Pistorius-familie kap terug oor boek se ‘verregaande bewerings’

Foto: http://piquetbooks.com/products/ovtt/

Foto: http://piquetbooks.com/products/ovtt/

Oscar Pistorius se familie het Vrydag gereageer op bewerings wat in ʼn nuwe boek gemaak word. Volgens dié boek is daar “nuwe bewyse” wat glo daarop dui dat Oscar sy meisie, Reeva Steenkamp, aangerand het voordat hy haar op Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.

Die boek, Oscar vs the Truth, is deur die broers Calvin en Thomas Mollett geskryf en het internasionaal wye mediadekking ontvang. Die Britse Daily Mail het berig die Mollett-broers voer aan die boek is gegrond op “nuwe bewyse wat aan die lig gekom het” en toon na bewering dat Pistorius Steenkamp met ʼn windbuks en ʼn krieketkolf aangeval het voordat sy geskiet is.

Die boek bevat glo foto’s van onder meer ʼn besering aan Steenkamp se rug, wat die skrywers beweer ooreenstem met die punt van ʼn krieketkolf. Op nog ʼn foto word ʼn koeëlgat in Pistorius se kamerdeur gewys wat volgens die skrywers ooreenstem met dié van ʼn windbukskoeël.

Anneliese Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, het in ʼn verklaring gesê hoewel die familie hulself in die verlede daarvan weerhou het om op die talle “verregaande en onwaar bewerings” oor die saak te reageer, het hulle gevoel dat hulle geen keuse het as om op die bewerings in Oscar vs the Truth te reageer nie aangesien daar so baie mediadekking aan die boek en die inhoud gegee is.

“Hierdie sogenaamde ondersoek is gegrond op wat die skrywers beweer is ‘nuwe bewyse’. Daar is geen nuwe bewyse nie. Elke foto is [aan die hof] voorgelê en elke bewysstuk is ontleed in die intensiewe 43-dae lange verhoor,” het Burgess gesê.

“Dit is heeltemal belaglik om voor te gee dat die staatsaanklaer en sy regspan, wat so vasbeslote was om hul teorie van moord met voorbedagte rade te bewys, enige bewyse sou miskyk wat bewys dat Oscar die krieketkolf vir enige iets anders gebruik het as om die deur oop te slaan.”

Sy het die boek as “ʼn aandag-soekende geldmaak-oefening” beskryf deur “twee gewone burgers met speurderfantasieë”. “Dit is natuurlik baie gerieflik dat hierdie rusbankspeurders sulke sensasionele nonsens-teorieë kan opmaak sonder dat dit in ʼn hof bewys hoef te word of onder kruisverhoor ontleed moet word.”

Burgess het beklemtoon dat albei howe wat die saak aangehoor het Oscar se weergawe van gebeure aanvaar het – dat hy gedink het Steenkamp was steeds in die slaapkamer toe hy deur die badkamerdeur geskiet het.

Die hoogste hof van appèl het verlede jaar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag na dié van moord omgekeer. Pistorius sal na verwagting van 13 tot 17 Junie weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn om gevonnis te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Ekke ·

Ag tog was die Mollett broers dalk by hulle in die kamer om te weet wat gebeur het. Baie probeer nou geld maak uit die ongelukkige gebeurtenis.

Pieta ·

“Ongelukkige gebeurtenis”???
Is dit hoe jy ‘n moord beskryf?

Karin ·

‘n Ongelukkige gebertenis?

Wat as dit jou kind was wat 3 keer koelbloedig deur ‘n toe toilet deur gskiet is en verewig weg is?
Sou dit ook ‘n ongelukkige gebeurtenis gewees het, en vereis die wet nie eers ‘n waarskuwing skoot as jy nie in onmiddelikke gevaar is nie?

Annetjie ·

Hierdie sbrywers en storie makers moet baie versigtig wees wat hulle alles kwytraak in boeke en die openbare media. Dit kan en sal in die toekoms teen hulle gebruik kan word.

Jan maak n Plan ·

Ek hou baie van lees en ek lees byna enige iets, maar ek sal nie n sent betaal om die gemors te lees nie. Plaas dat die twee ………. n boek skryf oor plaasmoorde of die vertrapping van mense in Suid Afrika of selfs die goeie regering wat tans aan bewind is in Suid Afrika, dan sou dit miskien meer leeswaardig gewees het. Ek lees eerder n swak engelse koerant voordat ek hulle boek lees.

Elrie ·

Iets moes gebeur het voordat sy haarself in die toilet toegesluit het. Ek sluit nie die toilet toe nie. Niemand doen dit nie! Wat het gebeur? Net Oscar weet…

Ivan ·

Yvonne, Dis n mooi afrikaanse woord. Ek kan aflei wat dit beteken, maar wil jy nie bietjie uitbrei op die woord nie asb.

Dirk ·

Nou wonder ek net. Hoekom vat die Pistoriusfamilie nie die klomp grootbekke hof toe nie.

Cherokee ·

Nou wonder ek net waarom jy nie so tussen die lyne die waarskynlikheid raakgesien het dat die Mollet-broers van êrens buite die land is, nie. Ek en wonder ook net waarom jy nie aan die koste van so ‘n saak gedink het nie.

Liewe heksie ·

Het dit nogals begin lees op daily mail die 2 broers lewe wragtag in n droom wereld gou besef hul is opsoek na goedkoop sensasie dink hul gaan n Oscar ok ontvang in daai nagmerrie wat hul beleef Wens ok almal wat sê wat as dit jou dogter was of wat as wat ookal dit was nie en ek staan nogsteeds voor Oscar so gooi nou maar weer julle klippe

Poplap ·

Jy mors jou tyd antie heks.
Nog nooit van ‘n moordenaar gehoor wat ‘n klip werd is nie.

Liewe heksie ·

Het dit nogals begin lees op daily mail die 2 broers lewe wragtag in n droom wereld gou besef hul is opsoek na goedkoop sensasie dink hul gaan n Oscar ok ontvang in daai nagmerrie wat hul beleef Wens ok almal wat sê wat as dit jou dogter was of wat as wat ookal dit was nie en ek staan nogsteeds voor Oscar so gooi nou maar weer julle klippe het maroela weer n probleem met my

lynette ·

Pieta en Dirk, neem asb julle Bybels en gaan lees Hosea 4 vers 1 tot 4. Dit is wel vir die Israeliete geskryf maar ons land se liefdelose mense pas mooi daarby.

Cherokee ·

Waarom Lynette, tackle jy die twee? Sal jy dieselfde teregwysing noem vir die boere van Parys? En indien nie, waarom nie? Antwoord op hierdie vraag sodat ons kan verstaan hoe jy redeneer.

jaco ·

reeva het net 2 dae voor die moord op n koffie-date met n ex-boyfriend gegaan en was so uiters onsensitief en onbeskof om vir oscar daarvan te sê. duidelik was sy nie seker oor haar verhouding met oscar nie, en het sy dus ‘n “agterdeur” oopgehou. Onsekerheid oor n verhouding en die ophou van n “agterdeur” is niks mee verkerd nie, maar waarom dan so onbeskof wees om vir oscar daarvan te sê? sy moes mos gewees het dit sou hom seermaak. wat ek vermoed, is dat hy haar op hulle valentynsaand saam oor hierdie koffie-date met haar gewese boyfriend gekonfronteer het, haar daaroor aangespreek het en toe heeltemal beheer verloor het. toe sy skrik en weghardloop, was die badkamer die naaste wegkruipplek. en toe skiet hy haar deur die deur.
EK REGVERDIG NIE SY OPTREDE NIE, maar reeva kon ook maar vooraf gedink het voordat sy sommer vir oscar gesê het van die date met haar “agterdeur”. Wat die oog nie sien nie sal die hart nie grief nie. dis duidelik ‘n uitdrukking wat Reeva nie geken of toegepas het nie.

MOULDER ·

net so onsensitief soos die klein verwende mannetjie vir Reeva die Desember vakansie voor haar dood verneuk het in die kaap. asb! hierdie is moord!

Mariaan ·

Jaco, baie mense in verhoudings het al teenoor hulle “partner” gebieg. Dit gebeur nog steeds elke dag MAAR dis nie ń oortreding strafbaar met die dood nie. Oscar is bekend vir sy humeur wat hy nie kan beteuel nie. Daarvan het sy ex meisie ook getuig. Hy is ń arrogante vent en verdien on soos elke ander moordenaar in die tronk.

Elgeraine ·

Hoe ookal mense sensasie wil skep, niks kan die gebeure ongedaan maak nie. Ek dink werklik dis tyd om aan te beweeg.

Elgeraine ·

Dankie Karolis! Ek voel daar is geen nut om verder te krap en grou en mense seer te maak nie. Reeva kan ongelukkig nie weer terugkom en Oscar moet verantwoordelikheid vat vir sy dade, ongeag of dit n ongeluk(wie sal ooit werklik weet) of met opset was.

Poplap ·

Soos ‘n vol bank van die Apelhof beslis het, was dit toe nie ‘n “ongeluk” nie.
Maak tog vrede met die werklikheid en moenie ‘n bewese moordenaar se stories glo nie. Soos die meerderheid van die gevangenisse se inwoners, is hulle almal altyd onskuldig.

Hannelie ·

Ek stem 100 % saam jou Elgeraine. Dis verby die familie rou nog. Nou word hul opnuut herinner aan haar wrede dood.

E ·

Kan iemand dalk vir ons se: moet jy die mense waaroor jy n boek gaan skryf nie eers om toestemming vra nie? Besef hierdie mense dat hulle in groot moeilikheid kan beland!!

Cherokee ·

Lyk dit vir jou of hulle in groot moeilikheid beland het? Waarom dit vir òns sê? Vertel húlle.

Ouman ·

Ek wens die saak wil nou tot ‘n punt kom. Oscar is skuldig bevind aan moord en moet sy straf uitdien. Daar is geen manier dat sy aksies op daai noodlottige aand geregverdig kan word nie. Jy kan slegs jou vuurwapen gebruik as jou lewe in gevaar is en om deur ‘n toe deur te skiet sonder dat jou lewe bedreig word is roekeloos en onwettig. Dink wat se vrees die meisiekind moes ervaar het in die laaste oomblikke van haar lewe. Oscar verdien sy straf en moet daarmee vrede maak

Oom Kalahari ·

Dit was ‘n tragiese gebeurtenis wat vele hartseer gebring het asook vele mense se harte aangeraak het. Tog is daar net drie wat getuienisse is/was van werklike gebeure en die een se lewe is geneem (Reeva), wat nooit haar weergawe sal kan weerlê nie, Oscar homself wat sy lewe deur met die werklikheid sal moet saamleef en dan die mure van hul huis wat nooit ooit sal kan praat nie. Laat die gereg hul gang gaan op die feite wat geplaas is en gun die families hul spasie om te kan treur en die werklikhede te kan verwerk. God sal weet wat die waarheid is.

Ina Cronje ·

Iets wat my nog altyd laat wonder het oor die hele saak – wat het van die swart man wat vir Oscar gewerk het in en om die huis geword? Die aand van die moord is hy gewaar tussen die teenwoordiges en het net op ‘n stadium gese hy het niks gehoor nie. Hy het in ‘n kamer aan die huis geslaap en niks gehoor nie? Die bure wat verder weg was het dan geskree ens. gehoor – dink iemand anders ook alles is nie pluis met die ou nie – en hy het agterna net verdwyn ?

Andre ·

Ek is besig om hul boek te lees. Dis baie interessant. Lees dit voor jul die mense oordeel.

Jakes ·

Ag nee lynette, gaan lees Genesis 1 en 2 dan kyk jy watse gesag jy aanhaal.

Schalk ·

‘n Mens sou dink dat alle teorieë tydens die hofsaak beredeneer sou word. Oscar se weergawe is nie “aanvaar” op grond van oortuiging nie, maar omdat dit die enigste weergawe van die gebeurtenis was. Hoe dit ookal sy; dit is tog irrelevant op hierdie laat stadium! Hy is nou skuldig aan Moord en sal daarvolgens gevonnis word.
Hy sou nie op enige stadium, met enige ander benadering, méér of minder skuldig kon wees nie. Kom ons aanvaar nou maar dat dít die finale uitslag is.
Lees eerder Bollie of Superman, dit bevat ook verbeeldingsvlugte van mense.

Michiel ·

TSk, tsk…kyk nou net wer hoe sê mense mekaar sleg en beskuldigings oor en weer. Snaaks dat Maroela baie kommentare toelaat. Feit is daar is uitspraak gelewer, straf opgelê en vir buitestaanders wat nie eers daar was en presies weet wat gebeur het om nou geld met rioolliteratuur te wil maak uit so-iets is swak.

Ekke ·

Al was dit moord bly dit nog ‘n ongelukkige gebeurtenis. Dit moes nie gebeur het nie. As dit “julle” dogter was sou dit ook ongeluk gebring het .

susan ·

Ek sal net graag wil weet hoekom almal wat dood gaan skielik in engeltjies verander (soos bv Reeva). Dan het daardie persoon “heilig”gelewe. Klink my die hemel gaan baie vol wees.

Poplap ·

Susan ek wonder weer hoe sommige moordenaars (soos bv Pistorius) sommer hier op aarde reeds in engeltjies verander.
Miskien kan jy help?

hans brits ·

Vergewe en vergeet,maak nou maar al die tronke se deure oop.

fjd ·

baie interessant al die kommentaar wat gladnie betrekking het op die artikel nie – ek dink die artikel gaan oor die twee manne wat die boek geskryf het en die boek en die Pistorius familie – liewe land ek dink julle elkeen moet n lewe kry en aanbeweeg!!!

John ·

Hoekom sou die Mollett-broers die boek geskryf het? Wat was hulle motief? Die publikasie so voor die strafoplegging is nogal ‘n turksvy vir die naelloper en sy familie. Ons gaan ongelukkig nog lank gepeper word met inligting oor die ‘pyn ‘en ‘lyding’ van Oscar, Oscar, Oscar.

Marietjie ·

Wat ookal gebeur het is na aanleiding die oorsaak dat sy vermoor is deur die persoon wat die wapen en bofbalkolf hanteer het. Dit kan nie te moeilik wees om te verstaan nie.

Anoniem ·

Ek wonder wat sal elkeen hier wat Oscar so verdedig sal se as dit hul dogter was….Oscar het moord gepleeg, hy het iemand se lewe geneem maak nie saak hoe nie, hy moet skuld vat daaroor. Net omdat hy n bekende is op sportveld en ongelukkig a parapleet nou wil jul hom jammer kry. Daar is geen maar geen rede op die aarde vir enige iemand om iemand te vermoor nie…punt!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.