Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder pleit dalk vandag

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, verskyn weer Vrydag in die Durban-hooggeregshof.

May gaan na verwagting skuldig pleit op 24 aanklagte van strafbare manslag.

Tydens sy vorige hofverskyning het staatsaanklaer Alistair Walters aan die hof bevestig ʼn ooreenkoms is met May se regspan aangegaan waarvolgens hy op 10 Oktober sal skuldig pleit. Sy regspan sal ook die finale dokumentasie oor sy pleitooreenkoms indien.

Louis Barnard, May se regsverteenwoordiger, het ook in daardie stadium gesê ʼn ooreenkoms is in beginsel bereik.

May se vragmotor het op 5 September, tydens spitsverkeer, vier minibustaxi’s en twee motors getref. Altesaam 22 mense is op die toneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds byna 1 miljoen keer op YouTube gekyk. Die video volg onderaan die berig.

Hy is sedert die ongeluk in aanhouding en is op twee vorige geleenthede borgtog geweier. Hy is aanvanklik van moord aangekla, maar dit is later na strafbare manslag verander.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.