Solidariteit het daarin geslaag om een van die grootste pilare van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te laat val. Dit volg nadat die Pretoriase hooggeregshof artikels 36 tot 40 van die Nasionale Gesondheidswet met kostes ongrondwetlik verklaar het.
Volgens Solidariteit was die doel van die staat met hierdie artikels duidelik om die weg te baan vir die NGV en om te vergoed vir die bankrotskap van die staatskas.
“Die regering wil beweeg na ’n stelsel waarin gesondheidsorg genasionaliseer word en gesondheidsorgpraktisyns knegte van die staat word, sodat die staat die lewering van alle gesondheidsorg sentraal beheer,” sê dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Hierdie oorwinning stuit daardie rampspoedige planne net daar waar hulle staan.”
Artikels 36 en 40 het bepaal dat gesondheidspraktisyns ʼn sertifikaat van behoefte vanaf die departement van gesondheid moet ontvang alvorens hulle ʼn praktyk in ʼn spesifieke area mag vestig.
Solidariteit het in hul aansoek aangevoer dat die vereiste van hierdie sertifikate onregmatig inbreuk maak op gesondheidspraktisyns se reg om hul beroep te beoefen. Indien hierdie artikels in werking getree het, sê Solidariteit, sou dit as’t ware neerkom op die onteiening van gesondheidspersoneel se ondernemings en eiendom, ten koste van die praktisyns en diegene wat tans van hul dienste gebruik maak.
“In wese sou hierdie artikels die regering bemagtig om mediese praktyke bykans geheel en al te kaap en na sy goeddunke – eerder as dié van dokters – te bestuur. Ons kan nie bloot hoop dat die regering maar net altyd sy wye diskresie verantwoordelik sal toepas nie. Die regering behoort hoegenaamd nie sulke magte te hê nie,” verduidelik Hermann.
Solidariteit voer aan dat besluite oor gesondheidsorg eerder deur gesondheidspraktisyns geneem moet word en dat meer inmenging van die regering uiteindelik almal benadeel.
“Die mediese bedryf in Suid-Afrika het nie nóg meer burokrasie vanaf die staat nodig nie. Ons moet juis ons gesondheidspraktisyns bemagtig en bemoedig,” voeg Hermann by. “Hierdie tipe wetgewing lei tot swakker sorg, ʼn sieker land en ʼn verontwaardiging onder mediese personeel wie se regte hierdeur vertrap sou word. Ons is verheug oor hierdie uitspraak wat ʼn reuseoorwinning vir gesondheidspraktisyns en gesondheidsorg in Suid-Afrika is.”
- Klik hier om die volledige uitspraak te lees.
Dankie solidariteit. Wys hul hul is nie verhewe bo enige wet nie.
Dankie Solidariteit!!
“Artikels 36 en 40 het bepaal dat gesondheidspraktisyns ʼn sertifikaat van behoefte vanaf die departement van gesondheid moet ontvang alvorens hulle ʼn praktyk in ʼn spesifieke area mag vestig” Dit opsig self is drakonies en grens aan ‘n diktatorskap.
Hierdie is die 2030 droom.
Ons dom regering moet eers leer om al die instansies wat daar tans in plek is (of was, voordat die nuwe regering die land oorgevat het) in stand te hou voordat hulle enigiets anders aanpak.
Die regering moet GEEN mag hê nie, hul is korrup en totaal onbevoeg. Hul kan maar oor die Uniegebou gaan regeer. Ontbind nou sommer die mediese raad ook asb, daai klomp “medici” soos ou Coetzee wat c19 regulasies voorgestaan het.
Ek sê ook dankie aan Solidariteit, hierdie gee mens net weer moed om verder styd te voer teen al die onreg.
DANKIE Solidariteit! Julle het murg in jul pype! Jul opbou-sienswyse is prysenswaardig.
Die ANC en EFF is in hul diepste DNS wese slaafse aanhangers van die Marxistiese kommunistiese ideologie. Die ANC en EFF dink ons gewone burgers is dom idiote vir wie daar gedink moet word: van die wieg tot die graf. Ek het geen respek vir enige van die ANC- en EFF-leiers nie. Finish en Klaar.
Dankbaar vir Solidariteit
Die probleem is dat die duiwel altyd nog ‘n plan het om ‘n skip te sink. Agteraf, is ‘n gewilde aksie by die ANC en die password is regstellende aksie. Ons het gesien hoe stief afgestudeerde mediese praktisyns behandel word. Daar is geld vir Kubane maar eie burgers moet smeek en sukkel.
Wel dit beteken minstens vir nou dat ons die dokters wat nog nie oorsee is nie n tydlank nog sal behou. Dankie daarvoor en doet zo voort.
Dis juis ons ondergang in die land dat die Korrupte Kommunistiese Regering ALS en ALMAL wil beheer! Intussen tuimel ALS inmekaar om ons maar die MAGSBEHEPTES sien niks raak nie, te besig met korrupsie. ALLES wat hulle BEHEER oor het, het verval in absolute rommel status.
Dankie Solidariteit, hierdie Kommunistiese Regering probeer alles in hul vermoë om ons land in ‘n Kommunistiese Beheerde land te omskep. Goed geleer by Rusland hoe dit werk.
Dankie dankie dankie