Pinetown-ongeluk: Moordaanklagte teen trokbestuurder laat vaar

Wrakke op die ongelukstoneel Foto: ER24, Twitter

Wrakke op die ongelukstoneel Foto: ER24, Twitter

Moordaanklagte teen ʼn vragmotorbestuurder wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, sal laat vaar word.

“Die aanklag is nie meer moord nie,” het Lindokuhle Mdlethshe, die man se prokureur, aan verslaggewers gesê. “Die direkteur van openbare vervolging het ons aangeraai dat die klagte na strafbare manslag verander sal word.”

Sanele Goodness May van Swaziland, het vroeër vlugtig in die Pinetown-landdroshof verskyn deur ʼn videoskakel uit die Westville-gevangenis in Durban.

Mdletshe het buite die hof gesê hy kan nou weer aansoek doen om borgtog. Die 24 aanklagte van moord sal moontlik eers formeel laat vaar word sodra die nuwe aanklag gebring is.

Die saak teen May is tot 28 Maart uitgestel.

May se vragmotor het op 5 September, tydens spitsverkeer, in vier minibustaxi’s en twee motors geploeg. Altesaam 22 mense is op die toneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds byna 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die NVG, het bevestig dat die aanklag na strafbare manslag verander sal word, maar het navrae oor die redes vir dié besluit na die nasionale woordvoerder, Nathi Mncube verwys. Hy was nie dadelik beskikbaar nie. -SAPA

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Hof sê oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder hoor vandag oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae