Pistorius se regspan het 10 dae vir appèl-argumente

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius se regspan het tien dae om hul hoofde van argumente vir sy appèlsaak in te dien.

Nathi Mncube, woordvoerder van die hoofregter se kantoor, het gesê die dokumente moet teen 17 September by die hof ingedien wees.

Die staat appelleer teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag en wil hê die voormalige Paralimpiese atleet moet skuldig bevind word aan ʼn ernstiger aanklag van moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, deur ʼn badkamerdeur geskiet het. Die saak sal in November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word

Pistorius is in Oktober verlede jaar tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en sou verlede maand onder korrektiewe toesig vrygelaat word.

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het egter twee dae voor Pistorius se beplande vrylating die besluit teruggetrek en gesê daar was geen wetlike grondslag vir die besluit nie, aangesien dit geneem is voordat Pistorius ʼn sesde van sy vonnis uitgedien het soos deur die wet vereis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jax van Niekerk ·

Net nou die dag is n vrou wat haar aanvaller ten minste in die oë gekyk het, aangekla. Sy het nie net op iets wat sy haar verbeel het sy gehoor het, reageer nie. En omdat hierdie man gestremd is en sy vrese agv dit, sogenaamd veel groter is as die van die gewone man op straat, het n vroue regter aan die ag sies tog mamma sindroom gelei en hom aan n veel ligter misdaad as moord skuldig bevind.

Hy het willens en wetens, teenstrydig met die wet, sy wapen VIER KEER deur n TOE DEUR afgevuur. En al hierdie emsionele SINNELOSE SIELKUNDIGE VERDEDIGING is in ons kele afgedruk ter versagting van n verwende held wat nie eens die ordentlikheid het om insig te toon in die feit dat hy hierdie meisie vermoor het nie.

Na hierdie saak en ter gedagte hoeveel ander gestremde atlete wat groot prestasies behaal het sonder om hulle karaktertekortkomings op ander uit te leef, het my dunk van hierdie land se regstelsel homself mislik in die grond vasgeduik.

As jy iemand in so klein hokkie vier keer kon skiet, welwetend daardie persoon kan nerens heen vlug nie, dan maak dit jou n MOORDENAAR en om dan binne die maande na die meisie se dood, weer met n nuwe geliefde rond te hang, se vir my daar is iets baie skeef met jou persoonlikheid. Hulle noem dit n GEBREK AAN GEWETE.

Louis ·

Toemaar Oscar een van die mooi dae is jy n vry man ek bid vir jou vrylating

rika ·

Skuus Reeva se familie- jammer jy kan ok nie trug kom na hulle nie!!!!

Eduard ·

LOS Oscar nou iut nie een van ons was daar hy het a gewete enige mens kan dit sien

Winston ·

Die reg het in hierdie geval, gefaal. Verkeerd vertolk en hoort nie in ons sisteem n uitgewysde saak te word soos dit tans op rekord is nie. Sterkte met die appél Gerrie Nel. Baie van ons dink jy is op die regte pad en ek persoonlik beskou jou as n uitstekende aanklaer. Dankie

sannie groenewald ·

Ja Winston omdat hy wit en bekend is word hy veroordeel los hom tog nou uit sodat hy kan aangaan met sy lewe. Daar is so baie ander moorde waar die moordenaar as n vry persoon die hofsaal uitloop. Byvoorbeeld Tutu se huiswerker is vermoor en haar moordenaar is vrygespreek. Die Burger van Saterdag 29 Augustus 2015 het die beriggie op bladsy 14 gehad. Dit was nie eers voorblad nuus nie! Nou vra ek jou hoekom word daar nie ook n bohaai en veroordeling oor die saak gemaak nie?
Is dit omdat hulle onbekend is. Bekend, onbekend, los tog asseblief nou vir Oscar uit en kyk na die ander moorde waarvan die moordenaars onskuldig bevind word….of skuldig maar hulle kry nie tronkstraf nie.

Gerrit ·

Sannie, ek weet nie hoekom jy ras moet inbring nie. Die hofsaak was n skande op ons regstelsel. Ek dink enige ouer en of mens wil sien dat n kind in die tronk moet sit nie. Jy kan ook nie verwys na ander moorde soos Tutu se huiswerker nie. Ons weet nie wat se omstandighede en of ondersoeke wat gedoen is nie. Ek dink jy moet begrip he dat hierdie n baie hoe profiel saak was en dat die hele wereld het daarna gekyk. Die hele hofsaak is amper soos die Zuma aangeleendheid rondom Ngandla. Ek dink die land soek net geregtigheid en nie n sirkus nie.

sarie van heerden ·

As die regter in die Pistoriussaak dan verkeerdelik ‘n uitspraak gelewer het kan die regering mos nou erken hulle stel mense in hoe poste aan wat nie daarvoor bevoeg is nie. Ek reken sy was geloofwaadig, menslik en goed opgelei.

Anti-Haas ·

Hoop sy vonnis verander na Moord soos dit van die begin af moes gewees het.
Kry vir jou Oscar’tjie. Jy gaan lank agter ‘n seldeur staan.

Eliza-beth ·

Ek lees niemand se kommentare meer nie maar WEEREENS mense, hou op karring aan hierdie en doen iets goeds – ek vra mooi. Bepaal jul aandag ASB by iets soos die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom wat ongelooflik sukkel. Hul is in ‘n klein dorpie en die gemeenskap kan nie pal gevra word om uit te help nie. Limpopo regering het amper VYF maande NIE hul maandelikse toelaes betaal nie en na dreigbriewe van advokate uiteindelik betaal – ‘n HALFMILJOEN rand te MIN! Dis waarop ons ons aandag moet vestig – help hierdie kinders, nie een het gevra om gebore te word nie en nie een is daar as weeskind maar deur die hof in die huis geplaas weens mishandeling of misbruik of verwaarlosing. Vergeet van Oscar en doen iets goeds. VANDAG. ASSEBLIEF. Al kan elkeen wat hier lees net vandag R100 skenk – of selfs net R50 gaan dit alreeds ‘n groot verskil maak. Hierdie kinders moet terapie kry, hulle het klere, kos ens nodig plus dinge soos aandag en liefde. Wys vandag hoekom jul julself as mens beskou en doen iets! Gaan op hul webwerf (www.akknyl.co.za) en kyk onder die hofie “Finansies” waar alle besonderhede van hul bankrekening is. Ek het reeds onder ‘n vorige Oscar berig gevra en ek hoop Maroela verwyder nou nie net weer my kommentaar maar ek hoop IEMAND onder julle sal DOEN.Ek werkmy gaai af om aandag op hierdie kinderhuis se probleme te vestig en op allerhande ander maniere hul te help. Maar ek is een mens en kan nie alles doen nie. Nou wil almal oor onbelangrike goed aangaan en aangaan ad infinitum. Laat staan die bitterheid en oordeel en help vandag – sommer elke maand wat, mens kom naderhand nie eers agter as jy ‘n aftrekorder teken nie. Versprei die woord – ek weet niemand het net honderde rande om weg te gee nie, maar koop ‘n paar keer minder snoepgoed en voel hoe lekker dit is om te gee. Al gee jul vir jul kerke ens, rek jou randjies en help. DANKIE

Daleen ·

Eliza-beth, dankie dat jy die krisis by Abraham Kriel Kinderhuis onder my aandag gebring het. Ek het ietsie oorgeplaas en sal elke maand solank ek dit kan bekostig doen. Hoop meer mense sien jou boodskap. Almal wat daar betrokke is doen ongelookflike goeie werk. Sterkte!

nig ·

Ja, vestig jul aandag op iets positiefs – ek gaan. Niks wat ons hier skryf gaan iets verander aan die saak nie, laat dit sy gang beloop. Maak dit ‘n mooi dag deur iets wonderliks te doen soos hier gevra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.