Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder tronk toe

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, is Vrydag in die Durban-hooggeregshof gevonnis.

May is tot agt jaar en 10 maande tronkstraf gevonnis nadat hy op 31 aanklagte skuldig gepleit het.

May het skuldig gepleit op 24 aanklagte van strafbare manslag, twee aanklagte van bedrog, ʼn aanklag dat hy Suid-Afrika onwettig binnegekom het, ʼn aanklag dat hy ʼn voertuig sonder ‘n geldige professionele bestuurspermit bestuur het en ʼn aanklag dat hy ʼn padverkeersteken verontagsaam het. May se pleit is deel van ʼn pleit- en vonnisooreenkoms.

Sy vragmotor het op 5 September, tydens spitsverkeer, vier minibustaxi’s en twee motors getref. Altesaam 22 mense is op die toneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds byna 1 miljoen keer op YouTube gekyk. Die video volg onderaan die berig.

Hy is sedert die ongeluk in aanhouding en is op twee vorige geleenthede borgtog geweier. Hy is aanvanklik van moord aangekla, maar dit is later na strafbare manslag verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos breedt ·

May is nou gevonnis maar wat van die eienaar … Hy het nie net ‘n onwettige imigrant in diens geneem nie maar het nie toegesien dat hy die nodige rybewys en PDP het nie en dat die vragmotor padwaardig is nie …

Paula Fourie ·

Ek se nie dis reg wat May gedoen het om paar wette te oortree en bedrog met sy bestuurslisensie te pleeg nie, maar is dit nie hartseer dat armoede mens dryf om dinge onwettig te doen net om te oorleef nie.

Andries ·

Dis hoekom hierdie vragmotors sulke lelike ongelukke maak. Hy gaan sit vir n paar jaar almal vergeet en dan wag ons maar net vir die volgende ongeluk. Die regering moet nou n plan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.