Pikitup-werkers kry Maart-salarisse ondanks staking

Pikitup-werkers het tydens hul staking in Maart 2016 vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het tydens hul staking in Maart 2016 vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup het Donderdag salarisse aan sy werknemers oorbetaal, ondanks die feit dat hulle al vir die grootste deel van die maand staak.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag bevestig sy lede het hul salarisse ontvang, maar kon nie bevestig of al 4 000 wel hul salarisse ontvang het en of enige geld afgetrek is vir die dae wat die lede nie gewerk het nie.

Ongeveer 4 000 Pikitup-werkers, wat lede is van Samwu, het op 9 Maart met ʼn onbeskermde staking begin. Hulle eis salarisverhogings van tussen R6 000 en R10 000 per maand en dat die hoof, Amanda Nair, moet bedank.

Jacky Mashapu, woordvoerder van Pikitup, het gesê die maatskappy sal werkers se salarisse van volgende maand af terughou, soos in die verlede gebeur het tydens soortgelyke stakings. “Die proses is nie dadelik nie. Salarisse sal volgende maand teruggehou word vir die dae wat daar nie gewerk is nie.”

Mashapu wou nie bevestig hoeveel dae se salaris teruggehou sal word nie, en verduidelik dat dit eers bepaal sal word wanneer die staking tot ʼn einde gekom het. “Die beginsel van geen-werk, geen-betaling, geld. Ons sal bepaal hoeveel dae [die werkers] nie gewerk het nie,” het hy gesê.

Tshidi Mfikoe, burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir die omgewing- en infrastruktuurportefeulje, was nie beskikbaar nie, aangesien sy met verlof is.

Mashapu het bevestig die staking kos hulle R1 miljoen per dag, maar aangedui die geld word uit die stad se gebeurlikheidsbegroting betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

hans ·

Ongelooflik! Mense kry salaris terwyl hulle geen werk gedoen het nie. Miljoene rand is bestee aan buitekontrakteurs om die vullis te verwyder.

Wat-ek-lees ·

Lekka man, somma baja lekka man.
Tot die salarisse is ‘n ‘Pikitup’.
Soos jy sê Garath, en ook sommer ‘n vullisverwyderingstatus.

Veritas ·

Wat ‘n lekker joppie! Die toegeëry aan eise van protesterende studente en plunderende stakers , gaan die land nog duur te staan kom. Hiermee word ‘n verkeerde kultuur gevestig wat binnekort gaan ‘backfire’.

postaffie ·

die stakers betaal nie erfbelasting in die dorpe waar hulle staak , vandaliseer of rommelstrooi nie. vandalisme en rommelstrooi is KRIMINELE OORTREDINGS. hoekom word hulle nie daarvoor gearresteer nie? die anc het gese dat die betrokke unies verantwoordelik is vir alles skade wat hulle lede aanrig. tot here het been unie nog n sent betaal vir die chaos wat hulle lede saai nie. vullis wat uitgekeer word moet skoongemaak word.as die unies nie betaal vir die skoonmaak nie moet hulle self skoonmaak.

scalla ·

No Work, No Pay, hoe moelik kan dit wees om dit te bereken

Elza ·

Tyd het aangebreek dat verantwoordelike werkers indiens geneem word en mense sonder ‘n werk, wat wil werk indiens geneem word ,,al hoe stakers gaan leer ,” pas jou werk op”
wet en orde moet prioriteit kry

Tiger ·

”Verantwoordelike werkers” sit almal nou oorsee of by die huis.Die res van die “werkersmag” in die land dink net aan die volgende staking en geweldadige protes optrede!Hoe staak mens en kry dan nog jou salaris?Dit gebeur NET in die NSA!Belaglik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.