Pinetown-sakevrou ses maande ná ontvoering gevind

Sandra Moonsaym (45).

ʼn Bekende sakevrou van Pinetown wat sowat ses maande gelede ontvoer is, is Donderdagaand lewend in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga gevind.

Sandra Moonsamy was 162 dae lank vermis.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou is op 31 Mei ontvoer. Haar familie is daarna gedreig om ʼn losprys van R140 miljoen te betaal. ʼn Intensiewe ondersoek deur die Valke se taakspan het eindelik gelei tot die opsporing van vier verdagtes in Johannesburg. Verdere ondersoek het die span na Emalahleni gelei waar nog twee verdagtes in hegtenis geneem is.

“Die 45-jarige slagoffer is vasgeketting in ʼn huis in Emalahleni aangetref en is bevry deur ʼn span van die Valke, misdaadintelligensie, die Gautengse georganiseerde misdaadeenheid en die Ekurhuleni-metropolisie,” het Mulaudzi gesê.

“Daar is beslag gelê op drie luukse voertuie ter waarde van R3 miljoen, asook ʼn vuurwapen.”

Die vier verdagtes, tussen 30 en 34 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn. Hulle word in dié stadium aangekla van ontvoering. Mulaudzi het gesê nog klagte kan moontlik later bygevoeg word.

“Ons is oorstelp van vreugde om aan te kondig dat Sandra Donderdagaand gevind en met haar familie herenig is. Sy is tans saam met haar geliefdes en het begin met haar pad na herstel,” het die familie luidens The Post in ʼn verklaring gesê.

“Ons wil die Valke bedank vir hul deurlopende pogings en ook die publiek wat haar daagliks in hul gedagtes en gebede gehou het.

“Ons is dolgelukkig om haar weer veilig by ons te hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Irma ·

Dit is baie goeie nuus en ek is bly dat sy lewend gevind is. Volgens ek verstaan van ander nuusberigte is die persone betrokke by die ontvoering vanaf ons buurland afkomstig. Hoeveel misdaad in ons land word inderwaarheid deur mense gepleeg wat hierheen gekom het om soos hulle vertel ‘n beter lewe hier te probeer maak. Nou moet ons land en sy burgers buiten al sy ander uitdagings nog sit met sogenaamde vlugtelinge wat gevaar inhou vir elke aspek van ons lewe.

Genoeg ·

Wonderlik! Julle mag maar die vreugde vure aansteek en juig!! Ons bid dat jy, Sandra, spoedig sal herstel na die ongelooflik trauma wat jy moes deurleef. Sterkte

ursula ·

Awesome om n goeie einde te lees. Baie sterkte met die herstel pad, wil myself nie eers indink waardeur jy moes gaan nie.

Chris Ws ·

GEEN borg vir die aangeklaagdes nie asb!Dis ‘n ernstige misdryf wat gepleeg is regter!!

@genoeg ·

Moenie sulke goed se nie, want dan skiet hulle ckrackers.

EkKykDieStorieSo ·

Amper,amper moes die Aasvoël Ondersoekspan oorvat by die valke !

Dankbaar ·

Dankbaar dat jy gekry is en dankbaar dat mense en Valke nie opgegee het nie!!!

Koos de Meyer ·

Wat ‘n goeie einde na al die trauma. Wys maar net daar is polisie wat nog moeite doen en die lang arm van die gereg laat seë vier. Welgedaan manne hou julle roeping gestand. Elkeen van julle wat betrokke was hou so aan.

Bennie Bez ·

De is goeie nuus en dankbaar does Valke kon haar opspoor en vrylaat. Ek sale graag din storie wil volg en hoop nie daar was not komplot agter alles nie.

Snippie ·

Waar is sy nou regtig gevind? Maroela brig in Witbank en News 24 se in Mamelodi Pretoria

Marianne ·

THANK GOD SANDRA IS ALIVE! Her trauma will take very long too subside yet she is united with her loved ones and that is a miracle.
WELCOME HOME!!!

Karen ·

Ek is stil vandag oor die skok om te weet jy was aangehou skaars 100 meter van ons huis af. Dankbaar dat jy gevind is. Die wereld is siek.

Attie. ·

Die moet BAIE erg wees on 6 maande lank op die manier aangehou te word. Ek glo die vrou het berading nodig en die ontvoerders moet permanent uit die samelewing verwyder word. Verbode immigrante se werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.