dit sien nie. Nogtans ploeter hulle aan en aan dit hou net nooit op nie.

Yvonne ·

Ek was onlangs in Quatar. Dis pragtig daar met blomme oral langs die strate, op die middelmanne en selfs in hangmandjies vir kilometer op kilometer. Dis ook silwerskoon en ons het regtig nêrens soveel as ‘n enkele papiertjie sien lê nie. Die jong man wat ons begelei het, het vir ons gesê dat mense nie sal droom om te mors nie want die neergooi van selfs net ‘n flentertjie papier sal jou ‘n boete van die ekwiwalent van R500 kos…………..

Charlotta ·

Hulle sal nooit gestraf word nie, want so wil hulle leef, in die gemors. Jammer ons moet alles deurmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.