Pikitup sal nie inwoners se fooie terugbetaal

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, het Woensdag gesê inwoners se maandelikse fooi sal nie terugbetaal word nie ten spyte daarvan dat die maatskappy nie sy dienste ten volle kan lewer tydens werkers se staking wat al die afgelope vier weke duur nie.

Jacky Mashapu, woordvoerder van die maatskappy, het in ʼn verklaring gesê die maatskappy is oorval met versoeke van inwoners wat eis dat hul geld terugbetaal word, maar het gesê “die saak is ingewikkeld”.

“Pikitup wil beklemtoon dat die vullisverwyderingstarief ʼn maandelikse tarief is wat gebaseer is op die waarde van die eiendom soos deur die Stad se vasgestelde tariewe bepaal. Die tarief kan nie gespesifiseer of per vullisdrom bereken word nie en is ook nie gegrond op die hoeveelheid vullis wat verwyder word nie,” het Mashapu gesê.

“In die geval waar vullis nie verwyder word nie weens onvoorsiene omstandighede soos stakings, ongure weer of ʼn vullistrok wat onklaar raak, word gebeurlikheidsplanne in werking gestel om die agterstand van die vullisverwydering in te haal.”

Ongeveer 4 000 Pikitup-werkers verbonde aan die munisipale werkersvakbond Samwu is sedert 9 Maart op ʼn onbeskermde staking. Hulle eis dat lone van R6 000 na R10 000 per maand verhoog word en dat Amanda Nair, Pikitup se uitvoerende direkteur, afgedank word.

Sedert die staking begin het, het die Samwu-lede doodeenvoudig ontslagkennisgewings van Pikitup, versoeke om terug te keer werk toe en twee hofinterdikte teen die staking geïgnoreer. Die werkers het voortgegaan met betogings in die Johannesburgse sakesentrum en Braamfontein waartydens munisipale eiendom beskadig en vullis in die strate gestrooi is.

Mashapu het gesê hulle is spyt oor die ongerief wat inwoners weens die staking moet verduur, maar dat hulle alles in hul vermoë doen om daaglikse bedrywighede te herstel. “Ons verwyder soveel vullis as moontlik volgens ons gebeurlikheidsplanne.”

Dit kos Pikitup glo R1 miljoen per dag om privaatkontrakteurs te huur om die vullis te verwyder en veiligheidsbeamptes te betaal om hulle te vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jordaan ·

Dit is seker waarom regeringsinstellings vrygestel is van gebruikers beskermings wet, sodat hulle kan wegkom met nonsens soos die.

snuffels ·

R6000 n maand vir gemors wat vuilgoed optel??? Dink nie eers julle is dit werd nie

Dee ·

en so gaan dit voort. Die gewone mens op straat betaal die prys en verduur die ongerief. En almal was hul hande in onskuld. Maar sou jy nou wyer om te betaal, sjoe ……

Cherokee ·

Wyer om te betaal of nouer om te betaal, iets breër sal daaromtrent gedoen moet word.

Andrè Du Plessis ·

1 miljoen rand ñ dag, dan het daardie mense van pikitup ñ helse omset, en hulle wil nie die mense ñ verhoging gee nie, iets ruik vrot, he he

Elaine ·

Sit ek ook nou en wonder Andre. Iemand lag al die pad bank toe en dit is nie die mense wat vir hulle werk nie.

Jaco Grobler ·

Afhangende van wat jy as JHB beskou is daar tussen 5 en 7 miljoen mense. R 1 miljoen is ‘n druppel in die emmer om DAAI werk te doen. Ek sien graag hoe ver kom jy om so klomp vullis te verwyder vir R 1 miljoen?

Tiger ·

Waarom moet hulle veiligheidswagte huur om die kontrakteurs te beskerm??Waarom doen die SAPD nie hul werk nie???Hulle word met BELASTINGBETALERS se geld betaal om ‘n diens te lewer maar meeste sit net en vet word.Happy Suid Afrika!

tjaart ·

Dit is nie die werk van die SAPS om hulle te beskerm nie. Hulle is daar om wet en orde te handhaaf.

Willie ·

Haha Tiger, dan moet die staat n Picitup kry om die slaapende SAPD uit hulle stoele op te tel..

AmY ·

Ag ons is al tog gewoond daaraan om te betaal vir diens wat nie gelewer word nie.

amelia ·

Dis belaglik daar is mense wat nie eers kos het nie nou onnodig betaal vir vullis verwydering Ander moet net betaal (Ek sit met geval waar tv lisensie betaal is nou wil ssauk my dagvaar ) Somige mense soek net geld en res moet net betaal om prokureur te kry gaan nog meer kos so betaal maar weer eens Al so moeg vir mense wat net wil staak Hul mos geweet wat gaan hul salarise wees Hoekom dan die werk gevat as jy nie wil werk nie

Willie ·

Amelia, kom ons kyk na kultuur. I sommige kulture werk mans nie… ek dink ook dit dra oor na geslagte. Dis n he en vat kultuur. Iemand anders moet vir ons sorg.

John ·

My seun is ‘n IT Tegnikus by EOH en word maar ‘n skamele R7500 pm betaal. Hierdie mense dink seker jy het nie geleerdheid nodig om groot geld te verdien nie soos die voorbeeld wat hul president stel.

John ·

Een van die dae gaan huiswerkers en tuinwerkers ook seker ‘n minimum loon van R10 000 pm eis, lol.

TINA ·

JOHN JYS REG EK STEM SAAM MET JOU EK WERK BY N PLEK EN KRY MAAR R4000 N MAAND SO DAN SAL EK OOK GRAAG DAAI WERK WIL HET VIR R6000 -R10 000 WEET NET NIE OF EK AL DIE STINK GAAN HANTEER NIE …….HAHAHA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.