Pioniersprojek vir Afrikaans bekend gestel: ‘Afrikaans, jou lekker ding!’

Afrikaans.com

Afrikaans.com

ʼn Splinternuwe bymekaarkomplek vir alle mense wat hulself deel voel van Afrikaans, is Donderdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by The Venue in Melrose Arch, Johannesburg, bekend gestel.

Verskeie bekendes en groot name uit die Afrikaanse gemeenskap het die bekendstellingsfunksie van Afrikaans.com bygewoon. Verskeie kunstenaars, akteurs, skrywers en mediamense het die bekendstelling gevier.

Chris van Niekerk en Anna Davel het Donderdagaand as seremoniemeesters opgetree.

Afrikaans.com is daarop gemik om die diversiteit en skoonheid van Afrikaans te vier en te verken. “Op Afrikaans.com sal jy alles vind oor Afrikaans,” lui ʼn verklaring op die webwerf. “Alle groot organisasies, feeste, optredes en projekte word hier bemark met deurklik-skakels na die verwante webtuistes.”

Afrikaans.com is vir alle mense wat hulself deel voel van die taalfamilie (hetsy naby, verlangs of terloops) en vir enigeen wat meer oor die taal en sy bedrywighede wil weet of sommer net nuuskierig is oor die Afrikaanse leefwêreld.

Die onderwerpe wat op die webwerf gedek word, is byvoorbeeld Ontspan, Beleef, Leer en Deel met afdelings vir musiek, boeke, kos, ‘n nuttige feeskalender en ‘n webkatalogus met bakens om jou soektog deur die Afrikaanse landskap te vergemaklik.

Die bekendstelling van Afrikaans.com op 26 Mei 2016 by The Venue in Hyde Park

Die bekendstelling van Afrikaans.com op 26 Mei 2016 by The Venue in Hyde Park Foto: Afrikaansdotcom, Instagram

Afrikaans.com is daarop gemik om die diversiteit en skoonheid van Afrikaans te vier en te verken. Op Afrikaans.com sal jy alles vind oor Afrikaans. Alle groot organisasies, feeste, optredes en projekte word hier bemark met deurklik-skakels na die verwante webtuistes. Hierdie platform is ‘n bymekaarkomplek vir alle mense wat hulself deel voel van die taalfamilie (hetsy naby, verlangs of terloops) en vir enigeen wat meer oor die taal en sy bedrywighede wil weet of sommernet nuuskierig is oor die Afrikaanse leefwêreld. Die onderwerpe is byvoorbeeld Ontspan, Beleef, Leer en Deel met afdelings vir musiek, boeke, kos ‘n nuttige feeskalender en ‘n webkatalogus met bakens om jou soektog deur die Afrikaanse landskap te vergemaklik.

Die webwerf sal besoekers op hoogte hou van bestaande organisasies, projekte en navorsing, geleenthede en verwikkelinge in Afrikaans.

Die webwerf het ook verskeie beskermhere en -vroue wat as inspirasie dien. Die beskermhere en vroue is onder andere Adam Small, Breyten Breytenbach, Deon Opperman, Matthews Phosa, Katinka Heyns en Sandra Prinsloo. Hulle het ʼn passie vir Afrikaans en lewer reeds ʼn groot bydrae op hul gebied.

Afrikaanse blogs en stories vertel ʼn storie van mense wat oor en in Afrikaans gesels oor alle onderwerpe onder die son.

As deel van die bekendstelling kan lesers tot R10 000 wen: “Wys ons hoe lyk jou Afrikaans”. “Almal se Afrikaans lyk anders. Ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend. Stuur ʼn foto, ʼn video of ʼn klankopname in en jy kan wen! Die sluitingsdatum is 31 Augustus. Lees meer.

Maroela Media is met trots een van die vennote van dié nuwe inisiatief.

Afrikaans.com en die Veldtog vir Afrikaans word deur Dagbreek Trust gefinansier.

Besoek Afrikaans.com op sosiale media: Facebook, Twitter, Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lief vir Afrikaans ·

Ek is nie ‘n taalkundige nie, maar as daar nou een ding is wat my hare orent laat staan, is dit hoe die mense deesdae praat! Daar word verwys na ‘n “baby shower”, “stainless steel”, ens ens ens. As ek in ‘n geselsskap die woord “babatee” of “vlekvrye staal” noem, weet niemand waarvan ek praat nie! Om nie eers te praat van die woord “lunch” nie…..genade, jy gaan met ete, nie met lunch nie! Danksy ‘n wonderlike Afrikaanse onderwyser op skool het ek ‘n onblusbare liefde vir my taal en sal altyd hê!

Sarie ·

Ek stem saam met jou. As ‘n kelner vir my vra of ek brown toast wil hê antwoord ek ja bruin roosterbrood Dan kyk hulle my so snaaks aan. Ek werk in ‘n omgewing in die Wes-Kaap waar Engels en Afrikaans lustig gemeng word soos een van my swart kollegas eendag opgemerk het ons praat mengels. Elke keer as die Engelse woorde so vlieg herhaal ek die sin met met korrekte Afrikaans. Op ‘n vriendelike en partykeer humoristies met die hoop dat dit sal insink. Die aanbieders van die Via kanaal gebruik ook ‘n baie slordige Afrikaans.

Sann ·

Dis soms maar nodig om iemand anders se das vir hom reg te trek. As mens hom daaroor raps, kry hy heel waarskynlik ‘n hekel in die das, maar as mens dit in liefde doen leer hy trots en eiewaarde.. Kom ons praat ‘n aansteeklike Afrikaans, en gebruik die raakvat woorde wat Ingels sommer groen sal maak.

Sue ·

Watter lekker vooruitsig. Baie dankie vir die webwerf sal dit definitief gaan besoek. Afrikaans is seker een van DIE lekkerste tale om te praat. Kom Afrikaners iets wat ons saam kan geniet. Vergeet van moord en dood vir ‘n oomblik, ons het dit nodig.

Dawie ·

‘n Taal word lewendig gehou deur diegene wat dit praat. Of hulle taalgebruik korrek is of nie maak nie saak nie, solank hulle dit geniet om te praat. Afrikaans word ook deur verskillende groepe op hulle eie unieke wyse gebruik. Die selfaangestelde taalpolisie moet liewer stilbly want dit is hulle wat veroorsaak dat mense ‘n gly aan die taal kry en dit nie meer wil praat nie.

Ghia ·

Ja, kyk verby. Baie mense praat Afrikaans na die beste van hulle vermoee – dit was nie noodwendig die hooftaal in die huis nie. Maar Afrikaans wil hulle praat, so met al die gebreke, bly die Afrikaans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.