Pistorius-familie gaan klag lê oor Oscar-berig

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius se familie het gesê hulle gaan ʼn klag teen The Saturday Star by die persombudsman indien nadat dié koerant ʼn artikel gepubliseer het waarin vertel word van die beweerde voorkeurbehandeling wat Pistorius in die tronk ontvang.

Die Pistorius-familie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die artikel getiteld “Oscar’s diva demands” is feitelik verkeerd, misleidend en is ʼn gruwelike wanvoorstelling van die feite. “Ons sal ʼn klag by die persombudsman indien binne die voorgeskrewe 21 dae van die publikasiedatum van die artikel,” lui die verklaring.

Die koerant het in die artikel beweer dat Murasiet Mentoor, die streekbestuurder van geregtelike inspektoraat, het aan die koerant “bevestig” dat hy gevra is om aandag te gee aan Pistorius se griewe oor sy lewensomstandighede in die tronk. Volgens die koerant is ’n bad in Pistorius se sel laat bou omdat hy gekla het dat hy nie kon bad nie. Nuwe toerusting is na bewering in die tronkgimnasium geïnstalleer op Pistorius se versoek en die atleet is volgens die berig toegelaat om sy eie kos voor te berei omdat hy bang was hy word vergiftig.

Die koerant het ook beweer Pistorius is in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis aangehou om te verhoed dat hy deur ander gevangenes geteiken word.

Pistorius sou Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word, maar Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag die besluit op die laaste nippertjie teruggetrek. Masutha het gesê die besluit is te vroeg geneem aangesien Pistorius eers van 21 Augustus in aanmerking kon kom vir moontlike vrylating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jurie Bender ·

Wie is die mampara na wie die trok vernoem is? Laat Oscar met rus, as hy wel skuldig is sal hy sy straf edndag kry. Die syorie is hol rug gery. Vir mmande op TV. Hoekom sien ons nie n volledige TV weergawe van die ex-polisiemanne wat die taxi bestuurder gesleep het nie. Die media ruk nou weer die dam onder die eende uit.

Sollie ·

Net so Jurie, net so. Siek vir die storie. en die opvolg en die vervolg en die sytakstorie ens ens

Lynette ·

Die 21ste is mos nou verby, hoekom het hulle nog nie weer besluit dat hy op parool kan gaan nie? Die tydperk is mos nou reg.

Rika Kotze ·

Ek is BAIE bly dat die Pistorius fam n klag gaan lê. Lyk my almal kan nou sê en demand soos hulle wil. Die ergste is dat dit geglo word. Hoekom sonder hulle hom so uit.

Marlene ·

Dankie dames ek is so bly daar is vir een maal iemand wat saam my stem. Die man is getrem. Natuurlik benodig hy gepaste toerusting/ geriewe. Dis nie ‘n Alcatraz nie. Oscar is nie ‘n misdadiger/ moordenaar nie. Hy’t impulsief uit vrees opgetree en ek voel bitter jammer vir Reeva en ha family. Om die man te vernietig gaan haar nie terug bring nie.

Se Maar Net ·

Regtig!! HY bly ‘n moordenaar. Almal is al so siek om van die klomp te hoor.
Hy verdien veel erger as net tronkstraf.
Hy is beslis nie ‘n “Hero” nie, jammer hy het nie lewenslank tronk straf gekry nie.
Sy storie is besaai met leuns, en die wat dit glo wil dit glo.

Anti-Haas ·

Ek sê ook hy het gelieg oor wat gebeur het. Sit hom in die algemene selle. Sy agterstewe sal brand en gerek word. Pappa wag vir jou daar binne. Hou hom daar. Lekker ou Jan!!!!!

alida ·

Dit is walglik om mense se menings te lees van hoe Oscar gestraf moet word. Skaam julle. Wat sou julle gese het as dit julle seun was? Glo my dit is vir hom net so erg as wat dit vir die Steenkamps is. Niks gaan haar terugbring nie, en die Steenkamps moet ophou sensasie en geld soek. Rou met waardigheid oor julle kind en gee Oscar die geleentheid om aan te gaan met sy lewe onder moeilike omstandighede. Glo my hy het berou. Kom ons ondersteun hom nou. Hy het ‘n regverdige verhoor gehad en los hom nou uit.

EMK ·

Ja tog jinne die ou galbrakers darem… Hy is slegs skuldig daaraan dat hy die sneller getrek het. Julle was nie daar en weet NIE wat presies gebeur het nie. En die familie van Reeva wat nou vra hoekom het hy haar nie laat gaan… helloooo hy het haar nie vasgebind nie, sy was ‘n grootmens en kon lankal vroeg al gewaai het sou sy wou. Sy kon ook waai toe die polisie glo vroeeer daar was saam het hulle gewaai het. So asb tog los die man uit. Kry iets interessants om oor te kere te gaan.

NEL ·

Haal eers die balk uit jou eie oog en dan die splinter uit jou broer se oog….. dit is tog wat die Bybel ons leer.

Jesus was die misdadiger aan die kruis genadig en …… Jesus leer ons bid in die Onse Vader… vergewe asseblief my skulde net soos ek my skuldenaar vergewe….

Regtig lesers as jy skuldig is soos wat baie van julle beweer (en julle was nie eers daar nie) moet Oscar elke dag met hom saamleef en dit op sigself sal `n baie erge straf wees.

Staan vas Oscar daar is baie mense wat agter jou staan maar Jesus loop met jou hand aan hand en daar is NIKS wat jou uit daardie greep kan los ruk nie.

Willie B rits ·

Regtig Nel? Lees jou kommentaar sorgvuldig deur – jy maak ons deurmekaar.

E Swart ·

dankie almal wat Oscar ondersteun vir die ander oordeel is julle nie beskore

Ronel Brink ·

Ek verkneukel my dat Oscar se dilemma soveel mense ontstel….Hy moet maar kry wat sy kant toe kom. Sy ekstreme leefstyl het gesmeek dat dit met hom gebeur.

Racheltjie ·

Willie Brits …………gooi maar die eerste klip, jy wat so vlekloos sonder sonde is ! Ek ervaar soveel haat en vergelding in ons Suid-Afrikaners se harte. Ons kan nie eers meer bymekaar deur dik en dun staan nie – dit is hoekom ons is waar ons is !

Caaryy ·

Nee Rachelkie, ek staan saam met *ander* Suid Afrikaners. Jy en Oscar is nie die enigste Suid Afrikaners wat daar is nie, al dink jy miskien so.

Sollie ·

Caaryy – waar dink Rachel nou sy en Oscar is die enigste S afrikaners. Ai tog hou by die berig en hou op om mekaar aan te val.

Wildeman ·

Ek kan nie sien dat Willie iets onreelmatigs gese het nie – waar het hy ‘n klip gegooi?

Willie Brits ·

Ai Ragel – dit lyk my jy en Maroela is kop in een mus! Al my kommentaar word delete!! Seker hierdie een ook. *Frons*

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.