Pistorius se ‘diagnose’ lei tot paniek onder lyers

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

‘n Forensiese psigiater se bewering dat Oscar Pistorius aan ‘n algemene angsversteuring gely het toe hy sy vriendin Reeva Steenkamp doodgeskiet het, saai paniek onder lyers van die versteuring, berig die Sunday Times.

Cassey Chambers, direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angs-groep (Sadag), het aan die koerant gesê dat hulle “honderde oproepe” ontvang het van mense met die versteuring wat bang is dat dit tot “onvoorspelbare, onstabiele en gewelddadige” gedrag kan lei.

“Ons het mense wat vra of hulle geliefdes wat aan die versteuring ly onmiddellik gehospitaliseer moet word.” Chambers sê die kans is skraal dat lyers van die versteuring gewelddadig sal word. “Angstigheid is ‘n introspektiewe kwessie en dit is hoogs onwaarskynlik dat lyers van die versteuring ‘n gevaar inhou vir ander mense.”

Merryll Vorster, ʼn forensiese psigiater, het vroeër in Pistorius se moordverhoor getuig dat hy aan ʼn algemene angsversteuring ly. Die staat het hierna versoek dat Pistorius vir waarneming gestuur moet word. Regter Thokozile Masipa het gelas dat Pistorius as ‘n buite-pasiënt by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal in Pretoria moet aanmeld. Die saak is tot 30 Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanws ·

Ek het die wereld se simpatie en voel baie jammer vir Oscar,sou hy egter gediagnoseer word en dit word bevind dat hy in woede op getree het en nie rekeningsvatbaar vir sy optrede was nie is dit voor die handliggend dat hy, terwyl hy onder eed was, nie die waarheid gepraat het nie, dan moet mens onwillekeurig sy Christenskap en geloof in God in twyfel trek…..ek dink maar net

marika minie ·

Ja ekt so verwag dat baie mense nou sommer hulleself ok daarmee sal diagnoseer. Ons bly in SA mense ons lewe in vrees elkedag ek wil nie eers na die naaste kafee to stap nie want ek was al gemug. Ekt die wereld se simpatie met oscar want in vandag se tyd vat mens nie kanse nie jy weet nooit nie, want skelm kry altyd hulle ways om in te breek al is dit hoe absurd*

Frank Passano ·

Liewe Marieke, jy het vanselfsprekend nie die Oscar-sage op DSTV gevolg nie; as jy het, sou jy [of selfs ‘n 2-jarige kind] kon aflei dat hy uit woede opgetree en daai onskuldige kind vermoor het. Please, word tog wakker!

Irene Pool ·

Ek voel bitter jammer vir Oscar! Ek glo hy het gedink sy le langs die bed. Hy het haar nie gesien beweeg na toilet nie, sy rug was in daardie rigting. Sy is daarheen om haar self toe te sluit om uit gevaar te bly en polisie te bel. Hy het die beweging gehoor en gedink sy lewe en haar lewe is in die gedrang, dus sy reaksie daarop. Die eerste skoot was in haar slaap en kon sy dus nie skree nie en die ander skote het so vinnig op mekaar gevolg.Eers in kop toe arm ens. Hoekom sou hy haar in die toilet doodskiet as hy enigsins haar wou aanval! Hy kon haar net so wel met iets anders beseer het, soos klap of vuishou! Sy groot word agtergrond en lewe het hom met bedryging van sy lewe beinvloed. Ek het n kleinseun van 16 jaar oud. Net aangekom in Durban iemand twee keer by ons probeer inbreuk. My kleinseun slaap snags so onrustig dat sodra hy n geraas van watter aard ookal hoor spring y op en gaan kyk wat dit is. Hy slaap ook elke aan met 2 lang messe in sy kamer. Een onder kopkussing en een voor bed op bedkassie. Verder het hy alle moontlike meublement voor die vensters geskuif waar die inbrake gebeur het gestoot met klokkie aan staanlamp wat ook teen die rusbank staan gestoot is. So niemand kan daar weer probeer inbreuk sonder dat ons dit dal hoor nie. So ja, innige simpatie met Oscar!!

Dolk ·

Irene, jy praat duidelik nie van Oscar Pistorius nie. Sentiment en ‘n simpatieke, vryskut-verbeelding het nog nooit die Waarheid se verhaal verteenwoordig nie…

brakpan meisie ·

Ja nee mense dis nou vir jou n manier om ale kremaneele mal teverklaar om weg tekom met moord en verkragting. Stuur hulle weskoppies toe vanige uitweg. Dit nou vir jou hoe ons land werk

Frank Passano ·

Tog interessant hoe [veral] Afrikaners geneig is om die feite van die Oscar Pistorius moordsaak totaal te ignoreer; dis asof hulle fanaties vasklou aan sy sg ‘roem’. Die mannetjie het obviously ‘n
narssisistiese streek, en gepaardgaande met sy vlambare humeurtjie en hoogmoed, verg dit nie
noodwendig ‘n psigiater om te sien dat hy in staat is om moord te pleeg onder verswarende omstandighede nie!

Frank Passano ·

Wat sou jul reken is die 5 ‘gevaarlikste’ plekke om te bly in sonnige SA:

1 – Gauteng
2 – Durban
3 – Oos-Kaap
4 – Seepunt
5 – Kaapse vlakte

Wat bly oor? Springbok, Upington, Aberdeen, Blomfontein? O wee.

Frank Passano ·

Liewe mede Suid-Afrikaners, wanneer laas was jul in Amerika; in sommige dele van stede soos Philadelphia, Chicago, Oos LA, New York, Dallas, Washington, Detroit [of wat daarvan oor is], ens. is dit lewensgevaarlik om bedags daar rond te loop. Julle het nie ‘n idee van sg ‘voilent crime’ nie.

Jenny ·

Hi Frank, ek stem saam hy het haar vermoor omdat hy haar wou dood maak uit woede hy is skuldig en moet gestraf word ek is nie jammer vir hom nie.

Jas van As ·

Wat gaan tog aan met die vrouens (gelukkig nie almal nie) van die land!! is julle blind of onnosel!? Oscar het ‘n moord gepleeg! Hoekom wil julle dit nou regverdig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.