‘Pistorius-swendelaar’ in hof

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Die 33-jarige man wat glo probeer het om R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius te eis vir sy “vryheid”, het Dinsdag sy eerste verskyning in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gemaak.

Die beskuldigde, Tshifhiwa Radzhadzhi, het regdeur die hofverrigtinge sy kop bedek, en gesê dat hy nier-verwante kwale het en nie enige medikasie het nie.

Radzhadzhi staan tereg op aanklag van korrupsie en ʼn moontlike aanklag van afpersing kan by sy klagstaat gevoeg word.

Aanklaer Willem van Zyl het versoek dat die saak uitgestel word omdat die polisie nog moet vasstel of Radzhadzhi uitstaande sake teen hom het alvorens hy vir borgtog kan aansoek doen.

Die saak is tot Donderdag uitgestel. Landdros Nicca Setshogoe het opdrag gegee dat Radzhadzi in die tussentyd mediese behandeling ontvang.

Radzhadzhi het na bewering homself as ʼn beampte van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg.

Hy is Vrydagmiddag naby die hooggeregshof in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle vir hom ʼn lokval gestel het.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die Valke Donderdagaand ingelig oor die “beampte”. Die verdagte het Pistorius glo genader en R250 000 geëis om die moordsaak teen hom te laat “vernietig”.

Die Valke het ʼn lokval gestel en die man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn R40 000 “deposito” in ontvangs geneem het.

Annelise Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, het bevestig dat Pistorius deur ʼn man genader is wat hom glo as ʼn NVG-beampte voorgedoen het. “Oscar het die Valke daarvan in kennis gestel, en die Valke het ʼn lokval opgestel,” het Burgess gesê. “Ons loof die Valke vir hul spoedige optrede en die manier waarop hulle die saak hanteer het.”

Die konstitusionele hof het vroeër vandeesmaand Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur. Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly nadat hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Pistorius verskyn op 18 April in die Pretoriase hooggeregshof om gevonnis te word op aanklag van moord.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Martin ·

Dit gaan Oscar nou niks help om mooi broodjies te bak nie.

Mara Wijk ·

So, wat sou jy sou gehad het? Dat hy die omkoopgeld aanvaar?

Martin ·

Nee Mara, dit sou hom ook niks gehelp het nie. Ek probeer sê: Dit gaan niks aan sy vonnis verander nie. Met ander woorde, dit gaan nie tel as versagting nie.

Mara Wijk ·

Iets nie pluis hier nie. die beskukdigde baie genee om is tronk te bly..

Mara Wijk ·

Iets nie pluis hier… die beskuldigde te genee om id tronk te bly

Liz ·

Liewe land mense, hy het die regte en eerbare ding gedoen. moenie net altyd negatief wees nie, sy optrede was reg, “well done” Oscar

Ani ·

Oscar het die regte eerbare ding gedoen, nes daai moordnag. ‘n Mens se eerste reaksie is om pad te gee (soos Modimolle moordenaar), en Oscar het glad nie pad gegee nie.

Joann ·

Kan nie verstaan dat my kommentaar word delete. Oscar seun ek vertrou die storie nie.

Snip ·

Hy het wel `n eerbare ding gedoen, maar ek wens hy wil die eerbare ding doen en waarheid vertel.

Johann ·

Ek ruik ook ‘n rot ja! Sommer ‘n groot rot wat dalk net arme Oscar verder in die moeilikheid wou laat beland! Was dit dalk ‘n lokval wat gestel is om sy eerbaarheid te toets? Ek hoop dit kom in die saak uit. Dan sal Oscar se saak vir/teen hom vergemaklik word. Ek hoop nog steeds vir strafversagting. Sterkte Oscar! Mag die ander blikskottel sit.

Martin ·

Dit sal nie as versagting dien nie. Hy moet dei waarheid praat. Daai een kan dien as versagting!!!!!!!!!!!!!!.

Klaas ·

Daars net een eerbare ding wat ou oscartjie kan doen en dis om die waarheid te praat.

Cheryl ·

Snaaks as ek nou moord pleeg ongeluk/perongeluk, gaan ek dadelik tronk toe, en sal daar doodgaan. Wens so my naam was Oscar… dan kom jy met als weg,, even moord…. Dink regtig hy het genoeg publisiteit vir n leeftyd gehad…

Thea Gerber ·

Cheryl dit is nou die onsinnigeste opmerking wat ek nog ooit gelees het. Ek dink jy is die enigste mens op aarde wat wens jy is Oscar. Wil jy baie graag tronk toe gaan? Oscar het met NIKS weggekom nie. Hy moet nog gevonnis word. Wat daarvan verstaan jy nie daarvan nie.

jaco ·

Ongeag of dit misdaad is of nie, wonder en net: sou Oscar nog R250 000 oor he na al die hofsake. ‘n Hele paar maande terug was sy Uitgawe op regskoste reeds R19 miljoen

Elize C ·

Ek mag heeltemal verkeerd wees, en in daardie geval vra ek byvoorbaat onvoorwaardelik om verskoning, maar my 1ste instink was ook dat hierdie ‘n ge-‘stage’-de voorval is, in ‘n desperate poging om dit te laat tel as versagtende omstandighede, omrede dit aangemeld is. Ondersoek hierdie man se verlede: het hy ooit ‘n vaste werk, vorige veroordelings, ens? Dalk is hy heeltemal bereid om vir ‘n paar maande of ‘n jaar of twee in die tronk te wees, en dan in elk geval R250 000 (of heelwat meer) te kry vir sy “diens” as hy die dag daar uitstap…. intussen word sy familie dalk onderhou ook terwyl hy in die tronk is….

Ellen ·

Laat die een sonder sonde die Eerste klip gooi. Die is n saak tusen Oscar en God. Hoop julle het almal julle verslae reg. Waneer julle voor die Groot Regter staan. Daar gaan geen “SUPPORT” wees. Geen media of facebook wees. Bid vir Oscar .

Nadia ·

Ellen, ek stem volkome saam met jou. Ek stem nie saam met wat Oscar gedoen het nie, dit was verkeerd!! Maar wie is ons om klippe te gooi?? Almal hammer so op die “waarheid” wat Oscar moet praat ….maar al een oomblik gedink dat hy wel die waarheid praat?? Mense, hy het sy straf en hy moet saamleef met wat gebeur het. Ek voel jammer vir albei families, dit is ‘n voorval wat NOOIT moes gebeur het nie. Los nou vir Oscar uit!! Mag jul wat klippe gooi, nooit in so ‘n situasie kom waar jul met klippe gegooi kan word nie!! Niemand is volmaak nie en almal van ons maak oordeelsfoute…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.