Pistool teen 8-jarige se kop: ‘Ons sal haar doodskiet’

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Groep gewapende rowers het gedreig om ʼn vrou te verkrag en ʼn pistool teen haar agtjarige dogtertjie se kop gedruk.

Die gesin woon op ʼn kleinhoewe sowat 10 km buite Hartbeespoortdam in Noordwes. Volgens die pa, wat verkies om anoniem te bly, het hy, sy vrou, hul dogtertjie en sy broer Dinsdagaand gaan uiteet. Sy vrou, hul dogtertjie en broer is met een motor terug huis toe en hy is in sy bakkie na ʼn buurman.

“Ons het dieselfde pad gery tot waar hulle afgedraai het huis toe. Ek het reguit aan gery na die buurman.  Volgens my broer het die hond geblaf kort nadat hulle by die huis aangekom het. My broer is na buite, maar kon niks sien nie.

“Hulle het omtrent 19:30 by die huis ingestap. My broer het ongeveer 20:30 na sy kamer gegaan en op die bed gesit. Hy was besig op sy foon toe ʼn man ʼn pistool deur die venster druk en hom beveel om te bly sit, sy hande in die lug te steek en stil te bly.”

Die res van die groep rowers het intussen ʼn skuifdeur oopgebreek om in te kom. “Hulle het my vrou, broer en dogtertjie met skoenveters vasgebind. Hulle het die huis geplunder en kontant en vuurwapens geëis.”

Die elektrisiteit in die omgewing was af. “Dit het weer aangegaan net voordat ek by my buurman gery het. Toe ek by die huis kom, was dit weer af. Ek het die hek oopgestoot en my bakkie in die motorhuis getrek.” Volgens die man was hy om 21:15 tuis.

“Die voordeur het ʼn entjie oopgestaan en ek kon sien die sitkamer is geplunder. Ek het na my broer en vrou geroep en my broer het gesê daar is gewapende mans in die huis. ʼn Klapper, wat ek die vorige dag gekoop het om wilde diere uit die landerye te hou, het op die bank gelê. Ek het besluit om dit aan te steek en dit in die gang af te gooi.”

Volgens hom was dit pikdonker en die rowers het intussen ʼn deur aan die ander kant van die huis ook oopgebreek. “Ek het kamer toe gehardloop en my gesin in ʼn geskokte toestand aangetref. Ek het hulle losgesny en dadelik die plaaspatrollie op WhatsApp in kennis gestel van die aanval. Binne etlike minute is mense in die omgewing gemobiliseer en het begin patrollie ry. Die polisie was ook kort daarna op die toneel.”

Die broer het vertel die verdagtes het gedreig om die vrou te verkrag en hulle almal op teregstellingwyse te skiet. Hy het vir hulle gesê sy broer is op pad en dat hy swaar gewapen is. “Die verdagtes het toe omgedraai en geloop, maar gedreig om hulle deur die kamervenster te skiet.”

Die man het gesê die verdagtes het verskeie kere ʼn pistool teen sy dogtertjie en vrou se koppe gedruk. “We will kill her. We want the safe, we want the guns,” het hulle glo gesê met die pistool teen die dogtertjie se kop.

Volgens die man is hy oortuig dit kon baie erger afgeloop het indien hy dieselfde tyd as sy vrou, dogtertjie en broer by die huis aangekom het. “Daar sou nie ʼn afskrikmiddel gewees het nie. Hierdie ouens was baie georganiseerd. Volgens my broer het twee van die aanvallers gestry of hulle my vrou moet verkrag en het die vermeende leier van die groep toe gesê ‘you know we only have 22 minutes per job’. Hulle het ook heeltyd gevra ‘where is the other guy’.”

Die man het gesê dit is skokkend om te dink die aanvallers het sy gesin vir amper ʼn uur van buite gesit en dophou. Hy het gesê drie gate is in die heining gesny om in te kom. Daar is buiteligte reg rondom die huis, diefwering voor die vensters en veiligheidshekke voor die deure. Die gesin woon die afgelope agt maande op die kleinhoewe.

Volgens die man vermoed hy die groep is deel van ʼn bende wat verantwoordelik is vir ʼn vlaag aanvalle in die omgewing. “Daar was tussen vyf en 10 gewapende mans. Gelukkig het my gesin nie baie seergekry nie. Hulle het merke waar die skoenveters hulle gesny het en slaanplekke op hul lywe.”

Die man het gesê ondanks die plaaspatrollie en polisie se vinnige reaksie kon die mans daarin slaag om te ontsnap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

c ·

Ek wil nie eers meer eintlik maroela lees nie want dis net te hartseer om elke liewe dag van aanvalle te lees teen ons mense! Sterkte aan die familie en mag hulle gevang word! ?

Hartseer... ·

Ek voel ook so… Ons is te ordentlik en christelik, moes lankal begin terugveg het. Dit maak my siek! Mis my ouers maar só dankbaar hulle is hierdie gemors gespaar…

Deon ·

Nou wat wil jy dan lees? Dit is hoe SA is!! Vol misdaad ons moet ingelig wees!!

MissDemeanor ·

Hartseer. Sodra jy begin voel dat jy “te Christelik” is dan doen jy nie meer wat Jesus sou doen nie. Ja ons moet ons self kan beskerm. Maar nee, ons moenie almal oor dieselfde kam skeer nie. Ons moet daardie lokasie kinders help met hul skoolwerk, en help om te sorg dat hul magies vol kos is. Want hul ouers kan nie. As ons dit doen sal die volgende generasie ‘n beter bydrae tot die samelewing kan maak. Ek self is nie ‘n Christen nie. Maar vir my is een van die mooiste eienskappe van die Christelike filosofie juis dat liefde so belangrik is. Liefde kan die wereld verander.

Regi ·

Ek is seker die “staat” gaan sy bes doen om die rowerbende se onskuld te bewys.

Johan ·

Niemand lees tussen die lyne nie. Die is beplan en n aanval is n job. Hulle moor ons uit en ons volk bly doodstil. Pateties mense!

Johan ·

Dit verbaas my net dat alle politieke partye (sekeres sit agter dit in elk geval) boere organisasies eenvoudig net stil bly of net blaf maar geen byt het nie. Ons moet ultimatums begin stel. So nie oorgaan in weerstandsaksie.

Moira ·

Dia oodragte. Wat se 22 min per job praat hul van. Is dit die vlg plaas. Baie scary.

celia ·

Dit is baie belangrik – hul t net 22 minute per job. Dit moet die wereld / res van land weet wat so sluimer. Dankbaar julle leef, gaan getuig asb dit is wat gese is. sterkte

Netta Conradie ·

Dis n moet lees…sodat almal bewus word van wat aangaan. Ek is met n boer getroud en glo my ons leef in vrees. Dink julle dis lekker om dit te sien en lees….asb staan by ons boere vir hulp….en bid vir mekaar asb

AL ·

22 minute per job? Georganiseerd? Nou weet julle dis beplande aksies teen boere en wit mense!

Mellie ·

Wanneer hou dit op?!!! Eerlikwaar ek kan dit nie meer hanteer dat onskuldige mense so ly nie!

Sputnik ·

Ai tog Mellie, dit gaan nie ophou nie! Waarom vra jy nog?

Sonja ·

Jaa neee dis weer intimidasie in ergste graad. Hierdie floreer in ons land
Mense julle veral op plase en plotte moet uiters waaksaam en voorbereid wees
Hulle is so slinks en viñnig en voel niks vir die kinders nie
Moet sekerlik sindikate betrokke wees of in meeste plaasmoorde. Erg en baie erg
Ons land en mense sak terug
Woedend en hartseer verby

Pietser ·

Die steel van gewere is ‘n groot trekpleister…en natuurlik omtrent elke boer het ‘n geweer of twee. Maklike teiken met ‘n versekerde vonds.

SlaveMistress ·

Dis in ons area. Hulle het so 3 weke terug ook n man doodgeskiet op sy plot hier en hulle woon ook net al so 6 maande hier. Al ons plotte is so 2.0ha groot en ons probeer vir mekaar uitkyk. Dis nou 03:17 en ek slaap nogsteeds nie. Le hier wakker, soos elke nag en luister vir snaakse goeters en geluide daar buite. Hierdie 5-10 is al lank bedrywig in die area en ek moet gereeld ons eie privaat sekuriteitsmaatskappy bel om noodboodskappe wat deur die nag inkom op ons area se whatsapp-groepie vir hulle deur te bel en te stuur na ons bure wyd en Suid vir skelms wat probeer inbreek. Ek persoonlik het kennis van ‘merkers’ wat hulle plaas voor hulle slagoffers / teikens se huise so ek neem dan fotos daarvan en stuur dit ook dat uit na die relevante veiligheidsgroepe ens. Ons self was al n paar keer n teiken maar dis erg want ekt die mooiste swembad en yard maar ek kannie uitgaan om dit te geniet nie. Ek lewe in vrees vir my gesin se lewens. Dis siek man. Kan ongelukkig nie vloek nie want net siek se dit nie kras genoeg nie. Mense wens hulle kan die lotto wen, karre, vakansies ens… Kan 2,-iets miljoen nie net saam staan en wens dat 50 miljoen moet iets oorkom nie… Uggggghhh ek moet gaan, my maagseer bloei alweer!!!!

crider ·

Dis bitter hartseer om hierdie nuus te lees oor Suid Afrika! Ons het in ‘n spogbuurt in Pretoria gewoon wat oornag in ‘n moordnes verander het. Tussen 2012 tot 2015 was daar drie maal in ons huis ingebreek – die laaste keer was gewapen en baie traumaties.

Ons twee dogtertjies het by ons in die kamer geslaap agter geslote deure in die aande – ons het in ‘n tronk gebly. Twee goeie vriende van my is dood geskiet in die buurt die afgelope twee jaar en ‘n goeie vriend is nege maal geskiet maar het oorleef. Ek self weet hoe dit voel om ‘n 9-mil teen my voorkop te voel – daar kom spanning in my op soos ek terug dink daaraan. Die trauma wat ons mense in SA beleef is gelykstaande aan oorlog.

Die Here het ‘n deur oop gemaak en ek, my vrou en ons dogtertjies woon nou in die VSA. Dis moeilik maar dis ongelooflik om te sien in hoeveel sekuriteit die mense hier bly. Meeste van my vriende trek uit die land uit – baie is reeds uit. Dis defnitief nie maanskyn en rose nie – maar ek verkies dit hier.

Ek sal altyd my volk en vaderland mis – dis diep in ons ingewortel. Ons het duidelik die Here se stem vir ons gehoor – dit was dat ons moet trek. Ek glo God maak sy plan vir elkeen duidelik.

Jane ·

Love jou brief, baie dankie. Baie mooi gebalanseerd. EN ek neem jou GLAD NIE kwalik dat jy die land verlaat het nie, ook nie dat jy nog terugverlang SA toe nie. Ek en jy weet dinge gaan hier nie beter word voordat dit BAIE slegter gaan word nie. Ek is bly vir jou en jou gesin, en glo my as ek VANDAG of more die kans kry om die land te verlaat, dan sal ek. Ek wil ook met ‘n oop venster slaap, ek wil ook kafee toe kan loop, ek wil ook by ‘n verskeerslig stop sonder vrees, ek wil ook slaap in die aande en nie na die honde en alarms hoef te luister nie, ek BID ook vir ‘n uitkoms soos julle s’n, maar voel terselfdertyd hartseer vir die mense wat julle hier moes agterlaat en verlang maar dit is NORMAAL. Geniet julle lewe daar anderkant .. sien hoe julle kinders SONDER vrees opgroei, julle is bevoorreg~!! En kom kuier maar as julle te veel verlang.

Pietser ·

crider – die moordsyfer in die VSA vir 2012 was 4,7 per 100000. In SA vir daai tydperk was dit 3,6 per 100000 vir blankes. Mmm, ek weet nie of jy so veilig is as wat jy dink jy is nie.

johan ·

crider, Ek is bly dat julle nou veilig in VSA woon. Ek wonder net hoekom die Here nou juis vir julle n deur sou oopmaak nie en nie vir ander nie. Daar is BAIE mense wat bid vir uitkoms maar het seker nie genoeg geloof nie. So sal jy groot asb. vir my ons bid vir n oop deur???

Blom ·

Dank die Here dat hierdie gesin gespaar is.. Hulle moet gaan vir berading. Bid vir hulle asb. Mense wees waaksaam. Moenie uitgaan saans nie. Moenie na buite gaan om ondersoek in te stel nie. Bel sekuriteit of enige hulp.

Karma ·

@Pietser – ja, maar die VSA is soveel GROTER as SA – die hele RSA kan in een staat – Texas – in Amerika inpas, onthou dit net!

Komaan ·

Nog ‘n aanval en ‘n dreigement aan ‘n onskuldige WIT kind, en WEEREENS swyg die liberales en politieke partye. ‘n Seuntjie word met ‘n mes gesteek, ‘n dogtertjie kry ‘n wapen teen haar kop en word gedreig om doodgeskiet te word .. waar is die DA en EFF en ANC en MRK nou? Hoekom dans julle nie voor die howe nie? Hoekom swaai julle nie stokke met poppe rond nie? Of was daardie poppe juis ‘n WAARSKUWING van dit wat met die KINDERS nou besig is om te gebeur? AANVALLE op BLANKE kinders??

dophin ·

aitsa hoekom moet die wit mense respekteer met dit?sa is so alles gemors en Zuma moet nou stop sit en dis nie geen grap vir sa nie.moet dit doodstraf terug om.mense is onskuldig en zuma moet die werkloosheid mense betaal sonder om te beroof vir elke provinsie.

Christa Grobbelaar ·

Moorde in suid afrika is aan die orde van die dag…. dit is die werklikheid. as julle dit nie wil lees of weet nie, wag tot jou beurt kom. Want as ons nie iets daadwerkliks doen nie gaan ons en ons geliefdes dieselfde paadjie loop. hierdie is harde feite maar die waarheid. dankie MAROELA MEDIA , vir jul nuus. Betroubaar en waar.

bella ·

Nee! Nee! Nee! Vader nie meer nie in Jesus Heilige Naam. Die kinders sal jare indien ooit neem om oor so ‘n ondervinding te kom. Wees ons genadig. By U is niks onmoontlik nie. Die wraak kom U toe. Amen.

Adelle Kleynhans ·

Ek is so keelvol, die land is in chaos, alles word geplunder, gebrand, vermoor, uitgebuit en as mense nie hulle sin kry nie dan is dit a gesing en dans. Regtig hoe verwag hulle moet n land kan vorentoe beweeg wanneer “majority” ons aftrek. Mens kan nie net vat as jy iets wil he nie mens moet werk vir wat jy wil hê…. Verstaan dit nie!! En dan nog erger is die “blinde oë” en “dowe ore” wat maak as of alles reg is.

Frik ·

Mense dit gebeur nie net op plaase nie hulle gisteraand by ons ingebreuk . Ons bly in n sekuriteits komplex met wagte in Boksburg gelukkig net gesteel en toe weg gehardloop gelukkig my vrou en dogter niks oorgekom nie dankie daarvoor

"Eksê" ·

Ek wil iets sê n ek gaan dit sê” Oz bleef n kultuur van doodmaak. Di kinders wat 1994 gebore is mag ni lyfstraf toegedien was ni. Nou het oz gemaai wat oz gesaai het.

Ano ·

Ons is dit almal eens dat dit nie so kan aangaan nie – maar wat op dees aarde kan mens doen? Ek moes my vuurwapen wegmaak want die kans dat ek betyds by ‘n muur-ingeboud kluis sal kan om voor hulle my iets aandoen is skraal. Kry ek dit wel betyds in die hande, ek is nie rats genoeg om te keer dat hulle nie my wapen afvat en teen my gebruik nie.
Die slegste van alles is – daar moet volgende week aan my huis se plafonne gewerk word (geyser gebars) maar ek is te bang om werksmense in my huis toe te laat. Nou hoe nou? Ja, my kind kan verlof vat en saam by die huis kom bly gedurende die werk maar dit frustreer die blou waks uit my uit dat ten spyte van al die jare wat ek belasting betaal het, ‘n vredeliewende landsburger is, ek my huiswerker moes laat gaan omdat mens niemand kan vertrou nie. Daar is werklik GEEN oplossing meer vir ons nie.

Sarie ·

Ano, èk is ook bejaard & alleen. Kannie meer sonder hulp nie, maar vertrou niemand. Vroeër dae se “ouetehuise” bestsaan nie meer nie & ek sien nie kans vir ‘n “mengelmoes” nie… Waarheen moet ek gaan? Dis nie meer veilig in my meenthuis nie!!! Ek het jare gewerk & gehoop op ‘n rustige oudag… Wat ek wààr sal vind???

Junia Steyn ·

Wtflip gaan aan met SA. Hoekom word ons kinders geteiken… Hoekom moet ons kinders benadeel word. Wanneer gaan ons saam staan en net se genoeg! Wanneer gaan ons begin baklei vir ons gesinne ons kinders. Mense maak oop julle of asseblief.

Zeus ·

Wie kom nog by Kleinhoewes en plase aan as hulle uit was sonder dat hulle bewapen is? Is daar nog mense wat dit doen? n geweer in die kluis is niks werd nie. Jy behoort altyd bewapen te wees as jy op n plaas/kleinhoewe bly.

TREF VOORSORG ·

Niks beskerm ons meer nie maar begin met planne om n vroee waarskuwing te kry dat n oortreder/s buite by jou huis is deur sensors te installeer wat sou dit geaktiveer word deur n persoon n alarm in en buite die woonhuis laat afgaan . Daar is instansies naby jou wat dit kan installeer (kry beslis n betroubare maatskappy) en ook vir boere op die plase kan reelings met hulle mense maak wat die huis bewoon dat sou jy opstaan gedurende die nag wat ons almal maar doen vuur 2-3 skote af na n spesifieke rigting wat veilig is . Mense dit kan net help veral as iemand reeds op jou plaas is met die doel om te kom moor want dit mag hulle afskrik. Ons gebede gaan aan almal wat geliefde verloor het en die wat herstel na aanvalle.

Meskien? ·

Daar moet dalk op plase/plotte wat gemerk word n lokval gestel word met n paar swaar gewapende manne wat die vuilgoed inwag en uitroei….

Nita ·

Dankie MM dat julle ons op hoogte hou. Toe ek net op die SABC nuus staatgemaak het,het ek gedink alles is hunky dory in ons land. Het julle nie joernaliste in Amerika nie, wat daagliks vir ons die berigte van wreedhede in hul koerante kan plaas nie. Elke berig kan begin met; Another attack on white people. Die buiteland moet bewus gemaak word van wat hier aangaan. Dan kan hulle die regering begin dreig met handelsboikotte as hulle voortgaan om willens en wetens hul wit burgers so te vermoor en mishandel.

Zeus ·

Hierdie mentaliteit sal niks help nie. Geen oorsese land gaan ons kom help nie. As daar handelsboikotte teen Suid Afrika is gaan almal in die land nog swaarder kry en misdaad sal dan net nog vererger. Suid Afrikaners moet ophou buitelandse hulp soek en eerder hulle self help dis so eenvoudig soos dit.

Zandre ·

Zeus ek stem aan die een kant met jou saam dat ons na onsself moet kyk, maar onthou WAAR het die swartes al die jare die meeste simpatie gekry en waar het die druk vandaan gekom om die land aan hulle te oorhandig? Waar het hierdie mense in exile geleef en WAAR het hulle studeer? In die buiteland .. ek hoor wat jy se, die buiteland gaan nie kom OORNEEM hier en alles regmaak nie, maar mens moet tog nie die WAARDE van die buiteland onderskat nie. SA is vandag in die ANC se hande AGV die buiteland, nie agv Mandela wat 20 jaar in die tronk gesit het of OR Tambo of enige ander HELD of AKTIVIS nie. Dit was BUITELANDSE DRUK!!Dink bietje hoe beskerm ‘n 80 jarige persoon in ‘n rolstoel homself of haarself teen AGT aanvallers hmmm??

Dirk01 ·

Missdemeanor
Jy is n baie gawe dame met pragtige idee’s ,so my raad aan jou is gaan help jy namen’s my en my familie om hulle skool werkies gedoen te kry asook enige ander tekort kominge wat jy geidentifiseer het . Ek en my familie se vryheid van beweging is ingeperk deur misdaad en ons monitor elkeen se tyd van tuis kom’s as ook inkopies ..In ons vry tyd moet ons nou extra sekuriteit tuis aanbring,hond vir opleiding neem asook n kursus om jou vuurwapen beter en dodelik te kan gebruik , dit als om rubbish uit te hou wat geen nut vir die samelewing is nie .

Afrikaanse Knaap ·

Ek is net te dankbaar om te lees dat die mense niks oorgekom het nie. Nie fisies nie, in elk geval. So ‘n aand doen ‘n mens sielkundig baie skade. Hierdie gesin is in my gedagtes, en die hele Suid-Afrika in my gebede.

Maroela hou asb aan om die waarheid te publiseer, die waarheid is die waarheid. Ek lees nie meer News24 en Netwerk24 nie.

Annoline du Rand ·

Dit is vir my ook verskriklik hoe die aanvalle by die dag toeneem. Ons sal almal op ons hoede moet wees. Ek is jammer vir die boere veral die ou boere wie nie bedag is nie. Hulle het grootgeword om te bly en selfs met vakansie te gaan sonder om deure te sluit. Skeutels van voertuie in die voertuie te los ens. Dit gaan nog altyd so in die mooi land van ons. Probeer om F.A. Venter se “geknelde land en offer land” te lese te kry. Daar sal jul lees van die plase wat afgebrand word in die jare toet. Gesinne uitgemoor word. Ons lewe ń onskuldige lewe terwyl die vyand bedag is en kyk waar hy kan plunder en moor. Ons was al onskuldig beroof in Durban se strate terwyl ons geloop het en na alles gekyk het. Vier mans het my man beroof en gelukkig net sy beursie geneem. Baie mense het gestaan en kyk en niks gedoen nie. Ons stryd in die lewe is nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van die duisternis. . Onthou daar word nog baie van voorvadergeeste gebuik gemaak. Die duiwel loop soos n briesende leeu rond om almal te verwoes en te verniel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.