Pityana gekap oor kritiek teen Zuma by begrafnis

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die ANC-jeugliga het uitgevaar teen Sipho Pityana, voormalige direkteur-generaal van die departemente van arbeid en buitelandse sake, nadat hy tydens Makhenkesi Stofile se begrafnis die ANC-leierskap erg gekritiseer het.

Pityana het Donderdag op Stofile, voormalige minister van sport, se begrafnis die ANC se nasionale uitvoerende komitee daarvan beskuldig hulle laat toe dat korrupsie en “baantjies vir boeties” aan die orde van die dag is. Hy het ook pres. Jacob Zuma se bedanking geëis.

“Ons terugslae is self toegedien en ons het ons moreel-verhewe posisie afgestaan aan die teenstanders. Ons sê ons is ʼn party van die Grondwet … en ons het ʼn reg om dit te doen, maar baie glo dit nie, omdat ons hulle rede gee daarvoor. Ons land en president gebruik elke geleentheid om niks anders as minagting en veragting vir ons Grondwet te wys nie,” het Pityana onder luide applous van roubeklaers gesê.

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, adj.pres. Cyril Ramaphosa en verskeie ministers was onder die hooggeplaastes by die begrafnis.

Pityana het gesê hy het sy toespraak met Zuma in gedagte geskryf. “As die president hier was, sou ek hom gesmeek het om te bedank. Die volgende stryd kan nie gelei word deur iemand wat ons organisasie verneder het en alles wat ons respekteer, ondermyn het nie.

Die ANC-jeugliga het Pityana intussen daarvan beskuldig hy was “ontwrigtend en oproerig” tydens die begrafnis.

“Hierdie comrades, wat ʼn begrafnisdiens gekies het om hul woede en frustrasie te kenne te gee, moes van beter geweet het. Afrika-waardestelsels en -gewoontes laat dit nie toe nie, maak nie saak hoe iemand daarna streef om sy mede-teenrevolusionêre tevrede te stel nie,” het die organisasie gesê.

“Ons het nooit verwag Pityana sal so laag daal nie. As Pityana ʼn plunderaar is, moet hy nie gaan staan en almal as sodanig brandmerk nie. As Pityana werklik vermoed iemand het die wet oortree, moet hy dit by die toepaslike wetstoepassingsagentskappe aanmeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cilliers ·

Die DA in besonder, maar ook die EFF, die IFP, ensovoorts!

Politikis-kritikus ·

Wat kan die ANC anders verwag? Alle forums waar enige opposisie dit waag om hul opinies te lug, word eenvoudig gediskrediteer en van die lug af gevat, hetsy of seine gesaboteer word en of onwettige eensydige beriggewing deur die massamediamasjien as demokraties voorgehou word.

Rynhardt ·

AS Zuma moet bedank,tuimel nie net die hooftoring nie,maar ook al die ander torings van korrupsie onder hom!Almal steun die hooftoring en klou vas aan mag,maar in nabye toekoms gaan dinge vinnig induie stort vir Anc-regime!

Alida ·

Runhardt, dit is hoog tyd dat die toring van SA val en almal wat klou soos nete saam met hom. Pateet!

Pieter ·

Siestog die man praat net die waarheid. Die jeugliga moet liewers gaan speel in die grond hulle weet niks gebore in die tyd wat die ANC begin steel en verwoes het.

AltaB ·

Absoluut, en hy het deurgaans gesê dat dit Stofile se laaste wense was dat die “Nuwe ANC cadres” wat tou staan om te steel nie die waardes van Nelson Mandela en sy span dra nie en dit hom ongelukkig gemaak het. So waarom hul Pityana wil kruisig omdat hy dit regtelik by die man se begrafnis gesê het, sal net hulle met hul korrupte agenda weet. Duidelik is hul deel van die stelers en delers groep. Zumbies.

KarooKlong ·

Begrafnisdiens is ook nie die plek om my Blanke Volksgenote te inkrimineer in al die oortredings waarvan my Volk beskuldig word nie.

Ander Koos ·

Waardes van Mandela en sy span? Hulle het ook gesteel, net nie so openlik en blatant soos nou. Mandela was een termyn president, maar het ‘n fortuin nagelaat. Waar kom dit vandaan? Beslis nie van sy salaris of pensioen nie

Veritas ·

Ander Koos, Mandela en F.W. De Klerk was mos gesamentlike wenners van die Nobelprys vir Vrede. Daarvoor het hulle elkeen R1 miljoen gekry. Die res het seker maar gekom as geskenke van die liberale weste wat oormekaar geval het om die terroris se voete soen.

Lance ·

Dit behoort hulle net te wys hoe desperaat hulle is dat hy dan self teen gebruik die begrafnis kies om dit alles te se ….sien hulle dit dan nie …dis nie van laag daal nie dis meer van …SKRIK WAKKER ! Maar los hulle maar die hele situasie wen meer stemme vir die oposisie ….hulle dink nie so nie hehe

Popeye ·

Daar is mense in die ANC met ‘n hogere skool kwalifikasie as Zuma.

Lennox ·

Nou word Pityana kapittel omdat hy die waarheid gepraat het.

Albert ·

Die youth league is bang dat hulle die soustrein gaan mis as No 1 nie meer daar is om die pot te roer!

fred ·

FRANS JY IS N DORING – DIE MEESTE VAN HULLE DINK SO. LEKKER GELAG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.