Pitbulls val man op strand aan

Foto: IPSS Medical Rescue.

ʼn 30-jarige man is Maandagoggend deur twee pitbullterriërs aangeval toe hy oudergewoonte op Tinley Manor-strand in KwaZulu-Natal gaan draf het.

Janus van Schalkwyk, ‘n paramedikus van IPSS Medical Rescue wat die man behandel het, het aan Maroela Media gesê die man draf glo elke oggend daar en die voorval het omstreeks 07:45 plaasgevind.

“Dit is onduidelik hoe die honde uitgekom het, maar die eienaar het eers ná drie of vier minute agtergekom sy honde is besig om die man aan te val. Hy het ook eers gesukkel om hulle van hom af te trek, maar kon toe daarin slaag,” het van Schalkwyk gesê.

Die man wat aangeval is het eers teen die honde probeer terugveg, maar is oorrompel.

Van Schalkwyk het bevestig dat hulle die honde se inentingskaarte gesien het en kan bevestig dat dit wel pitbulterriërs was. Die eienaar het IPSS Medical Rescue ontbied.

“Die man het baie erge weefselskade aan sy arms en bene en gesig opgedoen. Sy arms is heel oopgeruk. Hy het nogal baie bloed verloor tydens die aanval,” het van Schalkwyk gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

m ·

Mens raak nou bekommerd oor al hierdie aanvalle deur honde. Wat gaan aan, kan mens nou nie eers mee in vrede in die straat of stand loop sonder om aangeval te word deur honde nie. Mens lees omtrent nou elke dag van sulke gevalle. Ek is baie lief vir honde maar hierdie is n saak van groot bekommernis.

amvi ·

Man jy kan nie eers meer in die straat loop nie, dan word jy deur “mense” aangeval, sonder rede. I hond sal altyd ‘n rede he.

Nikki ·

Dit is so hartseer en men’s begin al hoe meer lees oor die tiepe Honde wat mense aanval.Wens net daar kan n wet in kom met die honde.Ek is baie Lief vir diere maar die honde is ek baie bang voor.Sterkte vir die familie en mag die man vinnig gesond word.

Pitbull-liefhebber ·

Dis nie net DIE tiepe hond wat mense aanval nie, ek was al gebyt deur ‘n jack russel. ‘n Pitbull is nie ‘n aggresiewe hond, AS jy hom/haar reg groot maak nie. Hoekom moet daar ‘n wet inkom by die honde? Sodat hulle almal dood gemaak word omrede daar party mense die honde verkeerd groot gemaak het? NEE, daar moet ‘n wet inkom teenoor eienaars wat die honde vir die verkeerde redes groot maak. ‘n Hond is ‘n wilde dier, groot of klein, hy kan jou dood byt.
Ons het ‘n Pitbull en hy kry al die liefde in die wereld, as jy by ons hek instap, is hy die vriendelikste ding, hy neek wel my tuin op maar anders as dit is almal welkom by ons, hy is baie lief vir kinders en baie gehoorsaam. Weereens, daar moet ‘n wet inkom oor wie mag en wie mag nie eienaars wees van honde nie, half soos om aansoek te doen vir ‘n geweer lisensie. Om die honde uit te wis is NIE DIE ANTWOORD NIE!

Cryosphear ·

Gaan kyk bietjie op youtube en Google hoe baie babas lê op pits se mae terwyl DIE op hulle RÛE lê. Weerloos ste posisie vir ‘n hond, en niks gebeur nie. Wet moet wees net sekere mense mag pits aanhou sou ek sê en jy moet deur ‘n toets gaan en geleer word. My opinie.

Loeis ·

Dis eenvoudig: mense moet hulle honde in die perseel hou – nie onderhandelbaar nie.

Hoe mens ‘n hond behandel speel ook ‘n baie groot rol in hoe hulle optree. Ek weet van ‘n rotweiler wat nooit enige teken van agressie getoon het nie. Tot sy eienaar aangerand is. Sy baie bly oor wat die hond toe gedoen het. Haar aanvaller was nie.

koos ·

Ek stem 100% met Pitbull liefhebber saam. Daar is baie mense wat nie diere, veral gevaarlike honde, moet aanhou nie.

Leoni ·

Mense moet net leer om hul honde aan leibande te hou. So eenvoudig soos dit!

Gerhard ·

Ek voorspel ons gaan nou weer allerade stories moet hoor oor hou liefdevol en skadeloos hierdie tipe honde is. Spaar ons dit asb en maak oop julle oë.

Cherokee ·

Ja Gerhard, jy kan daarop staatmaak dat jou voorspelling in die kol is.

Nettie ·

En ek voorspel, Gerhard, dat ons nou weer allerhande stories gaan hoor oor hoe wreed en aggressief pitbulls is en dat hulle van die aarde afgevee moet word.

Ek is nie ‘n pitbull of varkhond-aanhanger nie, maar ek sê weer eens: ENIGE HOND SAL EN KAN AANVAL AS DIT BEDREIG/BESEER/AANGEHITS WORD en nie reg deur sy/haar eienaar opgevoed is nie. Of dit nou ‘n Chihuahua, Jack Russell, Alsatian, Pireneese Berghond, Malteser, Boerboel, Engelse Bulhond of Schnauzer is.

@Nikki – daar IS wette in die land wat dit die aanhou van hond(e) aanbetref, o.m. dat jou erf veilig toegemaak moet wees en jou honed BINNE daardie erf moet wees, asook dat GEEN hond vasgeketting mag wees nie, maar wel op ‘n leiband moet wees wanneer julle gaan stap. Die probleem is net: MENSE kom nie WETTE na nie en dit is dán wanneer ongelukke soos dié gebeur.

AN ·

Stem 100% saam! Pit bulls en Rottweiler – albei is uiters gevaarlike diere, gebasseer op feitelike, ware verhale. Het nog nooit gelees van ‘n Jack Russel wat iemand erg beseer het nie — pit bull lover

Anti-pitbul moordhonde ·

Net so Gerhard!!! Wil my egter voorkom asof pitbull-liefhebbers in ontkenning leef! Waarom o waarom is die verbrande goed al bykans wêreldwyd verbied (minstens in die meerderheid beskaafde lande wat oor die vermoë beskik om statistiek te ontleed) as hulle sulke lieftallige ou goedjies is??? Hoeveel mense moet nóg deur pb’s vermink word?

Pitty ·

AN – gaan google bietjie die jack russel wat ‘n 1 week oue baba dood gebyt het, of wat ‘n 8 jarige seuns aangeval het en wat in die hospital beland het. Of dit nou ‘n jack Russell, pitbull, Labrador of Chihuahua is. HONDE IS GEVAARLIK AS HULLE VERKEERD GROOT GEMAAK WORD.

Moeder ·

Verstaan nie – deesdae val honde net oral aan. Hoe kom hul uit??? Ek is ook al bang om net smiddae om die blok te loop. Voel vir my jy moet net orals paraad wees – as dit nie vir kriminele is nie, is dit honde! Nerens kan jy net ontspan nie. Sterkte aan die beseerde!

Alida ·

Die eienaar moet sorg dat sy honde behoorlik agter behoorlike tralies is en nie ‘n gevaar vir die publiek inhou nie. Dit is afskuwelik en tragies wat gebeur het.

Christo ·

Moet nie die honde blameer vir menslike probleme nie. Dis die eienaar se verandwoordelikheid om die honde in toom te hou. Dis natuurlik vir n hond, enige hond om aan te val.

Justice ·

Ek hoop en vertrou dat die twee honde alreeds van kant gemaak is.

Basjan ·

Die eienaar van die honde moet van kant gemaak word, nie die honde nie.

DC ·

Christo niemand het die honde blameer nie. Honde moet aan ‘n leiband of in sy erf toegesluit wees, punt.

Pitbull-liefhebber ·

Presies Basjan, die eienaar het die honde so groot gemaak.
As ‘n kind stout is dan kyk almal dadelik na die ouers, want hoe durf hulle die kind so groot maak, dieselfde gaan vir ‘n dier, dis die eienaar en klaar!

AN ·

Stem!!! Die eienaar moet die mediese onkoste dra en die honde onmiddelik van Kant maak

Basjan ·

Stuur die eienaar van daardie honde tronk toe. Die honde is nie reg geleer nie. As eienaar is dit jou verantwoordelikheid om na ál hulle behoeftes om te sien, nie net kos en water nie.

Terwyl ons op hierdie onderwerp is. Daar moet streng opgetree word teen die uitvaagsels wat hondegevegte reel asook diegene wat dit bywoon.

Phillip ·

Honde is goeie beskerming teen sluipende gestaltes wat wil roof en moor. Ons honde-eienaars sal net meer bedag moet wees en ten alle tye sorg dat ons honde nie ‘n bedreiging vir onskuldige mense inhou nie. Ek het self ‘n aggressiewe hond en maak seker hy is agter hoë mure as ek ‘n hek of deur oopmaak want hy het al twee keer verby my geglip die strate in. Ek was net gelukkig dat ek hom met die motor kon inhaal. Ek verruil hom vir niks, ons moet net voorsorg tref dat daar nie geleentheid is vir hom om aan te val behalwe as my eiendom betree word nie.

Henry ·

Daai kwaai honde verleen geen beskerming nie.
Diewe, rowers, kapers en moordenaars gooi ‘n paar vergifte stukke vleis vir ou siebie en na ‘n dag of wat is al die gevare vir die kwaaddoeners uit die weg geruim.
‘n Klein skadelose keffertjie wat binne die huis slaap is van veel meer nut as die gevaarlike spul honde wat onskuldige mense aanval en vermink.

LeonC ·

Phillip jy maak n bietjie meer sin hier. N gevaarlike hond kan seer maak en dood, mense gee julle diere baie aandag en liefde ,

Lizé ·

‘n Bejaarde oom en en tannie is hier by ons helder oordag aangeval met ‘n baksteen en byl en al wat hulle gehad het vir beskerming was ‘n klomp blaffende keffertjies wat saam hulle op die bed geslaap het.

Henry ·

Die veronderstelling is dat die keffertjie(s) waarskuwingstelsel werk. Die res van die huisgesin moet dan verdedigingsposisies inneem.
Sallie van veel nut wees om saam met die blaffende keffertjies op die bed te lê en te wag vir die aanval nie. Indien mens nie daartoe instaat is om jou eie huis en haard te verdedig teen invalle nie, moet jy seker begin soek na alternatiewe oplossings
Is tog logies. Of hoe???
Maar hoe woes en gevaarlik ou Siebie, Leeu, Wagter ens ookal mag wees, ‘n stkkie vleis wat met “two step” gegeur is,sal die einde van Siebie en al sy pelle wees.

Cherokee ·

Henry, jy praat sin. Male sonder tal het ek in hierdie forums gesê ‘n keffertjie is een van die beste alarmstelsels (indien nie die beste!). Een van die moete vir beskerming in ‘n huis.

Debbie Hendriks ·

‘n Rukkie terug het ‘n vriendin vir my hierdie raad gegee : HONDE EIENAARS MOET HULLE HEKKE EN HEININGS SOOS HULLE GULPE HANTEER…..HULLE MOET DIT TOE HOU. Klink na goeie raad vir my.

Hans ·

Ag hierdie hondjies sal nooit niemand aanval nie,nie reg geleer nie ens ens,BULL man dis onsin,hierdie honde se dna se verskeur,vermink.Hou op lieg vir die mense.

Nivea ·

Hans ek is mal oor jou antwoord. Well done!!!!!!!!!!!!!!!!! Se dit soos dit is.

JOHAN ·

ek het 2 pitbulls wat ek aangeneem het en dit is di mees liefste volle honde en mens sal altyd n opskrif lees van pitbul byt iemand maar as dit n ander hond is dan se hulle net hond byt iemand .en dit is nie die tiepe hond wat jou aanval nie dis as hy groot gemaak is om jou aanteval .en mens kan sien almal wat teen die pitbulls is het nog nooit een vir hulle besit en reg groot gemaak om te sien hoe wonderlik hulle is nie .Dit is nie die honde se skuld hulle het uit gekom nie . en Gerhart jy gan hoor dat dit liefde volle hond is want ek praat uit ondevinding .net soos jy n opinie het het ek ook een .As jy n Pitbull of n Rottweiler of Bullterrier ens. reg groot maak sal hy soos enige ander hond wees .

Melissa ·

Gee vir die man ‘n Bells !!! Dit is presies so, die liefde wat jy vir ‘n hond gee gaan hy vir jou teruggee, of dit nou ‘n Pitbull is en of dit ‘n Poedel is. GEEN hond val mense net aan omdat hulle ‘n lus kry om dit te doen nie, honde is dieselfde as mense. As iets of iemand jou bedreig, gaan jy terug veg. As jy nie so ‘n hond het nie, kan jy nie praat nie net omdat jy hoor of lees in die media van ‘n paar voorvalle. Ek het die 2 mees amazingste en liefdevolste Pitbulls wat soos my kinders is. Hulle het of sal nooit skade aanrig as dit nie uit beskerming is nie. Gerhard, dalk bietjie tyd vir jou oë om oop te gaan!

Ronell ·

Ek sal die eienaar van die honde sue vir elke sent wat hy nog moet maak. As hy agressiewe
diere wil grootmaak, moet hy na hulle kyk.

Alida ·

Kwaai honde hoort agter slot en grendel en as enige persoon daar wil in moet jy die hek SLUIT as jy uitkom en sorg dat hulle nie uitglip nie. Hoop die eienaar leer ‘n les as hy die mediese kostes en wat daarmee saamgaan moet betaal.

chantel ·

dis altyd pitbulls maar laas week was dit n rotweiler wat verskeer het enige hond kan enige iemand byt dis nie net altyd pitbulle nie ek het 2 wat veilig in my jaard is kan nie uit kom nie en hulle gehoor saam my so die eienaar moes hulle reg groot gemaak het asb van ons mense voel vuilig met pitbull en nog n ding my dogter is 10 en ek het hulle al van dat sy 1 jaar oud is nog nooit het hulle ha iets gedoen het ma as iemand wat hulle nie ken nie teen my pallesides kom hammer sal hulle hulle gesin beskerm

Reneé ·

Ek wil graag die honde se kant van die storie ook hoor…. onthou….elke aksie het ń reaksie….maak nie saak hoe plat en dun die pannekoek nie…daar is altyd twee kante. Honde val nie net aan nie…. maak nie saak watter ras of grootte nie…

Valerie ·

Gevaarlike honde hoort nie tussen mense nie; maak nie saak hoe dun jou pannekoek is nie.

Ronell ·

Die man het gedraf… dis instink om aan te val. Hulle moes nie op die strand gewees het nie punt!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Watter kant van die pannekoek jy ookal wil uitpluis.

Angei ·

“In the ’70s they blamed Dobermans, in the ’80s they blamed German Shepards, in the ’90s they blamed the Rottweiler, now they blame the Pit Bull – When will the start blaming the humans?” – Cesar Millan

Irene ·

Ek het ook pitbulle. Ja dit is so, di een hond is sag. Di ander agrisief en moet beheer word. En jammer so lief soos ek my honde het….as hy uit di yard om n mens aan te val…sit ek hom uit.

Anoniem ·

So, jy gaan eers wag tot die aggressiewe hond ‘n mens aanval, voordat jy iets doen aan die saak? Dis dalk ‘n KIND wat gebyt word! Dis dalk ‘n kind wat DOODGEBYT word!!

Liefhebber ·

As diere uitgesit word omrede hulle verkeerd groot gemaak is en mense aanvaal, MOET DIE DOODSTRAF OOK TERUG GEBRING WORD. Hoekom moet die sonder stemme gestraf en uitgesit word??

Johann ·

Soos ek by ‘n vorige geleentheid gesê het, ‘n boelhond, maak nie saak water ras nie hoort agter in ‘n hok agter tralies soos ‘n leeu in die dieretuin, en moet my nie anders wil oortuig nie.

Anoniem ·

Ek is al so moeg vir mense wat vertel Pitbulle is nie agressief nie. Boel man. My bure het ook hul honde met liefde grootgemaak en daardie honde het al hul kind aangeval (wat op daardie stadium 8 jaar was) en jy sal sidder as jy hul agressie teenoor mense wat verbyloop sien. As dit nie vir hul bediende was wat hulle met kookwater gegooi het om die kind te beskerm nie, was sy ook deel van die statistiel. Nonsens.

Totaal onaanvaarbaar ·

Ek is self die eienaar van 4 honde en ek is baie lief vir hulle, maar die reel is agter hoë heining & hek. Hulle word geleer om net ons erf op te pas. Indien my hond uitkom (dit sal per abuis wees) en iemand aanval (veral onskuldige drawwer/verbyganger) word sodanige hond onmiddelik uitgesit….. dit is nie onderhandelbaar, niks met onmenslikheid te doen, sy dna en natuur is versteur en dit gaan weer gebeur. Verder sal ek volle verantwoordelikheid tov koste en vergoeding neem, as jy dit sal doen, kan jy honde aanhou.

Kaatjie Kekkelbek ·

Ek kom nou al veertig jaar saam met Labradors aan. Eers in my ouerhuis, en daarna ons eie. Nie een van ons Labradors het al ooit iemand gebyt nie….Ek glo tóg sekere rasse honde se tempramente verskil.

AN ·

‘N hond is ‘n dier nie ‘n mens wat kan dink nie….ek is seker dat die honde se lewe nie in gevaar was nie…die honde moet uitgesit word, pit bulls is nie troeteldiere nie..aggresiewe waghonde

Pat ·

Dis baie eenvoudig, mense se lewens bo diere se lewens gestel. Alhoewel baie mense die mense in hul lewens met diere vervang en dan die diere se lewens bo mense se lewens sal stel. Honde aanvalle is ernstig maak nie saak hoe jammer jy die dier kry wat aangeval het nie. Maar mense se lewens kom eerste. Wat as dit jou man of jou kind of jou vrou was wat so aangeval is? Nee wat kry perspektief! Daai eienaar moet ‘n heftige boete opgelê word. Wat as die persoon gesterf het?

Dellaq ·

Die menslike factor is gewoonlik die problem. Ek self het ‘n agressiewe hond gehad en nee, ek het hom nie so grootgemaak nie. My hond het met al wat kind & mense gespeel en net eendag het hy “gesnap” en wou alles en almal opvreet. Sy DNA? nee maar raai wat? Ek het op ‘n dag,toevallig, want ek was die dag af, gesien hoe die bure se 3 seuns my hond met klappers gegooi het…en bessies en hom geterg het en toe verstaan ek. En as hy dalk een van die kinders gebyt het, was dit my of my hond se skuld? Ek het my mure verhoog en hy was altyd agter slot en Grendel,weg van mense. Ongelukkig gebeur “ongelukke”. Mens moet dan net jou plig en verantwoordelikheid nakom teenoor die persoon wie jou hond aangeval het.

Lizanda ·

Ons woon op ‘n kusdorp waar dit male sonder tel gebeur, dat honde losgelaat word om op die strand te hardloop, en weereens soos verlede naweet vloek hondeienaar jou indien jy hulle aanspreek oor die feit dat hulle diere op ‘n leiband is nie.
Ek hoop die eienaar van hierdie diereword swaar gestraf oor die onvermoei om die wet te gehoorsaam.

CAREN ·

EK HOU NIE VAN HONDE NIE! Dan val mense jou aan omdat jy nie reg het om te se ek hou nie van honde nie. Ek wil iets oorkom dat mense diere honde ens in hulle huise tussen kinders aanhou ek kuier nie graag by mense met honde nie ek hou nie van honde wat my ke op my wil sit nie… net soos mense die reg het om van honde te hou het ek die reg om nie van honde te hou nie…. maar as n hond een van my kleinkinders moet aanval…..

Dee ·

Groot, kwaai honde wat hoofsaaklik aangehou word vir beskerming, maar ook troeteldiere is, moet dissipline aanleer en beheerbaar wees anders beteken hy niks vir jou nie. n Ongehoorsame honed beteken vir jou niks

Leonie ·

Ek blameer die eienaar van die honde en nie die honde nie. Die drawwer het dalk van ‘n kant afgekom en hulle het geskrik. Hulle moes op leibande gewees het. Pitbulls is baie nice honde en beskerm hulle eienaar soos enige ander hond ook sal doen. Maar ‘n hond hoort aan ‘n leiband as hy nie in sy erf is nie. En ook enige hond kan aggresief wees hang af hoe hy opgelei en grootgemaak is.

AN ·

Pit bulls is NIE nice honde nie— aaklig en aggressief net soos Rotweilers

Nivea ·

Ek rol my oe rerig vir die mense wat se pittbul is die liefdevolste honde as hulle reg grt gemaak is ens. Al wat ek in die berig lees die man het gaan draf, want hy elke oggend doen en die honde het hom verskeur. Genade mag die man dan nou nie meer draffie, mag jy nie meer loop in die straat nie, moet jy nou jou lewe lei om honde te pas. Honde verskeer of dit nou ‘n pitbull is of ‘n worshond. ‘n Hond is ‘n hond en ek weier om by ‘n hond aan te pas. As jy voel jy wil die tipe diere aanhou jou besluit aanvaar ma net die consequences. Ek twyfel sterk of jy nou jou hond na ‘n doggy school to stuur vir mooi maniere of dit sy nature sal verander. Want ‘n hond is ‘n hond.

VJG ·

Ek het nog altyd worshondjies gehad. Die laaste een is in 2015 oorlede. Ek het nou ‘n pitbull, en laat ek julle 1 ding vertel… my worshondjies was BAIE GEVARLIKER as my pitty! Ek sal NOOIT weer enige ander honde kry as pitbulls nie! My pitty slaap in die huis en is deel van ons familie. Sy is beslis nie gekry vir beskermings doeleindes nie. Ons kan aan haar stert, ore, voete en self mond vat as sy eet. Sy maak niks! Sy word reg groot gemaak, maar ek is seker as ‘n boef in die nag in ons huis inkom sal sy nie tweekeer dink om ons te beskerm nie. Know the breed and know YOUR dog! Ek hoop die man sterk gou aan en ek hoop die eienaar word vas gevat!

Uvonka ·

Ek is baie bang vir enige hond wat my dalk kan opvreet! Baie lief vir honde en ek ooo en aaah vir ‘n mooi hond maar ja, baie versigtig vir hulle!

wonder net ·

Ek dink meer klein huis honde byt mense,weet jy hoeveel keer was ek al by mense en die brakkies hap hap so agteraf,moet eerder n wet teen sulke honde insit pffff

Jenny ·

Di alewige storie! Dis altyd die hond se skuld. Hy kannie praat ni so hy kan homself ni verdedig ni. Solank hy buite sy erf is is hy skuldig. Ek sien heeldag hoe my honde verpes word deur mense. Gooi jou hond binne in sy erf mt klippe ,vloek hulle ,maak vi hulle geluide, slaan hulle met stokke haal aardige passies uit een ht tot sy ass’ vi hulle gewys en glo my dis groot mense ni kinders ni. Nou word di hond kwaad en kom uit nou is jou hond di skuldige want n mens se so. Onregverdig! Mense moet bykom! Diere ht ook regte

Alida ·

As mense hierdie vieslike honde wil aanhou in n woongebied moet hulle maar die gevolge dra. Gaan bly op n plaas of plot weg van mense af. Maar nou-ja mense maak leeus mak met gruweĺike gevolge.

RC ·

Ek was op die ouderdom van 6 jaar oud amper dood gebyt deur ons buurman se hond. Danksy my broer wat van sy fiets af gespring het en hom van my keel af getrek het, het ek dit oorleef. Ek het nou nog op die ouderdom van 69 letsels op my gesig en my keel. Ek is baie bang vir honde en sal nie sommer op straat gaan draf nie, ek gaan eerder gym toe en draf op die “treadmill” baie veiliger.

gerard ·

Rc ek stem saam jou dus baie veiliger ek was ook al deur so baie honde gebyt in my lewe DAT ek vandag nog nie in iemand se huis of yard ingaan as hul nie hond weg gesluit het. Ek was ook eendag op straat gebyt deur n hond wat saam sy eienaar gestap het en die vrou was te SWAK om die hond te beheer DAT hy my arm gebyt het sowel met die ruk my nek stut afgeruk het, amper daardie dag gedink dus laaste wat ek asem haal. Kyk ek gee nie om of jy na jou hond kyk of nie sommige mense se gee net nie on nie, maar wees verseker ek sal nie rus totdat ek weet daardie hond is uitgesit sowel as ek het mediese versekering tot die dag wat ek wegval want glo my mense jy kry techno shot en n lappie om jou arm en boom R150 later , maar wat dokter nie vir jou se DAT wees versigtig of kom vir follow up want jy gaan probleme he in toekoms. Ek kry soms sulke pyne waar ek gebyt was dat ek niks kan optel nie en die dame met haar braksel stap weg lag lag. Hoe regverdig is dit???????

Dawie ·

Se net vir my watter twee honderasse lees mens die afgelope tyd van in maroela media. Daar is jou antwoord oor watter honde mense aanval.

Neilia ·

Enige hond kan aanval, n kind is aangeval deur n labrador waar haar PITBULL haar gered het. Ek het n fox terrier wat aggresief is .. Rede hy was mishandel deur kinders toe ek hom aangeneem het. Vandag is hy my bulletjie en ek word beskerm. Ongelukkig hou nie van kinders nie maar te verstane hoe hulle hom mishandel het. Op dstv is daar n program Pittbulls en parolees kyk dit biekie en jou hele insig sal verander. Die eienaar moet uitgesit word by n veearts oor sy stupid fout.

Jaco ·

Daar is nie n ding soos n slegte hond nie, net slegte eienaars

Theresa ·

As honde enigsins op strande MOET toegelaat word, moet ‘n vreeslike boete gee word aan dié eienaars wat hul sonder leibande daar het. Dis erg genoeg dat strandbesoekers met die reste van honde moet vrede maak. Aanvalle is verregaande. Fifi die poedel se goed in die seesand is net so onwelkom soos Hercules die Pitbull s’n.
Dis waarom ek so hou van oorsese reels. Jy kry eenvoudig ‘n boete as jy aanvaar ander moet van jou dier se reste hou – jy word gedwing volgens wet om dit op te tel en diere moet aan leibande gehou word op straat. basta.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.