Pizza-afleweraar-video: Klagtes gelê

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Famous Brands, die maatskappy wat onder meer Debonairs Pizza besit, het gesê strafregtelike aanklagte is aanhangig gemaak teen die motoris wat glo een van Debonairs se afleweraars van sy motorfiets afgestamp het in Port Elizabeth.

Arlene Helberg, woordvoerder van Famous Brands, het gesê die maatskappy het aanklagte van poging tot moord, roekelose of nalatige bestuur en kwaadwillige saakbeskadiging gemaak by die Humewood-polisiestasie. “Famous Brands sal hul volle samewerking aan die polisie gee in die saak.” Die polisie het intussen bevestig dat hulle die saak ondersoek.

Volgens Helberg is Omoefe Acboriyede, die bestuurder van die motorfiets, op deernisverlof sodat hy ten volle kan herstel.

Helberg het namens Famous Brands se bestuur ʼn beroep gedoen op die bestuurder van die motor om met die maatskappy en of polisie kontak te maak. “Famous Brands se bestuur sal regsaksie teen die motoris instel sodra sy identiteit vasgestel en geverifieer is.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe ʼn Debonairs-afleweraar op sy motorfiets langs ʼn motor by ʼn verkeerslig wag. Die bestuurder van die motor sê in kru taal aan sy passasier dat hy die man van sy motorfiets gaan afstamp omdat hy swak bestuur. Die motoris gebruik ook die k-woord in die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frederik ·

Dink Famous Brands die ou gaan sy identiteit weggee?? Famous Brands het aanklagte van poging tot moord en…..en……en……….teen wie aanhangig gemaak??
Swartes eet nie juis pizzas nie, so hier is jul afhanklik van die wit en bruin mark. As jul nou die dam onder die eend wil uitruk, kan jul dalk eersdaags Not so Famous Brands wees.

Paul ·

Famous Brands moet maar vir mnr Trollip gaan vra wie was sy akteur in die foefie video.

yster 74 ·

Wat se ou deel sulke goed op sosiale media? Ek is bly die DA veroordeel dit. Ek veroordeel dit ook. Hulle kan die oorsprong bepaal. As dit werklikheid is moet hulle n voorbeeld maak van hom.

Apie ·

Jammer Yster 74, maar hierdie is juis n DA foefie. Hulle behoort die witmense on verskoning te vra. Die hele video is onnatuurlik. Gaan lees die comments van die vorige berig. n Uitgewerkte ding. Sies!!

Gert ·

Die motorfietsryer ry net soos die taxis , hy moet sy pizzas binne 30 min na bestelling geplaas is by jou aflewer of dis gratis.Kla FAMOUS AAN vir die ” kamakazi deliveries”

vierkleur ·

Ek sien geen passasier in die voertuig soos wat in die berig beweer word nie.
Kyk die video, na aan die einde wys die video die hele binnekant van die voertuig en ek sien geen passasier nie????????

Irene Myburgh ·

Kyk ek stem saam die ou het die dam en die park onder die eend uit geruk MAAR regtig. Hy (afleweraar) is op deernis verlof. En wat van die mense wat so gepla word tydens pad blokkades en wanneer die brigade ‘n mens aftrek. ‘n Mens lees ten minste elke dag van sulke gevalle. Wat se ondersteuning kry die persone?

Z ·

Geen mens verdien dit om so verkleineer te word nie. Maak nie saak wat die ras van die partye is nie. 2 Verkeerdes maak nie een regte nie. Ons sien elke dag hoe mense roekeloos op ons paaie ry. Ek sien meer van my eie ras wat soos varke ry, elke dag. En mens laat gaan dit maar net, want jy is nie lus vir die konfrontasie nie.

Ek hoop van harte hiérdie “mens” word binnekort geidentifiseer.

Apie ·

Z, ek stem saam dat hy geidentifiseer word, dan kan ons by hom hoor in wie se opdrag hy die video gemaak en versprei het. Witmense word gediskrediteer in hierdie opgemaakte video. Hierdie persoon is seker ook op deernisverlof!!

Nonnie ·

Hierdie is ‘n poging van iemand wat die blankes in Suid Afrika ten alle koste wil voorstel as haatdraende rassiste. Dis baie eienaardig dat dit gebeur net nadat die stelling gemaak is dat blankes nie in Suid Afrika hoort nie en moet uitsterf. JOU AANMATIGENDE SIEK RASSIS, geen regdenkende blanke sal so ‘n video maak en versprei nie. DIS EEN VET LIEGSTORIE!!!!!

ZELDA ·

Wat van al die plaasmoorde blah blah blah! Wat van die taxis wat daagliks mense se lewe in gevaar plaas>

Adele ·

Ek is meer gepla oor die ou wat die vuil werk gedoen het vir die DA. So ou het geen trots nie! Jy meneer hoort nie eers in hierdie land nie en jy is deel van die redes hoekom ons wit volk vermoor word agv rasse haat….vir wat…vir ‘n paar rand wat die DA jou betaal het? As hierdie nie ‘n “stunt” was van die DA nie sou die ou al lankal bekend gemaak gewees het in die koerante! DA beskerm die stuk gemors seker. Wou so graag DA gestem het maar hierdie stunt gaan julle baie van die wit stemme laat verloor!

Wouter ·

Me Arlene Helberg, gaan julle ook dringende klagtes le teen Malema wat in die media sy liedjies sing “Kill a Boer Kill a farmer” etlike kere al… inteendeel dit word nog steeds amper op ‘n daaglikse basis gesing deur studente ook. Feit is dat honderde der honderde boere en blankes juis as gevolg van hierdie gewraakte woorde letterlik vermoor word op n daaglikse basis. Daar is bloed aan Malema se hande! Word enigiets hieraan gedoen??? NEE!!!!!!!!

F ·

Julle kan eerlik nie ernstig wees, die orkes leier bad nou seker in eie selfbeverdiging as hy/sy die snert komentaar lees , bekommer oor realiteit en laat die saak in die hande van “die” wat dit se plig is om dit te ondersoek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.