Radzhadzhi het Maandag vir die derde keer in die hof verskyn en die verdediging het versoek dat die saak uitgestel word. “Die staat sal die aansoek om uitstel teenstaan. Die beskuldigde kan nie hier staan en sê hy het nie geweet dat die staat vandag voortgaan nie. Dit is onaanvaarbaar. Ek kry die gevoel die beskuldigde probeer ʼn kat-en-muis-speletjie met my speel,” het staatsaanklaer, Willem van Zyl, gesê.
Tydens Radzhadzhi se eerste verskyning op 22 Maart het die staat uitstel versoek om sekere inligting te bevestig. Radzhadzhi het weer op 24 Maart verskyn en versoek dat die saak uitgestel word, aangesien hy ʼn nuwe regsverteenwoordiger aangestel het. Tydens Maandag se verskyning het Radzhadzhi sy nuwe regsverteenwoordiger die trekpas gegee en gesê hy gebruik nou weer sy vorige regsverteenwoordiger.
Adv. Mpesi Makhanya het aan die hof gesê hy is eers Sondagaand weer as Radzhadzhi se regsverteenwoordiger aangestel en hy versoek dat sy kliënt se borgtogaansoek uitgestel word.
Landdros Nicca Setshogoe het die saak tot volgende Dinsdag uitgestel. Radzhadzhi is in hegtenis geneem nadat hy homself na bewering as ʼn beampte van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis het om sy moordsaak “te vernietig” en sy vryheid te waarborg.
Lees alle vorige berigte oor die ‘Oscar Pistorius-swendelaar’ op Maroela Media.
Hy dink hy is ‘n akteur. Speel lekker kat en muis tot die muis binne die kat se kloue is dan gaan hy sukkel om weg te kom.
Slim vang gewoontlik sy baass!
Toe vang die muis die kat