Pikitup wil stakers afdank

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup het Sondag gesê hy is steeds besig om vooraf bedankingskennisgewings aan stakende werkers van die munisipalewerkersvakbond Samwu uit te reik, en hoop dat normale dienste Maandag sal hervat.

Die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy het Samwu se versoek uit sy nasionale kantoor, dat lede moet terugkeer werk toe, verwelkom.

“Pikitup reik steeds die vooraf kennisgewings van bedanking uit, aangesien werkers versuim het om Donderdag, 10 Maart, terug te keer werk toe,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Die werkers het ook nie reageer op hul eie vakbond se versoek om Vrydag te begin werk nie.”

Pikitup het ʼn ultimatum aan die werknemers uitgereik om Donderdag teen 12:00 terug te keer werk toe, maar dit is openlik geïgnoreer. Die werkers het die staking in die strate voortgesit, en ʼn spoor van gemors dwarsoor die Johannesburgse middestad agtergelaat.

Pikitup-stakers het Vrydag met die polisie gebots en sommige persone is beseer, terwyl hul vakbond hul aangemoedig het om terug te keer werk toe, aangesien onderhandelinge voortduur.

Die werkers het Woensdag met die onwettige staking begin – die vierde sedert November 2015. Hulle eis salarisverhogings en dat hul werkgewer, Amanda Nair, moet bedank.

“Altesaam 19 werkers is in hegtenis geneem ná die oproerige gedrag,” lui die verklaring. “Elf persone is vrygelaat weens ʼn gebrek aan getuienis, maar die res sal in die hof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging en intimidasie. Nog inhegtenisnemings word verwag.”

Paul Tlhabang, adjunkstreeksekretaris van Samwu, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar oor die afdankings nie.

Die maatskappy vra om verskoning vir inwoners en ondernemings wat hierdeur geraak word, en raai hulle aan om van Maandag hul vullisdromme uit te sit volgens die normale skedule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

wynand ·

Hulle leef so .Dit is nie onbekend aan hulle nie.Gaan kyk hoe lyk maar waar hulle woon.

Reinhardt ·

Mense dink altyd dat ons areas skoongemaak word, maar behalwe vir die weeklikse vullis lorries, is dit nie waar nie. Daar is n groot verskil tussen arm wees en slordig wees. My ouers het brand arm grootgeword maar as daar gekyk word na fotos is die huise en buurte altyd skoon. Dit gaan oor trots en respek vir jou land en omgewing.

WF ·

Gaan voor Pikitup……daar is baie ander wat nie werk het nie…. wat enige iets sal doen om te kan werk en geld te verdien……

tamboti ·

Waar kry mens nog soortgelyke gedrag waar iemand sy eie werk ondermyn? Verstandeloos, respekloos, ordeloos en redeloos: In die land van swape!

Tania ·

Wat ek nie kan verstaan nie is, hoe kan mense steeds hulle vullis uitsit as hulle weet dit gaan nie opgelaai word nie? hoekom vat mense nie verantwoording vir hulle eie vullis en gaan laai dit af by die verskeie pikitup areas nie? Dit vat ‘n Saterdag om dit gou te doen, ja ek stem saam dit is aaklig hoe hulle die vullis nou rondgooi ens, maar mense kla dat hulle vullis nou orals voor hulle huis opgaar ens. maar DOEN iets omtrent dit, dit is wat my kwaad maak van ons nasie ons kla en kla maar doen niks??? Maak ons net so skuldig

charmaine ·

Dis reg raak ontslae van mense wat nie wil werk nie. Ek seker as jy die werk vir die blankes van Witbank gee sal hulle dit waardeer en beter doen. Vervang die wat nie wil werk met die wat wil en moet werk!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.