Pinetown-ongeluk: Trokeienaar weer in hof

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field's Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field’s Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Gregory Govender, die eienaar van die vragmotor wat in 2013 in Field’s Hillweg, Durban, die dood van 24 mense veroorsaak het, het Vrydag weer vlugtig in die Verulam-landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê Govender staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die Wet op Nasionale Verkeer en ʼn aparte aanklag oor die indiensneming van ʼn onwettige immigrant.

ʼn Vragmotor van Govender se maatskappy, Sagekal, wat deur Sanele Goodness May van Swaziland bestuur is, het op 5 September 2013 teen Field’s Hill (M13) afgery gekom en in vier taxi’s en twee motors ingeploeg. May, wat onwettig die land betree het en sonder ʼn werkspermit gewerk het, is skuldig bevind op 24 aanklagte van strafbare manslag. Hy is in November 2014 tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Die saak teen Govender is Vrydag tot 26 September uitgestel wanneer daar volgens Ramkisson-Kara waarskynlik op ʼn verhoordatum besluit sal word.

Skokkende beeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai en is sedertdien reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tiger ·

Wonder waarom sloer die saak so teen die trok eienaar .Dis al 3 jaar.Iets klink nie reg nie.Hy moes laaaankal gevonnis gewees het.

Bobby ·

Jy kan nie verantwoordelik gehou word indien ‘n ander person jou voertuig bestuur nie. Kan jy dink aan al die regs-implikasies hiervan? Veronderstel jou kind ry met jou kar iemand dood. Nou moet die rtegstesel bepaal of jy jou voertuig in stand gehou het of dalk nie. Die eienaar het wel sekere indiensneming voorwaardes oortree. Daarvoor moet hy Pa-staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.