Pinetown-ongeluk: Trokeienaar se verhoordatum eersdaags bekend

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field's Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field’s Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Gregory Govender, die eienaar van die vragmotor wat in 2013 in Field’s Hillweg in Durban die dood van 24 mense veroorsaak het, het Dinsdag weer vlugtig in die Verulam-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 24 Februarie uitgestel wanneer ʼn datum na verwagting vasgestel gaan word vir sy verhoor in die streekhof.

Govender staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die Wet op Nasionale Verkeer en ʼn aparte aanklag oor die indiensneming van ʼn onwettige immigrant.

ʼn Vragmotor van Govender se maatskappy, Sagekal, wat deur Sanele Goodness May van Swaziland bestuur is, het op 5 September 2013 teen Field’s Hill (M13) afgery gekom en in vier taxi’s en twee motors ingeploeg. May, wat onwettig in die land was en sonder ʼn werkspermit gewerk het, is skuldig bevind op 24 aanklagte van strafbare manslag. Hy is in November 2014 tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Tydens vorige hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat die vragmotor wat May bestuur het, onpadwaardig was.

Skokkende beeldmateriaal van die voorval is op YouTube gelaai en is sedertdien reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leonie ·

Ek is bly hy word aangekla want hulle dink hulle kom weg met alles en die arme bestuurder moet die “blame” vir als vat meantime wil party mense net geld maak en nie kyk dat hulle vragmotors reg is nie.

Johan ·

Die drywer kon ook net geraporteer het indien daar probleme met die trok was voor die ongeluk. Sommiges is ook maar net drywers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.