Pistorius-familie by prysvasstelling betrek

Oscar Pistorius saam met sy pa, Henke, broer Carl en suster Aimee in die agtergrond. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

Oscar Pistorius saam met sy pa, Henke, broer Carl en suster Aimee in die agtergrond. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

ʼn Maatskappy wat deur Oscar Pistorius se familie besit word, word van prysvasstelling beskuldig, het die Sunday Times berig.

Die Mededingingskommissie het versoek dat die maatskappy, Hendrik Pistorius & Co, beboet word na bewerings dat die maatskappy glo sedert 1995 by ʼn prysvasstellingskartel in die landbousektor betrokke was. Die maatskappy is oorspronklik deur Pistorius se pa, Henke, gestig.

Die Mededingingskommissie het versoek dat die maatskappy met 10% van sy omset beboet word vir die tydperk van die beweerde prysvasstelling. Die prysvasstelling hou glo verband met kunsmisprodukte.

“Die respondente het artikel 4 (1) (b) (i) van die [Kompetisie] Wet oortree deur die aangaan van ooreenkomste en / of onderlinge praktyke om die bedrae van agente se kommissie vas te stel,” het die kommissie in sy beëdigde verklaring gesê.

Regsverteenwoordigers van Hendrik Pistorius & Co het die bewerings betwis en het gesê die saak is subjudice. Leo Pistorius, Oscar se oom, staan tans aan die hoof van die maatskappy.

“Die klag hou verband met bewerings deur ‘n ontevrede kliënt en vorige sakevennoot en dateer terug na 2008 en ons ontken alle bewerings van prysvasstelling,” het die maatskappy se regsverteenwoordigers aan die koerant gesê.

Oscar is verlede jaar skuldig bevind aan strafbare manslag in verband met die skietdood van sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentsydag in 2013. Hy dien tans tronkstraf uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

nou wat het dit te doen met oscar, goeie lanboukalk verskaffer gewees en voldoen aan al die vereiste, sensaie gaan my nie aan nie, as jul nie nuus het nie, los dit eerder!

henk ·

nou wat het Oscar se skuldig bevinding en vonnis hiermee uit te waai? julle joernaliste is pateties man! Soos bosluise…!!!!

Eish! ·

So voel ek ook. As my broer se kind iewers nonsense aanjaag, gaan ek onder valkoe deur die pers dopgehou word en die broerskind sal by my skandes gekoppel word. Oscar het ‘n vrou vermoor en dit het niks met niemand uit te maak nie. Net met Oscar wat die sneller getrek het. Nuus word sensasie gemaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.