Pioneer Foods het spesifieke besendings van sy grondboontjie-en-rosyne- en kasjoeneutpakkies herroep wat onder die Safari-handelsnaam in Suid-Afrika, Botswana en Namibië verkoop word.
Die maatskappy sê in ʼn verklaring roetinetoetse by die Safari-aanleg in KwaZulu-Natal het ʼn besending geïdentifiseer wat lae vlakke van salmonella gewys het. Ingevolge protokol is produksie dadelik gestaak en die produk eenkant gehou. Die aanleg is daarna diep skoongemaak en verdere monsters is getoets.
Volgens die maatskappy is ʼn beperkte aantal Safari 60 g-pakkies Peanuts & Raisins (met ʼn vervaldatum van 27/10/2022) en Safari 100 g-pakkies Raw Cashews (met ʼn vervaldatum van 27/6/2022) vir kleinhandelaars beskikbaar gestel, ten spyte daarvan dat dit is om vernietig te word.
“Die beperkte hoeveelheid geraakte produkte moes nooit vir die handel beskikbaar gestel gewees het nie en hoewel ons tot dusver nie enige gesondheidsverwante klagtes van verbruikers ontvang het nie, het ons besluit om proaktief op te tree en al die geraakte produkte te herroep,” sê Tertius Carstens, uitvoerende hoof van Pioneer Foods.
Altesame 92% van die geraakte produkte is reeds herwin.
Volgens die maatskappy word net die spesifieke twee produkreekse geraak en alle ander produkte is steeds veilig vir gebruik.
Verbruikers wat reeds van die produkte gekoop het, word gevra om dit na die betrokke kleinhandelaar terug te neem vir ʼn volle terugbetaling.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Polonie, Pilchards, Noedels, Peanuts en Droevrugte….. Volgende!!!
Dis skrikwekkend dat besmette produkte op die winkelrakke beland. Ons standaarde en dienslewering raak al hoe slegter.
Uiters swak gehalte beheer asook n baie swak SHE program wat gevolg word.
Dit is nie die eerste keer wat pioneer foods vrot kos verkoop nie.
Kasjoes staan slegs kulinêr as neute bekend maar botanies is dit in werklikheid ‘n saad. Die dop is giftig. Julle is welkom.