Pikitup-werkers weer op hul pos

Pikitup (Argieffoto)

Pikitup (Argieffoto)

Stakende lede Samwu-lede by Pikitup het Saterdag weer begin werk ná ʼn tweede onwettige staking.

Jacky Mashapu, woordvoerder van die maatskappy, het gesê die vakbond het ingestem om die onwettige staking op te skort na ʼn vergadering Vrydag tussen die twee partye.

“Die stad Johannesburg het dit duidelik aan die vakbond gestel dat hy nie gaan onderhandel terwyl werkers in die strate rondloop tydens ʼn onwettige staking nie, aangesien dit ʼn slegte presedent sal skep,” het Mashapu gesê. “Die vakbondverteenwoordigers het ingestem om die staking op te skort, en werkers het Saterdag teruggekeer.”

Pikitup-werkers het Vrydag weer begin staak, skaars drie weke na ʼn ooreenkoms met die werkgewer gesluit is, nadat Jacob Mamabolo, Gautengse LUR van menslike nedersettings en samewerkende regering, ingetree het.

Die werkers het op 23 November begin staak en salarisverhogings van R6 000 tot R10 000 geëis en daarop aangedring dat die maatskappy salarisongelykhede moet ondersoek. Hulle het ook geëis dat die besturende direkteur, Amanda Nair, moet bedank.

Honderde werkers het Vrydag begin staak en geëis dat hulle ʼn 14de tjek moet ontvang, nadat die vakbond glo aangedui het dit is ʼn eenmalige aansporingsbonus wat Pikitup sal betaal as deel van die ooreenkoms.

Mashapu het gesê konsultasies met Samwu duur voort.

Rommel en vullis het tydens die vorige staking in Johannesburg se middestad en woonbuurte opgehoop. ʼn Hofinterdik wat Pikitup teen die stakers bekom het, is geïgnoreer en die maatskappy het die Red Ants-veiligheidsdiens aangestel om die agterstand op te ruim. Minstens vier kontrakwerkers is tydens die staking geskiet.

Lees alle vorige berigte oor Pikitup op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Ons het nie meer Pikitup nodig nie. Daar is in elke woonbuurt ‘n klein sakeman wat die woonbuurt se asblikke sal hanteer vir die helfte van wat Pikitup ons kos. Die diens sal gelewer word, EN die asblikke sal twee keer langer hou as wat nou die geval is met Pikitup wat hulle lorries ry soos Formule 1 jaers, en kyk hoe hard hulle ‘n asblik kan gooi voor hy oop bars. Dis kos ‘n huis-eienaar tans R72, 55 (Hier by ons) om ‘n asblik wat hy self op die sypaadjie sit, in ‘n lorrie te laat gooi, en dan agterna te loop en die helfte van die vullis wat in die proses uitgeval het, weer op te tel.

Ben ·

In Nelspruit betaal ek op 4-sent na; R175.00 (BTW ingesluit) vir ‘n maand se optel by die munisipaliteit. Las daarby R55.00 vir 135-mikron plastiekswartsakke wat ons dubbeld moet gebruik of alles val in elk-geval uit met skeuring en so word dit ‘n duur storie vir Nelspruiters. En ja, die straatbesoedeling moet ons ook self agterna doen.

Wikus ·

Bra Cyril we are còmming after “You” Dont think your BEE fortjion are gòing to save your ass .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.