Pistorius en Krejcir dalk bure in die tronk

Oscar Pistorius tydens Donderdag se hofverrigtinge. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag berigte verwerp dat daar reeds ʼn tronksel vir Oscar Pistorius by die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria voorberei is.

“Enige insinuasie dat die departement ʼn sel voorberei het vir iemand wat nog nie tot tronkstraf gevonnis is nie, is kwaadwillig en onverantwoordelik,” het Mthunzi Mhaga, die departement se woordvoerder, gesê.

EWN het Maandag berig dat ʼn sel, in dieselfde gedeelte waar die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir aangehou word, reeds by die gevangenis vir Pistorius voorberei is.

Volgens die uitsaaier het hy van ʼn beampte van korrektiewe dienste verneem dat die afdeling die veiligste bewaakte gedeelte buite die maksimumsekuriteit-afdeling (C-Max) van die gevangenis is. EWN berig die gedeelte het ses enkelselle en Krejcir is die enigste ander gevangene daar, omdat hy as ʼn hoë sekuriteitsrisiko beskou word.

Die beampte het gesê die gedeelte word deur die gevangenis se spesiale taakspan oorsien en dat toegang streng beheer word.

Mhaga het gesê Pistorius is nog nie gevonnis nie, en wou weet hoe iemand kan beweer dat ʼn sel voorberei is. “Daar sal teen dié beampte opgetree moet word,” het hy gesê.

Pistorius sal na verwagting Dinsdag gevonnis word.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PR Mackay ·

Ja , “inmate” en niemand gaan ooit vra of hy sy toilet mag gebruik nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.