Pistorius-familie het vertroue in regstelsel

Oscar Pistorius se suster Aimee (middel) saam met ander familielede. Foto: Gianluigi Guercia/AFP/Pool

Oscar Pistorius se suster Aimee (middel) saam met ander familielede. Foto: Gianluigi Guercia/AFP/Pool

Die Pistorius-familie het Woensdag gesê hulle het vertroue in Suid-Afrika se regstelsel om te verseker dat Oscar Pistorius ‘n regverdige verhoor sal kry.

Die Pistorius-familie het die uitlating gemaak nadat regter Thokozile Masipa vroeër vandag gelas het dat Pistorius vir sielkundige waarneming gestuur word. “As ‘n familie het ons vertroue weens die deeglikheid en detail van hierdie uitspraak en regter Masipa se verbintenis om ‘n regverdige verhoor te verseker,” het Arnold Pistorius, Oscar se oom, gesê. “Dit bevestig ons vertroue in die Suid-Afrikaanse regstelsel.”

Masipa het in haar uitspraak gesê dat sy bewus is daarvan dat die waarneming verdere vertragings in die saak kan veroorsaak. Sy het egter volgehou dat dit nie oor ongerief gaan nie maar eerder oor of geregtigheid geskied. Masipa sê haar besluit het nie ten doel om Pistorius te straf nie en dat die moontlikheid ondersoek moet word dat Pistorius ‘n buite-pasiënt kan wees.

Die staat het die aansoek gebring nadat Merryl Vorster, ‘n forensiese psigiater, Maandag aan die hof gesê het dat Pistorius aan ʼn algemene angsversteuring ly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andri ·

Suid Afrikaners altyd in die duister wees oor wat die nag van die 14de Februarie 2013 gebeur het. Maar nogsteeds staan ek by wat ek heeltyd se Oscar alleen weet wat daar plaas gevind het, en ek wil nogal met die Staat saamstem dat Oscar kwaad was omdat hy weereens nie sy sin kon kry nie en wat in woede plaasgevind het. Al die tekens is daar en wat ek nog altyd wil weet watter inbreker gaan sluit homself toe in n badkamer waar hy blootgestel is aan inhegtenisneming en dan die woede van die huiseienaar. Oscar se weergawe is te dik vir n daaler….hy het geweet wie is in die badkamer. Maar dit is ook mos nou nie vir ons om te oordeel nie, hy kan lieg en doen net wat hy wil . Hy is die een wat met homself moet saamleeff en glo my dit gaan hom jaag die res van sy lewe. Hy het sy eie lot geseel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.